Deel 03

12 0 0
                                    

Frank lê in die hospitaal bed. Die skerp ligte wat op hom val maak hom dadelik bewus oor waar hy is.

"Dokter Joe, ons het Rebecca Marais se seun aan die hande gekry." Storm n ander dokter in by die kamer na die twee dokters wat met mekaar deel oor die twee passiente se beserings.

"Dankie." Dank Dokter Joe en knik na die ander dokter voor hy uit loop.

Dokter Susa loop na Frank toe en gee hom n glimlag toe sy sien hy is waker.

"Welkom." Lag sy en laat hom regop sit. "Hoe voel meneer nou?"

"Wie is sy?" Vra Frank en kyk rond om hom. "Wie was die persoon in die ander kar?"

"Rebecca Marais. Sy is agt en dertig jaar oud." Vertel die dokter en spyt vir hom iets in die drip in.

"Lewe sy darem nog?" Vra hy bekommerd en kyk na die dokter.

"Sy is gelukkig gewees om daardie slag te kon oorleef Meneer Swanepoel. Die slag wat sy deur die venster gevlieg het, het sy haar arms voor haar uit gehou om haar kop te beskerm. Dit het toe gewerk." Vertel sy hom en kyk na hom. "Sy het nogal ernstige beserings opgedoen. Die glas het haar arms gesny en volgens haar landing het haar nek ook seer gekry."

"Mag ek haar sien?" Wil hy weet. Wat is hy so greutig oor haar. Wil hy onverskoning vra of bekly optel?

"Meneer moet eers beter word en sy moet eers waker word." Glimlag die dokter en verlaat die kamer.

Dokter Joe stap saam met Daniel Marais in die kamer waar Rebecca le. Daar is n stit om haar nek, pleisters en verbande om haar arms en op haar hande n paar pleisters en onder die pleisters kan jy die salf sien wat hulle op haar snye gesit het.

"Haar nek is beseer, haar arms en hande is oopgesny deur die glas en sy het haar kop sy gekap met die landing wat dan ook haar nek se besering op gedoen het." Vertel die dokter en kyk na hoe Daniel na sy ma stap en haar hand in syne vat.

"My ma sal niemand ooit enige skade aan doen nie. Hoekom moes dit met haar gebeur?" Vra Daniel huilend en gaan sit op die stoel.

"Sy kon dood gewees het maar sy is nie. Sy gaan deur druk." Vertel die dokter en gaan na haar drip om seker te maak dat alles nog oukei is. "Sy lyk baie goed vir haar ouderdom en ek glo sy is so goed van binne ook."

"Ja. As sy dood moes gaan sou ek niemand oorgehad het nie." Snik Daniel en vee dadelik sy trane af.

"Het jy nie n vader nie?" Vra die dokter hom en kry n simpel kyk terug.

"Nee. Hy het my ma net gebruik vir een ding. Tipies." Beantwoord Daniel en kyk terug na sy moeder. "Dis deur hom dat sy nie in n verhouding wil tree nie."

"Goed dan. Ons sal baie mooi kyk na jou ma." Knik dokter Joe as n belofte.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now