Die reën val reguit na die aarde se oppervlakte, geboue, motors en plante. Frank stap vars uit de hof en asem die atmosfeer in. Hy het die saak gewen en dit kan jy sien in sy houding.
"Meneer Swanepoel..." daar kom n klomp mense met kameras na hom afgestorm vol vrae.
Hy beur deur hulle met sekuriteits wagte tot in sy kar wat daar gestaan en wag het.
"Ek haat dit as mense opgestorm kom vir vrae. Ek kon hulle antwoord maar ek wou nie." Frank is op die foon besig om te bestuur in hierdie norsige reën. "Press, Joernaliste, what ever. Dit verpes my."
"Ag pa." Lag sy dogter, Anushka besig om die gewone dinge te doen in haar kombuis soos skoonmaak. "Moenie verbaas wees as jy eendag met een trou nie. Sal my nie verbaas nie."
Rebecca ry ook in die norsige weer hard besig om haar veiligheids gordel te gryp om dit vas te maak. Net toe sy dit wou in plak begin haar foon ly.
"Ek is laat." Sy vervloek haarself en soek vir haar foon in haar handsak op die passasier sitplek.
Frank sit sy foon neer en kyk weer na die vervelige ou uitsig voor hom waar daar niks behalwe reën is om te sien nie.
Voor hy homself kry, ry hy amper iemand met n trollie wat baie vullissakke in het raak. Hy draai net betyds uit vir hom maar is te laat toe hy die kar wat voor hom aangekom het in vas ry.
Die twee karre stamp neus teen neus. Dis water, materiale, glas en parte wat weerskante toe skiet. In die ander kar is Rebecca Marais wat deur die venster vlieg, oor die stierwiel.
Die twee karre eindig weg van mekaar af volgens hoe die ongeluk verloop het, albei met toe oe en groot skade. Rebecca lê oor na haar bonnet toe. Deur die slag wat hulle karre gestamp het, het Frank sy kop teen die stierwiel gekap en is toe dadelik uit.
Na omtrent n lang ruk kom Frank by. Hy gryp na sy foon. Sy kop draai, hy is duislig en lam geskrik.
"911 what's your emergency?"
"Hier is n ongeluk net halfpad buite..." Probeer hy praat en maak sy gordel los.
"Meneer, ek dink ons het reed hierdie oproep ontvang. Daar is polisies en ambulanse oppad."
Frank loop kruppel in die pad af na die ander kar en loer in en verwag om iemand te sien. Toe hy sien Rebecca lê deur die skerm gaan hy dadelik na haar en raak aan haar skouer om te kyk of hy haar kan waker kry. Haar brille is af en haar hare is half oor haar gesig.
"Mevrou." Probeer hy haar waker maak maar kry dit nie reg nie. "Is jy oukei?"
Hy kyk op na al die ligte wat aangejag kom. Dis die polisie en Ambulans.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...