Deel 09

5 0 0
                                    

Rebecca loop by die gang af en loop perongeluk in Anushka vas wat om die draai gekom het.

"Ag askies." Keer sy dadelik en gryp Rebecca by haar skouers vir ingeval sy val. "Ek is so jammer. Ek het nie gekyk waar ek gaan nie."

"Dis oukei." Keer Rebecca haar en vat haar hande in hare in. "Dit was n ongeluk."

"Ek is Anushka." Stel sy haarself voor.

"An...Anushka Swanepoel?" Vra Rebecca en gee n groot glimlag.

"Ja." Giggel Anushka en gee haar n vreemde kyk. "Wag. Hoe ken tanie my?"

"Ek is Rebecca Marais." Reageer Rebecca en gee haar n warm glimlag. "Jou pa het my so baie van jou vertel."

"Is tanie die een in die ander kar?" Vra Anushka met n groot glimlag en gee haar n stywe drukkie toe sy haar hoof knik. "Ek ken tanie."

"Doen jy?" Vra Rebecca laggend en kyk weer na haar wat toe weg trek.

"Ja. Uhmmm...vetermeisie?" Sy reis n wembrou maar Rebecca val nie by nie. "Tanie het my veters eenkeer vas gemaak op die speelgrond."

"My magtig." Rebecca trek haar asem in en raak aan haar wang. "Jy het groot geword. Hoe het jy my onthou?"

"Mens vergeet nooit." Giggel Anushka en raak bloedrooi in haar gesig.

"Die ouderdom het my in kom haal. Maar jy lyk pragtig. Was jy en Daniel maaitjies gewees in kleuterskool?" Vra Rebecca en gee haar n glimlag.

"Soort van. Ons was nie baie close nie. Maar ja ons was seker maar maaitjies. Ek dink nie hy kan my onthou nie." Giggel sy en kyk af vloer toe en weer op na haar. "Ek het my hele lewe gewonder oor die tanie wat my veters vir my vasgemaak het op die speelgrond en hier staan ek voor haar."

"Noem my Rebecca of soos jou pa my noem, Becca." Reageer sy en soek na die dogtertjie se oe. "Ek kan met Daniel praat en hom vra of hy jou onthou."

"Dankie." Giggel sy en haal diep asem. "Maar dis nie nodig nie."

"Goed dan." Glimlag Rebecca en neem haar hand. "Ek wil nog badkamer toe gaan dan terug gaan sodat hulle my arms kan skoon maak."

"Ek kom saam." Glimlag Anushka en loop dadelik saam met haar by die gang af. "Jy moet jou nommer vir my gee dan kan ons in kontak bly."

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now