Frank gryp Rebecca se hand en loop saam met haar deur die groot gebou. Daar is winkels orals en n erfenis terrein.
"So, wat was daardie dame gister se storie?" Vra Rebecca en kyk na hom. "Die skinkbord en giggel. Is sy oukei?"
"Ja. Ag weet, die mense daar is gewoont dat ek nie ander vroue wil sien nie en net toevallig sien my assistent vir jou en my soen." Vertel hy en loop in n winkel in saam met haar. "Sy gaan al jare aan dat ek mense moet ontmoet. Arme Bernice. Sy het by ons begin werk om geld bymekaar te maak en haar kind te gaan haal. Dis sommer nonsens gewees dat die kind se pa die kind sonder papiere van haar af weg hou. Toe vat ek die hofsaak aan. Sy het haar kind gekry en toe iemand baie ordentlik ontmoet."
"Ek is bly vir haar," glimlag Rebecca vir hom en krul haar arms om syne. "Jy is n baie goeie mens Frank."
Hy gee haar n glimlag en kyk rond in die winkel. Sy kyk ook toe eers in die winkel.
"Hallo," groet die winkel assistent.
Hulle albei groet haar terug en kyk in die kabinette.
"Daardie is mooi," wys Frank haar na n stel oorbelletjies. Rebecca knik maarnet. Dis n juwele winkel. N plek baie onbekend vir haar. "Rebecca, kyk hierdie."
"Dis pragtig ja," reageer sy en kyk na hom wat na haar ook kyk. "Kyk daar is mans juwele."
Hulle loop na dit en kyk daarna.
"Kan ek dalk help met iets?" Vra die dame en kom nader gestap.
"Ja, kan ek dalk daardie ring aan pas?" Vra Frank. Sy maak die kabinet oop en haal die ring uit. Hy sit dit aan sy vinger en wys dit na Rebecca. "Hoe lyk dit?"
"Dit pas by jou," giggel sy en vat sy hand.
"Goed, ons sal dit vat en rond kyk," knik Frank en haal die ring af en gee dit vir die assistent.
Hulle loop na die kabinet met vroue ringe. Skitterend en apart van die ander klere.
"Hier is diamante," reageer hy en gaan staan agter Rebecca. Hy hou haar vas en kyk na die ringe saam met haar. "Kies vir jou een engel."
"Wat? Nee dis te duur."
"Nee man. Kyk daar is Tanzanite as jy nie n diamant soek nie. Kyk net hoe mooi lyk daardie blou." Hy laat gaan haar wat om draai en na hom kyk.
"Frank, dis duur," sy gee hom n ernstige kyk en raak aan sy wang.
Hy gee haar n sagte kyk en gaan stadig af na een knieg. Sy kyk geskok na hom wat haar hande vat.
"Rebecca, dis net n prys. Hoe ek oor jou voel beteken baie meer as wat enige prys in die wêreld ooit vir my sal beteken. Geld beteken niks vir my nie my skat! Jy beteken alles vir my. Aseblief Rebecca Marais. Kies n ring en trou met my."
Sy trek haar asem benoud in. Spreekloos kyk sy om haar toe weer na hom.
"Frank...ek weet nie wat om te se nie," reageer sy en begin huil. Hy staan op en gee haar n drukkie.
"Ek is lief vir jou Becca," fluister hy en kyk saam met haar na die ringe. "So wat se jy? Gaan ons trou?"
"Ja," lag sy huilend en gee hom n soen. Hy soen haar terug en kyk na die kabinet. Sy kyk ook na dit en soek met haar oë. "Hoeveel kos hierdie een?"
"Moenie warrie oor die prys nie," knip Frank oog vir die assistent. Sy lag en haal die ring uit. Frank vat dit en sit dit aan haar vinger. "Dis baie fyn. Hou jy van dit?"
"Ja, maar ek dink nie dis vir my nie," reageer sy en kyk na hom. "Dis pragtig, maar kyk na die kloue wat dit vas hou. Net nou hak dit dan verloor die steuntjie."
"Okay," knik Frank en haal die ring weer af. "Kies dan n ander een. Enige een."
"Wat van hierdie een," glimlag die dame en haal n ander ring uit. Hy neem dit en sit dit aan haar vinger. Sy trek haar asem in en hou dit in die lig.
"Definitief hierdie een," knik Frank. "Of wil jy eers kyk."
"Hierdie een," stem Rebecca in met n knik en haal dit af vir die dame. "Baie baie baie dankie Frank. Ek is lief vir jou."
Hy gee haar n sagte knik, haal sy kaart uit en gee haar nog n soen. Sy soen hom terug en beweeg in sy arms in.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...