Deel 10

5 0 0
                                    

"So, hou pa van haar?" Vra Anushka vir Frank wat op die bed sit en sy hare kam.

"Van wie?" Vra hy en sit die kam weg.

"Rebecca Marais." Antwoord Anushka en gee n giggel.

"Ek voel skuldig oor die ongeluk maar sy laat mens rustiger voel daaroor." Reageer Frank en staan van sy bed af op. Hy is klaar aangetrek en gereed om te gaan. "Die ongeluk was darem nie so erg gewees dat een van ons iets gebreuk het nie en Rebecca was n gelukkige einde vir die manier hoe sy..."

Hy hou dadelik op met praat toe Rebecca in gestap kom met n groot teleurstelling op haar gesig. Sy gaan sit op haar bed en probeer so meer as moontlik vir Frank vermy.

"En nou?"

Rebecca kyk op na Anushka wat stadig na haar toe stap.

"Dis niks." Reageer sy en gryp haar sak wat langs haar le en tel dit op bed toe.

"Dis nie niks nie Rebecca Marais." Glimlag Anushka en gaan sit op die bed langs haar. Rebecca gee n sug en kyk na haar n bietjie hopeloos. "Is dit oor my pa?"

"Hy is n goeie vriend Anushka. Dis al." Reageer Rebecca en kyk af na haar sak en haal haar laptop uit. "Hierdie simpel werk maak my net baie ongelukkig."

Sy skakel die rekenaar aan en kyk op na haar met n sug.

"Ek is jammer. Ek kla ongelooflik baie." Sy sit die rekenaar eenkant en gee Anushka n glimlag. "Ek het jou nommer vir Daniel gegee. Hy het gese hy sal nog met jou gesels. Ek het hom nog nie gese van kleuterskool nie."

"Dis oukei, maar dankie. Ek sal jou nommer sommer vir my pa gee aangesien hy nooit gaan vra nie. Hy is nie so goed met pick-up lines nie." Lag Anushka en staan op van die bed af.

"Heel reg." Glimlag Rebecca en staan ook op. "Ek hoop ek sien jou gou weer."

"Ek sal seker maak daarvoor." Giggel sy en gee Rebecca n stywe drukkie. Die twee laat gaan weer en kyk na Frank wat nader gestap kom met n glimlag.

"Kry ek ook een?" Vra hy grappig en hou sy arms uit. Rebecca lag en net toe sy hom n drukkie wou gee stap die dokter in en kry hulle aandag.

"Meneer Swanepoel. Vul aseblief hierdie in." Die dokter gee vir hom dokumente en n pen. Hy gaan sit en vul dit in terwyl Rebecca die moed bymekaar skrap om die dokter iets te vra.

"Het dokter enige idee wanneer ek kan huis toe gaan?" Vra sy en vleg haar vingers in mekaar voor haar.

"Die merke op u arms moet eers goed behandel word..." wou hy nog vertel maar sy val hom dadelik in die rede.

"Dokter, ek wil huis toe gaan aseblief. Ek sal elke dag in kom vir behandeling maar laat my gaan aseblief. Ek het n huis en duisende dinge om te doen. Ek moet nog die kinderhuis gaan besoek en al daardie dinge." Smeek sy hom en gryp sy hand. Hy sug swaar en knik sy hoof.

"Ek sal sien wat ek kan doen." Reageer die dokter en vat die dokumente weer terug van Frank af wat dit vir hom terug gegee het. Toe die dokter uit is kyk Frank weer na Rebecca wat af kyk na die vloer en weer op na hom.

"Ek sal graag een of ander tyd saam met jou die kinderhuis wil gaan besoek."

"Jy is enige tyd welkom. Anushka het my nommer. Sy kan dit vir jou gee. Gee my net n luidjie sodat ek jou nommer kan he en jou laat weet wanneer ons gaan." Glimlag sy vloeiend vir hom en vou haar arms.

"Goed dan. Ek sal so maak." Hy knip vir haar oog en raak aan sy dogter se rug sodat hulle moet gaan. Rebecca gee n bloos en kyk hoe hulle uit stap. Moedeloos gaan sit sy weer en kyk na Talita.

"As jy verlief is op hom moet jy hom sê. More of oormore is hy nie meer hier nie dan gaan jy die een wees wat met n gebroke hart sit." Is die eerste ding wat Talita vir haar se voordat sy dieper in haar bed kruip en begin hoes.

"Ek stem saam." Stem Lulu in en gee haar n glimlag. "Se hom."

Rebecca haal swaar asem in en laat gaan dit soos sy haar rekenaar op haar skoot sit en aangaan met haar werkies.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now