Deel 05

13 0 0
                                    

Daniel sit langs sy ma se bed. Hy speel met haar hand in syne en raak saggies aan die pleisters wat haar wonde toe maak.

"Gaan ma ooit dieselfde wees?" Vra hy die stilte en kyk op na sy ma se pragtige gesig. "Gaan jy nogsteeds glimlag deur jou trane, lag in jou woede en sterk probeer staan as jy teleurdgestel is? Sal jy maak asof jy oky is wanneer jy weet jy is nie. Jy maak asof jy oky is om dinge vir ander te verminder. Gaan jy weer omdraai wanneer iemand jou kwaad maak. Gaan ma ooit iemand ontmoet?"

Hy kyk hartseer af na sy ma se seer arms en begin huil. N ongeluk kan baie skade doen aan iemand en hy weet dat dit mense kan verander.
Rebecca se oe flikker oop. Sy kyk om haar toe na haar seun. Sy onthou. Sy onthou wat gebeur het. N glimlag trek oor haar lippe terwyl sy haar hand onder sy gesig uit haal en aan sy hare vat. Daniel kyk dadelik op na sy ma. Uit blydskap vlieg hy op en gee haar n drukkie deur sy beste te doen om haar nie seer te maak nie.

"Hoe voel ma?" Vra hy dadelik en hardloop na die deur se ingang om dokters te roep. "Sy is waker."

"Ek voel piekfyn." Reageer Rebecca met haar sagte stem en sien hoe dokter Joe in gehardloop kom en na haar oe kyk met sy flits liggie.

Toe dinge weer rustig is in die kamer is dit weer net hulle twee alleen. Rebecca kyk om haar waar sy eintlik nie so duidelik kan sien nie maar sy kan sien.

"Ons gaan vir jou moet kontak lense maak of nuwe brille kry." Glimlag Daniel en val homself by aan Frank Swanepoel.

"Of dalk altwee." Lag Rebecca en vat die bed se remote om haar te laat regop sit.

"Ma, daar is iemand wat jou wil ontmoet." Vertel Daniel haar uiteindelik. Haar gesiggie toer dadelik na hom. Sy loer na hom en gee n klein glimlag. "Die man wat in die ander kar was. Hy wil praat."

"Seker hof toe sleep..." Lag sy en kyk weg.

"Nee. Hy wil praat oor iets anders." Vertel Daniel en gee haar n groot glimlag. "Wat sal sal ma doen as hy ook n enkelling is?"

"Ag sies man." Lag Rebecca gee hom n groot glimlag. "Jy is n goeie seun Daniel. As jy vir my huis toe kan gaan en lekker in my bedkassie se laai krap sal jy my kontak lense kry wat ek kamstig verloor het."

"Ek het geweet ma het dit weggesteek!" Blaf Daniel en staan op met n gelag. "Is reg. Dan sien ek jou nou weer."

"Oukei." Glimlag Rebecca en kyk weer voor haar.

Oppad met die gang af stop Daniel en kyk in Frank se kamer in. Hy sit en lees boek. Vinnig besluit hy om in te gaan en kry toe dadelik sy aandag.

"Rebecca het waker geword. Hulle gaan haar hierna toe skyf teen more." Vertel Daniel hom en vou sy arms. "Ek sal meneer kom kry as jy haar wil ontmoet. Vir nou wil ek eers gou huiswards keer en vir haar goed gaan kry."

"Is reg. Baie dankie."

Daniel knik en stap so bietjie ongemaklik uit.

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now