Deel 11

6 0 0
                                    

Rebecca is uiteindelik ontslaan en het dadelik huis toe gegaan deur haar seun wat haar huis toe gevat het. Bietjie omgekrap deur die dag se routine loop sy woedend in die mall rond in Checkers in.
Sy dra n wyn rooi rok wat hang tot by haar kniee, hak skoene en n donker rooi baaidjie met haar hare los en in krulle met brille aan haar gesig. Sy en kontak lense is maarnet nie beste vriende nie.

Sy stoot haar waantjie rond tessun die rakke in tot by die vrugte rakke. Sy stop en gryp n pak appels en kyk daarna.

"Ek glo nie Sneeuwitjie sal nog appels vat na sy in n slaapende prinses verander het nie."

Sy kyk op na Frank wat agter haar staan en lag. Hy kyk haar verbaas aan en voel verlig toe sy begin lag en die appels in die trollie sit.

"Frank." Groet sy met n glimlag.

"Ek het nie geweet jy dra bril nie." Reageer hy en raak aan haar arm. "Jy lyk pragtig in dit. So hoe gaan dit?"

"Gaan beter. Ek het nog nie n oproep van jou gekry nie so ek kon jou nie laat weet wanneer ek die kinderhuis weer gaan besoek nie." Giggel sy en skyf haar waantjie uit die pad uit. "Ek het reeds kom inkoppies doen vir die kinders."

"Jy hou baie van kinders, doen jy nie?" Lag Frank en gryp nog twee sakkies appels. "In daai geval sal ek help met die inkoppies. Ek skuld jou big time so ek sal betaal hiervoor en jy kan net die trollie vol laai."

"Nee man." Lag sy en vat nog drie sakke appels. "Ek doen dit uit liefde uit vir hulle."

"Hoe het jy hier gekom?" Vra Frank en vat die waantjie oor by haar.

"Daniel het my gebring. Hy het toe weer gery en gese ek moet hom bel as ek klaar is." Reageer Rebecca en gryp drie groot sakke lemoene.

"Ek kan jou vervoer wees." Stel Frank voor en loer vir haar wat die drie sakke in die waantjie sit en na hom kyk. "Ek skuld jou."

"Ja en ek skuld jou nog n drukkie." Reageer sy en gryp twee bokse piesangs. "Jy is ver te vriendelik Frank Swanepoel. Ek is maarnet twee jaar jonger as jy en nog ver van jou smaak af."

"Wat bedoel jy?" Vra hy en kry haar volle aandag nadat sy die bokse piesangs in die waantjie gesit het.

"Ek scheme jy hou van vrouens wat in hul vroeg dertigs is, super aantreklik en nie kinders het nie." Reageer sy en sit haar hande op haar heupe. "Ek in daai geval is amper soos Angelina Jolly maar net met meer as agt kinders, agt en dertig jaar oud en nie so aantreklik nie."

"En ek scheme dat jy een van daardie super hot vrouens is wat nie glo in ware liefde nie, maar as julle sou sal die man n gespierde tier wees soos daardie op televisie." Hy stap om die trollie tot voor haar en sit sy hande op die trollie se raam net langs aan haar sye. "Ek op die ander hand is n prokureur wat glad nie geglo het in ware liefde nie tot op n dag wat sy hele lewe verander het deur n vrou wat haarself probeer vergelyk met Angelina Jolly en dink sy is nie aantreklik nie waar sy eintlik die tipe vrou is wat elke man begeer."

Rebecca gee n sarkastiese lag en kyk weg voor sy weer na hom kyk wat amper teen aan haar staan.

"Jy is ook maar baie slim vir n man. Geen wonder jy is n prokureur nie." Giggel sy en draai om, om die trollie reg te pak.

"En jy is pragtig, liefdevol en talentvol mejuffrou Marais. G'n wonder jy is anders as ander vroue nie." Reageer hy en laat gaan die trollie toe sy dit voorentoe stoot om by die handvatsels uit te kom. Sy gee n groot glimlag en kyk op na hom wat haar n glimlag gee. "Dis so ironies, neh."

"Seker." Lag sy en begin die waantjie aan stoot. "Nou, waar is die sappies?"

Begeerte aan n engelWhere stories live. Discover now