Hand aan hand stap Rebecca en Frank die hospitaal se gang af met papiere. Hulle stap in die kamer en kry dadelik Lulu en die ander vreemdelinge se aandag.
"Lulu, ons twee het besluit om jou aan te neem," glimlag Rebecca met trane in haar oë vir die meisiekind wat weerloos daar le. "Is jy oukei daarmee meisiekind?"
"Dis nie die moeite werd nie," fluister sy. "Ek gaan doodgaan. Ek is bang."
Rebecca kyk bekommerd na die dokter wat in kom na hulle toe.
"Ons weet wat aangaan. Meisiekind, jy gaan lewe," se Frank en wys haar na die dokter wat haar n glimlag gee. Sy kyk met oe wydgestrek na hom toe na Rebecca en Frank. "Ek en mamma Becca gaan trou. Jy moet ons strooimeisie wees en jy gaan dan saam met ons die wêreld gaan sien voordat jy terug gaan skool toe."
"Ek neem aan julle het die boodskap van Talita gekry."
"Ja," knik Rebecca en vat Lulu se hand. "Ons het. Ons was by haar begrafnis."
Rebecca en Frank waai vir Lulu wat in die operasie-kamer gestoot word. Rebecca kyk na hom met n glimlag en vou haar arm om sy nek.
"Dankie Frank," dank sy met n glimlag. "Sy waardeur dit baie."
"Ek weet. N operasie is n duur storie, maar as iemand se lewe daarvan af hang is dit die moeitewerd."
Sy gee hom n soen en gaan staan in n kamer by n venster en kyk hoe die operasie gaan begin.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...