Deel 04

13 0 0
                                    

"Ek voel sleg oor ek uitgedraai het en in haar vasgery het." Praat Frank sy hart uit met sy dogter wat by hom sit by sy hospitaal bed. "Ek het haar regtig nie gesien nie."

"Meneer Swanepoel." Kry die dokter by die deur sy aandag. "Hier is iemand wat jou wil sien."

"Is reg." Knik Frank en sit regop in die bed. Hy kyk na die sewentien jarige seun, Daniel wat stadig in stap. Hy lyk aantreklik in n gewone blou denim en n stywe t-hemp. Mens kan sien dat hy oefen.

"Jammer ek pla." Verskoon hy en stap nader aan hulle. "Ek is Daniel. Daniel Marais. My ma is die vrou in die ander kar."

"Kom gerus in." Reageer Frank onmiddelik. "Ek is Frank en die is my dogter, Anushka."

"Dis goed om jou te ontmoet." Glimlag die blonde meisie helder en skud sy hand.

"Selfde." Gloei hy met n glimlag en kyk terug na Frank. "Ek wou eintlik net kom in loer om te sien wie in die ander motor was. Die ongeluk was groot en my ma is gelukkig om lewendig uit die ongeluk te kon kom."

"Ja, ek wil jou ma nog self ontmoet. Ek moet aan haar onverskoning vra en verduidelik wat gebeur het. Ek wil vir haar motor se skade betaal ook." Vertel Frank. Daniel gee n simpel lag en gaan sit op die stoel langs Anushka.

"Meneer hoef nie te bekommer dat my ma sal hof toe hardloop of drama veroorsaak nie." Lag hy en sit gemaklik agter toe. "Sy is eintlik nogals n ongelooflike vrou. Sy oorreageer nie so maklik nie. Sy is iemand van n fantasie wereld. Nee, Rebecca Marais is n vrou wat enige man sal gelukkig maak."

"Wat bedoel jy?" Vra Frank n bietjie ongemaklik. Daniel lag en staan op en raak aan sy skouer.

"Ek bedoel dat my ma is nie soos ander vroue nie. Sy is n tipe persoon wat n opregte man sal wil he. Maar sy is nie...sy kyk nie rond nie en is vertroubaar." Vertel Daniel en gee n glimlag. "Gou gesond word meneer Swanepoel. Ek sal seker maak hulle laat weet jou sodra my ma waker word sodat jy haar kan ontmoet."

"Dankie." Knik Frank en sien hoe die jong man uit stap. Hy kyk terug na sy dogter wat n glimlag vas hou vir hom. "Nee Anushka. Die vrou is tien teen een getroud."

"Ek het niks gese nie." Keer sy dadelik en sit laggend agter toe.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now