Deel 06

12 0 0
                                    

"Is ma gereed?" Vra Daniel sy ma en kyk gang af.

"Ja." Knik Rebecca in n sitposisie en gee n glimlag. Sy kan weer duidelik sien met haar kontak lense in. Haar aandag word getrek deur Frank wat in haar deur kom stop.

"Kom in." Glimlag Daniel. Frank kyk eers rond toe land sy oe op Rebecca wat spreekloos na hom kyk. Hy is groot gebou en lyk aantrekliker as wat sy hom probeer skets het in haar gedagtes.

"Mevrou Marais." Groet hy dadelik en gee sy hand uit. "Ek is Frank Swanepoel."

Sy skud sy hand en kyk na Daniel wat uit stap om hulle pivaatheid te respekteer. Frank gaan sit op die stoel langs haar en kyk weer na haar. Sy is iemand wat hy nog nooit gesien het nie. Maar buitens dit is sy pragtiger as die gedagte dat sy n moeder is.

"Ek is ongelooflik baie jammer oor die ongeluk. Ek het uitgedraai vir iemand wat oor die pad geloop het en ek het jou nie gesien nie. As ek jou gesien het sou ek nie voor jou ingedraai het nie. Ek verdien nie jou vergifnis nie maar as dit moontlik is kan jy aseblief maak asof jy my vergewe het." Smeek Frank met ernstigheid in sy stem. "Ek het nog heeltyd gewonder wie jy is en hoe jy is en nou het ek jou ontmoet. Ek sal die skade aan jou motor betaal of vir jou n nuwe een koop. Nes jy verkies."

Sy gee n giggel en kyk af na haar skoot toe weer na hom wat verbaas daar sit en na haar staar.

"Moenie warrie daaroor nie. Als is vergewe en vergeet." Glimlag sy en raak aan sy skouer. "Dis oukei."

Frank sit stil vir n oomblik en staar net na haar. Haar stem is soos n engel se lied in sy ore. Dis so sag en versigtig.
Sy besef hoe hy daarop reageer en kyk met n bloos af na haar twee hande wat sy in mekaar gevleg het.
Frank trek homself uit die staar uit en kyk ook na haar hande.

"So, wat doen jy vir n lewe?" Vra Frank en kyk na haar wat toe ook na hom kyk.

"Ek is n joernalis. En jy?" Sy gee n klein glimlag en raak met haar een hand se vingers saggies aan haar onder lip.

"Prokureur." Beantwoord hy en sit voorentoe na haar. "So, kan ek u man of kerel of wat ook al se nommer kry dat ek net kan bel en verduidelik?"

"Nee." Sy begin lag uit die blou. Sy kyk af na haar maag en weer na hom. "Ek is nie..."

"Wat nie?"

"Getroud of in n verhouding nie." Voltooi sy haar sinne en haal rukkend asem. "Ek is al my hele lewe lank alleen behalwe nou vir my seun, Daniel."

"Sy pa?" Vra Frank bekommerd vir haar.

"Nee net toe ek myself wou bewys dat ware liefde bestaan, loop die bleddy man weg. Ek het nie geweet dat n vrou na net een aand kan swanger raak nie." Vertel Rebecca en kyk na hom met n sagte gesigsuitdrukking. "Toe ek myself kry, maak ek n kind groot op my eie."

"Wel, jy is nie alleen nie." Reageer hy en gee n glimlag. Sy gee hom n verbasende kyk. Hy lag en vou sy arms op die bed langs haar bene. "Anushka is my dogter. Toe haar ma geboorte gegee het, toe vat sy die pad omdat sy nie n dogtertjie wou he nie. Sy wou n seun he. Toe sy uitvind dat sy n dogtertjie verwag toe wou sy gaan vir n aborsie. Ek was so woedend gewees toe se ek sy waag dit nie. Ek soek daardie kind."

"Sjoe. Dit vat guts." Reageer Rebecca en kyk op dak toe. "Dis nie elke dag dat mens so n man kry nie."

Hy lag en kyk af na sy skoot toe weer na haar wat na hom kyk.

"Dis ook nie elke dag dat mens n vrou kry soos jy nie." Beantwoord hy en gee haar n smaaklike glimlag.

"N vrou soos ek?" Sy lag en kyk na hom.

"Ja. Daniel het defintief nie getwyfel toe hy se dat jy anders is as ander vroue nie." Glimlag Frank warm en kyk af na sy skoot voor hy weer na haar kyk. "Maar ek moet seker gaan. Rebecca, dit was goed om jou te ontmoet. Weereens is ek baie jammer oor die ongeluk. Ek sal nog met jou gesels oor jou kar. Baie dankie dat jy nie moeilikheid gemaak het nie."

"Wanneer word jy verslaan?" Sy vra dadelik en gryp sy arm toe hy wou opstaan om sy aandag te kry.

"Ek weet nie. Dokters het nog nie gese nie. Ek het net vinnig n draaitjie kom maak om te praat." Reageer Frank en gee haar n glimlag. "Ek het gehoor hulle gaan jou in dieselfde kamer in skyf waarin ek is. Hopelik is ons nie ver van mekaar nie dan kan ons lekker gesels."

"Dis reg so dan. Sien jou weer." Reageer sy en laat gaan sy arm. Hy knik en stap stadig uit. Dis asof hulle hul oe nie van mekaar af kan vat nie. Is die liefde op eerste slag of net die wonder en verbasing? Hulle het dan net sopas ontmoet in n slegte kondisies.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now