Frank was heel in sy skik toe hulle vir Rebecca geskyf het. Die kamer in groot genoeg vir agt passiente. Vier in n ry en vier oorkant ook in n ry. Sy was darem net oorkant hom gelyk teenoor sy bed. Dis net in die dag wat hulle daar is vir besoektyd. In die aande word hulle geskyf na ander kamers toe.
"Haai. Ek is Talita." Het n ou vrou wat langsaan Frank was haarself voor gestel aan Rebecca.
"Rebecca." Glimlag sy en kyk na Frank wat toe ook kyk na die ou tanie wat na hom kyk.
"Ek is Frank." Stel hy homself voor en kyk terug na Rebecca.
"Is julle twee saam?" Vra Talita die twee wat gelyk na haar kyk.
"Nee. Ons het in n ongeluk gekom." Reageer Frank en gee die ou vrou n glimlag. "Neus teen neus."
"N ongeluk?"
Al drie kyk na die tien-jarige meisie wat langsaan Rebecca is.
"Ja ek was in die een kar en hy was in die ander kar." Vertel Rebecca haar en gee haar n glimlag. "Wat is jou naam?"
"Lulu." Sy kyk bang na die dokter wat in kom en haar n glimlag gee.
"Hallo Lulu. Hier is gaste vir jou." Glimlag dokter Susan en staan uit die pad. Die dogtertjie se ouers kom ingestap en kyk koud na haar. Die ma se gesigsuitdrukking is nie vriendelik nie en die pa s'n nog minder.
"Ons kom groet Lulu." Vertel die pa en stap nader aan haar bed selfde as die ma. Hulle trek die gordyne effens toe vir n private gesprek. Rebecca kyk bekommerd na Talita en Frank en probeer af luister. "Ek en jou ma het besluit om jou op te gee. Dinge met jou het net nie geeindig soos ons sou verkies het nie."
"Dis beter so Lulu." Stem die ma saam en trek die gordyne weer oop. "Tot weer."
Lulu le in haar bed en kyk met trane in haar oe na hoe haar ouers van haar af weg stap. Sy draai na haar kussing en grawe haar gesig in die kussing en begin snik.
"Jy weet, buitens Daniel het ek nog baie ander kinders." Steur Rebecca die stilte en gee Frank n glimlag. "Hulle is nie biologiese kinders nie. Dis kinders van die kinderhuis. Dis waar ek n rol speel. Ek is n joernalis in die kinders se seksie."
"O so jy is nie deel van daardie joernalise wat mense rond jag met vrae nie?" Lag Frank en kyk terug na die dogtertjie. Hy besef dat sy so praat vir n rede en kyk weer ernstig terug na haar. "Hoe gereeld sien jy hulle?"
"Wel, ek gaan gedurig. Pertykeer bring ek van hulle huis toe vir n paar dae en vat hulle weer terug sodat ek kan beurte maak en n breuk vat om geld weer in te bring. Dis vir my vreeslik baie pret." Glimlag Rebecca en kyk na Talita.
"Ek het meer gedink jy sal n model wees." Voeg Talita haar opinion by. "Jy sal goed in pas daar."
"O nee. Modelwerk is nie vir my nie. Daar is vroue wat se kanse groter is as myne." Glimlag sy en sit voorentoe.
"Rebecca jy is pragtig." Frank se woorde veroorsaak almal om na hom te kyk en stil te raak. "Ek bedoel dit nie om jou ongemaklik te laat voel nie, maar regtig jy is ongelooflik baie mooi. Ek dink jou kanse om n model te word is net so groot soos enige ander vrou s'n."
"Dankie Frank." Sy raak bloedrooi in haar gesig. Sy kyk af na haar skoot en toe na die meisie langs haar. "Lulu, hoe oud is jy?"
"Tien." Reageer sy en le op n manier sodat net Rebecca haar kan sien en sy vir haar. "Ek is tien jaar oud. En tanie?"
"Ek is agt en dertig. Jy hoef my nie tanie te noem. Noem my Rebecca." Sy gee n glimlag en kyk na Frank wat toe ook begin praat.
"Of Becca."
"Of Becca." Glimlag Rebecca vir Lulu en knip vir haar oog. "Alles gaan oukei wees. Maak nie saak hoe donker alles vir jou lyk nie. As jy deur hel loop, hou aan loop."
"Wie het dit gese?" Vaa Frank en kry haar aandag.
"Ek." Lag sy en kyk terug na Lulu.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...