Aan Heilet, Leonette en Ruth
In jou lewe mag jy nooit dankbaar wees hy is die tenoorgestelde nie,
Mag hy jou nooit laat voel asof jy kon beter doen nie,
Nooit vergelyk,
Mag Sy hande jou sagkuns deur die lewe dra.Ek wens vir jou iemand wat elke dag vir jou bid,
Wat elke dag jou in die oë kyk en sê "jy sal dit deur die ook maak",
Iemand saam wie jy dans in die strate,
Wat jou leer sokkie,
En jou hart dubbeltyd laat klop.Mag jy eendag sê "ek soek iemand soos my pa",
En mag jy dit kry, liefling.Daar is 'n stryd gewees wat geworstel was lank voor jou tyd.
Twee sterk vroue het dit geveg,
Sodat jy kan 'n toekoms sien,
Op jou troudag in sy arms.Daai dag hoop ek jy kan terugkyk na ons,
Trane in ons oë,
En die dankbaarheid sien in ons harte,
Geskrewe oor ons gesigte deur die lang jare.2022/12/18
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!