En ek sal dans in die storms saam U,
Sal die wêreld heeltemal agterlaat.
Ek sal al my besittings gee,
Nie net 'n deel, o Heer.
Nie net omdat ek nie wil gestraf word nie,
Maar omdat my liefde vir U,
So groot is soos die hele hemelruim.Ek sal U agtervolg soos Maria Magdalena.
Ek sal U voete was en met my hare,
Met my hele wese,
Dit afdroog.Ek sal elke oomblik opgee,
Vir net een sekonde in U teenwoordigheid.
Elke storm, elke ruk aan my huisie by die see,
Sal net my harder laat glo,
Meer saam U wil wees.Want, Heer, 'n ewigheid saam U,
Klink baie kort.28/11/2017
YOU ARE READING
Die Taal Van My Geboorteland
Poetry'n Gedigte Bondel. Hierdie is my eerste probeerslag om oor Wattpad Afrikaans Gedigte te skryf! Hierdie is gemengde gedigte, en word geopdateer nes my ander boeke. Dit het Christelike gedigte ook!