"Meneer Swanepoel." Kry die dokter sy aandag waar hy gelê het en boek lees het. Hy kyk op na dokter Susan wat na hom toe stap. "Meneer word more ontslaan. Ons het klaar u doger laat weet.
"Dankie." Dank hy en kyk na Rebecca wat daar lê en met haar seun gesels. "Becca."
"Ja?" Sy kyk na hom met n glimlag wat sy hart net meer laat smelt.
"Ek word more ontslaan. Ek gaan huis toe." Glimlag hy. Sy sug swaar en knik haar hoof stadig op en af. Sy kyk af na haar skoot en weer na hom.
"Ek is bly vir jou part." Sy vermaak n glimlag en hou stywer vas aan haar seun se hand.
Daniel gee sy ma n snaakse kyk en kyk met n verrassde gesigsuitdrukking na Frank.
"Ma hou van hom." Se hy dadelik en kyk onmiddelik terug na sy ma wat toe ook na hom kyk.
"Wat?" Lag sy en probeer oog kontak vermy maar verloor teen daardie wedstryd.
"Ek ken ma nie so nie jong. En ek weet hoe mense is as hulle verlief is hallo." Reageer hy. Sy begin lag saam met hom wat haar n warm glimlag gee.
"Ja toe. Moet jy nie by die huis kom nie?" Lag Rebecca en kyk hoe haar seun op staan.
"Ek moet seker." Lag Daniel en begin weg stap maar net toe hy voor haar bed kom stop hy. "O ja, Yana van die kinderhuis het gebel. Sy kry ma nie aan die hande nie."
"O nee my foon is tien teen een flenters." Reageer Rebecca en sit regop toe die dokter in kom en na haar toe beweeg. "Maar as sy weer bel sê haar dat ek haar so gou as moontlik sal bel as ek by die huis is."
"Ek maak so." Knik Daniel en kyk na Frank. "Sien weer."
"Gou weer." Reageer Frank en hou n boek oop om te maak asof hy lees maar hou Rebecca fyn dop.
"So, mag ek na daardie arms kyk?" Vra dokter Joe met n glimlag.
"Sodra ek klaar by die badkamer was. Mag ek gou gaan?" Vra sy en raak aan die stit om haar nek. "My nek is nie seer nie. Kan dokter dit ook aseblief af haal?"
"Goed dan." Reageer hy en haal dit af vir haar. Sy sug in verligting en staan op met die dokter se hulp. "Ek sien jou dan nou weer."
"Dankie." Dank sy en begin uit loop. Frank gee haar n vreemde kyk agter na en kyk weer na die dokter wat hom n vraende kyk gee.
"Sy is skraal." Reageer Frank en sit sy boek neer. "Ek het nie geweet sy is so erg maer nie."
"Sy is onder gewig. Ons gee haar n medikasie in wat haar daarmee gaan help." Vertel die dokter en gee hom n glimlag. "Jy weet dat sy n enkelling is, reg?"
"Ja, ek weet. Ons gesels vreeslik baie lekker en sy het my vertel." Beantwoord Frank en sit regop.
"Is jy n enkelling?"
"Ja, vandat my dogter gebore is." Knik Frank met n glimlag. "Ek het toe nooit aanbeweeg nie."
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...