"Dankie Frank." Dank Rebecca en rus haar hoof agter toe teen haar sitplek en kyk na hom. Hy kyk na haar en gee haar n vreemde kyk.
"Waarvoor? Ek het mos niks gedoen nie." Lag hy en sit sy veiligheids gordel aan.
"Jy het meer gedoen as wat ek voor kon vra." Reageer sy en kyk agter toe na die twee meisies wat daar sit gereed om te gaan. "Is julle twee reg?"
"Ja mamma." Knik die ander meisie, Karen en vat Bokkie se handjie. "Dis oukei. Mamma kyk mooi na ons."
"Noem hulle almal jou mamma?" Vra Frank en kry haar aandag terug na hom.
"Ja." Sy glimlag trots. "Daniel was die eerste een gewees om my mamma te noem en toe al die ander duisende kinders van my."
"So jy doen dit nou al vir lank?"
"Soort van." Glimlag sy en kyk na hom wat na haar kyk. "Moenie so verbaas lyk nie Meneer Swanepoel."
Rebecca gee Frank n glas water wat by haar tafel sit terwyl die meisies n toer deur die huis vat.
"Hoekom sien jy nie iemand nie?" Vra hy en gee haar n sagte kyk.
"Op my ouderdom?" Sy giggel en neem ook n sitplek. "Dis moeilik om n pasmaat te kry, Frank."
"Ja, maar kry jy nie ook jou oomblikke waar jy iemand nodig het om een mee te word nie?" Vra hy. Sy kyk na hom en raak bloedrooi. Hy sit voorentoe en gee haar n glimlag. "Net iemand wat jou hartklop kan op jag."
"Ja, maar wat kan n enkel vrou soos ek doen behalwe haarself oorreed dat dit maligheid is?"
"Iemand kry wat sy weet kan haar op tel, laat sweef en goed voel. Jy is n goddin, Rebecca."
Sy sluk haar glas water en sit agter toe. Die kyk in sy oe is uittrekkend.
"Praat veel," lag sy en sit weer voorentoe. "Hoekom sien jy nie iemand nie?"
"Want, ek was te goed gewees om my hart ooit vir iemand oop te maak," reageer hy en raak aan die staar. "Ek het te veel gekonsentreer op werk, totdat jy in my lewe in gestap het."
She kyk af en raak bloedrooi in haar gesig. Haar aandag word getrek deur sy fingers wat saggies oor haar hand vlei.
"As jy wil, kan ons een of ander tyd kuier," glimlag sy vir hom wat haar hand neem in syne.
"Is reg. Sê net wanneer." Knik hy en gee haar ook n glimlag.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...