In die vrede van Sy lig,
Daar wens ek om weer te wandel,
Met my voete op die groen gras van Sy paradys.Daar waar die mens eens was,
Waar Adam sy eerste asemteug geneem het,
En opgekyk het in die glans van Sy heiligheid.Daar in die tuin,
Onder die soet perskeboom van Eden,
Wil ek wandel saam my Bruidegom,
Soos Eva in haar skoonheid.Voor die sleg,
Voor die skaduwee oor die land geval het,
Wil ek teruggaan,
En daar,
Sien,
Daar wag Hy.2022/11/07
CZYTASZ
Die Taal Van My Geboorteland
Poezja'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!