Een aarde
painebook, translated by xxRazmatazxx
'n Lig flits buite my tent. Toe ek die tentflap terug trek sien ek 'n klein greis mannetjie daar staan.
"Hoesit, my ou?"
"My mense reis die heelal om wense toe te staan. Wat is jou wens?"
"En dit kan enige iets wees?" My kop was seer van die tequila wat ek gedrink het om my te help slaap. "Wat van vrede? Op aarde, vry van aarmoede, konflik, politiek en oorlog."
"Toegestaan."
Ek het weer aan die slaap geraak..
Toe ek wakker word, wou my kop bars. Ek het my kamp opgepak en van die berge af gery. Daar was geen verkeer en toe ek die radio aansit kry ek niks behalwe staties nie.
Ek het my tuisdorp ingery en gelet dat al die mense weg is.
YOU ARE READING
Tevun-Krus #75 - International 4: SolarPunk
Science FictionOne sun, one planet, one people. Welcome the fourth International Edition of Tevun-Krus, where you can find excellent sci-fi in all sorts of non-English languages! (Don't worry, there's some English, too!) This time around, we tackle the little-know...