"Ek het gese jy hoef dit nie te betaal nie." Skel Rebecca vir Frank terwyl hulle in sy nuwe motor besig is om te ry.
"Ek het gese ek gaan." Reageer hy en kyk na haar wat hom n simpel kyk gee.
"Pertykeer wonder ek wat in julle mans se koppe aangaan." Sy kyk weer uit by die venster en voel sy warm hand rus op hare wat op haar been le. Sy kyk na hom wat net voor hom kyk.
"Daar gaan baie aan in my kop. Maar nie so baie soos in my hart nie." Reageer hy en kyk vir haar. Hy knip vir haar oog en kyk weer voor hom.
"Jy weet Frank Swanepoel, jy het baie guts gehad om vir daardie mense te se ek is jou vrou." Sy gee hom n ernstige kyk maar hy vat niks ernstig kop toe nie.
"Dit het regtig baie guts gevat en ek erken dit want ek is net bang dat jy gaan weghardloop en nooit weer met my praat nie. Ek kan dit nie toe laat nie maar ek het my luck probeer, het ek nie Rebecca Marais. Of moet ek se, Rebecca Swanepoel." Hy terg haar en sy weet dit. Of dis wat sy dink. In realiteit is hy mal verlief op haar en hy is nou al self bewus daarvan. "Klink nogals nie te sleg nie, doen dit?"
"Nee." Sy kyk verras na hom. Met n giggel kyk sy voor haar en nooi die stilte in.
"Ek het vandag n gas saam gebring." Glimlag Rebecca nadat al die kinders haar drukkies kom gee het. Sy gaan sit op die stoel en hulle op n mat voor haar. "Ontmoet vir Oom Frank."
Sy gee Frank n glimlag wat langs haar sit en haar ook n glimlag gee voor hy weer kyk na die kinders.
"Is hy mamma se kerel?" Vra die een meisie skamerig.
"O nee. Hy is n baie goeie vriend." Glimlag Rebecca vir hulle en gaan kyk na die klein blonde krul haar meisie wat stadig in gestap kom. "Jy moet seker n nuwe meisie wees. Kom hier."
Die meisie is skaam. Sy stap onseker na haar wat haar optel en op haar skoot sit.
"Ons het haar alles vertel van jou." Glimlag een van die seuns. "Dalk moet sy saam gaan huis toe."
"Ek dink ook so." Glimlag Rebecca en kyk voor haar na die kinders. "So, gaan ons storie vertel?"
"Ja!" Skree al die kinders gelyk en raak weer stil toe sy hulle kalm maak.
"Oukei. Ek soek vyf karakters. N mamma, papa, boetie en susie en spook." Glimlag Rebecca en kyk na al die handjies wat op gaan in die lug.
Soos almal uit loop gee sy elkeen vrugte en sappies en n drukkie aan elkeen wat haar dankie se. Heel laaste kom die blonde krulkop meisie. Rebecca gaan op haar hurke voor die meisie en vat haar handjies.
"Sjoe, maar jy is pragtig. Wat is jou naam?" Vra Rebecca en gee n klein glimlag.
"Bokkie." Beantwoord die meisie en kyk skamerig af.
"Ek gaan jou huis toe vat saam met nog boeties en susies maar nie nou nie. Ek gaan net vir jou eers vat want ek moet eers n nuwe kar kry omdat myne in n ongeluk gekom het. Dan gaan wys ek jou die huis en stel jou voor aan Mika, ons hond. Jy kan n kamer kies of by my slaap." Glimlag Rebecca en raak aan haar wang. "Jy gaan dit baie geniet. As jy wil kan ons vir jou nog n maaitjie laat saam kom."
Sy knik haar kop op en af en wys haar vinger na n groter meisie wat vir haar by die deur staan en wag.
YOU ARE READING
Begeerte aan n engel
RomanceFrank en Rebecca verongeluk teen mekaar en eindig albei op in die hospitaal. Frank was die eerste een wat by gekom het en wou die ander drywer dadelik ontmoet om jammer te se. Dis toe hy vir Rebecca ontmoet. Deur dit word hulle vriende en hy begin h...