Deel 16

8 0 0
                                    

Rebecca kyk haar hare in die spieëltjie voordat sy uit die kar klim en die rekorder gryp. Sy gee n glimlag toe Frank na die gebou toe stap en dadelik ondervra word.

"Frank," Rebecca kry sy aandag. Hy stop en gee haar n snaakse kyk wat nader staan. "Wat gaan jy doen as die hofsaak nou regtig klaar is?"

"Ek weet nog nie," antwoord hy terug en gee haar n glimlag. "Ek gaan skuif na die volgende een."

"Hou jy daarvan?" Vra sy en gee hom n sagte kyk. "Hou jy daarvan om sake te doen?"

"Dis my werk."

"Wat moet in jou opinie gebeur met die verdagte?"

Voor hy kon antwoord spring die res ook in. Hy gluur na haar en skud sy kop na n sekere rigting. Met n glimlag knik sy en gaan klim in die besigheids motor. Sy ry om die gebou na die agterkant. Frank kyk net na die mense voordat hy in die gebou in gaan.

"Ek wil jou regtig nie vas vra nie, maar Hayla kon regtig nie vandag uit kom nie," vertel Rebecca en klim uit die motor uit. Dis stil in die agter straatjie.

Hy gryp haar om die lyf en soen haar op die lippe. Sy soen hom terug. Hy vat haar hand en loop met haar deur die gebou.

"Frank, wie is sy?" Vra een van die mans.

"My meisie," reageer hy reguit. Rebecca gee hom n glimlag wat vir haar oog knip. Hy maak sy kantoor deur toe agter hom en sluit die slot.

"Hulle het gesien wat daar buite gebeur het. Hayla kan haar eie storie kom jag," se Rebecca en kyk rond. Frank gryp haar by die heupe en druk haar teen die muur vas. Hy haal die rekord uit haar broek sak en druk die rekord knoppie in.

"Kriminele hoort in n erger plek as die tronk," praat hy deur die rekorder. Sy oë pen in Rebecca s'n vas. "My opinie is dat die mense moet dink wat hulle doen. Vaders, moeders, kinders...dink aan wie op hulle staat maak."

Sy vat die rekorder by hom en druk stop. Hy gee haar n sagte kyk wat aan sy gesig vat.

"Dis genoeg vir hulle," fluister sy saggies. "As Hayla moet weet dat ek toegang tot jou hele privaatheid het gaan sy my wil misbruik. Ek kan nie toelaat dat jou privaatheid geskend word nie."

"Is jy okay na wat tessun ons gebeur het?"

"Ja," antwoord sy met n giggel. "Weet, ek kan nie glo dat ek op my ouderdom iemand so flippen amazing soos jy kan ontmoet nie."

"En ek my skat, het nooit gedink dat ek my nek sal breuk vir n joernalis nie. Ek het bitter baie hard geval vir jou," hy kyk af toe weer na haar. "Wat doen jy more?"

"Wel, ek moet seker werk."

"Vat more af. Ek wil jou iewers heen vat."

"Okay," giggel sy en gee hom n sagte soen op die lippe. Hy soen haar terug en kyk weer na haar pragtige gesiggie. "Ek moet seker in die pad val."

"Aseblief moenie val nie."

"Nie letterlik nie," lag sy en raak aan sy bors om hom agter toe te druk. "Ek moet regtig nou gaan meneer Swanepoel."

"Is reg so mejuffrou Marais," beeld hy sy woorde uit. Sy maak die deur oop en kyk dadelik agter haar na Frank. "Ek kry jou more oggend tien uur."

"Sien jou," glimlag sy gloeiend. Hy gryp haar om die lyf en druk sy lippe teen hare. Sy soen hom terug. Hulle aandag word getrek deur die dame wat n skinkbord voor die deur laat val.

"Jammer," fluister sy giggelend en gryp haar mond.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now