Hoofstuk 2

51 3 0
                                    

DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 2

Cole het vir Dayne by die mediese hek afgelaai, wat basies voor die hospitaal was, hulle is tans besig met prakties.
Dayne het vir Cole gegroet en dapper die hospitaal deur binne gegaan met sy wit jassie en sy sak op sy rug.
Vandag oefen hulle op lyke.

“Goeie dag studente! Soos julle weet vandag speel ons bietjie met dooie mense! Hoop julle is reg en maak seker julle vat notas want ek gaan beslis die in die toets vra!.”
Het Professor Coetzee aan al die wit baatjies wat rond om hom staan aangekondig.
Dayne het alreeds ‘n klomp vriende hier tussen die ander studente gemaak.
Josh kom staan langs hom hulle is goeie vriende van eerste jaar af.
Die twee is basies die enigte kleurlinge tussen die verskeie rasse.

“Aweeh is jy gereed vir die ding?”

“My bru ek het geparty die naweek so ek het nie ‘n boek oop gemaak nie. Jy moet my maar help bra Day!”
“Hasi fout nie my bru!”
Josh is die party tipe, hy party soos in elke naweek. Dit is net in sy bloed, maar snaaks genoeg weet hy hoe om te prioritise.

Almal stap ewe dapper agter die professor na die yskasse toe waar die lyke almal mooi in ‘n ry lê.
Die meisies het behoorlik gegil toe professor Coetze demonstreer hoe om ‘n kidney oorplanting te doen,  somige van hulle het uit gehardloop om op te gooi.
Die professor het ‘n opmerking gemaak; “Die is nie vir pap broeke nie!”

Dayne en Josh en paar ander wat nie bang of naar geword het nie het daar gestaan en die hele spektakel aanskou. Vir dayne was die klas baie interessant hy weet huidiglik nie waarin hy wil spesialiseer nie en dus vind hy elke praktiese klas baie interessant.

Na die praktiese klas is hy en Josh cafeteria toe om koffee te kry.

“Dayne! Dayne!”
Roep ‘n oulike kleurling meisie wat amper soos ‘n indian lyk. En dus kyk hy om , om te sien wie hom roep. Hy ken haar maar voordat hy nog ‘n woord kon uit kry versmoor sy hom met ‘n stywe drukkie.
Hy is verbaas, maar die oomblik toe sy hom los vra hy haar hoe dit met haar gaan.
“ Dit gaan goed dankie! Vandat jy uit knysna is nuh. Jy het omtrent die klip terug gegooi.”

Dit is een van Dayne sê hoër skool flings  dinge het nie juis uitgewerk tussen hulle twee.

“Wat kan ek sê daai plek het te veel bad memories. Wat soek jy hier?”

“Durh dommie ek studeer ook nou hier, ek het  2 jaar by die huis gesit dus hoogtyd. En nou studeer ek ook medies jy is my inspirasie!”
Dus alles vreemd vir Dayne want op skool wil sy nog altyd onderwys studeer wat het verander tussen daai tyd en nou.

Dit kom vir hom voor dat sy besig is om saam met hom te flirt die manier hoe sy haar hande en lyf beweeg, maar hy steer hom nie.
Aan die anderkant is Josh besig om ongeduldig te raak en wys dan vir Dayne dat hy solank die koffee sal gaan kry.

“Dus goed so, ek hoop dit is jou passie!” 
Dayne  probeer om sarkasties te klink.

“Natuurlik is dit Dayne Matthews!”
“Goed vir jou! Solank jy net fokus en as jy enige notas nodig het ek het nog daar van my eerste jaar jy kan net copies maak.”

“Jy is nog so goed soos altyd , wat het tussen ons skeef geloop?”   vra sy met  ‘n glimlag op haar gesig.

En toe kom Josh terug met die twee koffee’s in sy hande.

“Die lewe het gebeur! Waar is my maniere Josh die is Katy! Katy die is my bra Josh.”

Die twee het mekaar se hande geshake, en toe korrek sy vir Dayne.

“Dus Katy Baxter, nie net Katy!”

Josh het net ‘n ongemaklike glimlag gegee hy kon die spanning tussen die twee voel.

“Lekker om jou te ontmoet Katy Baxter!”

“Selfde Joshy! Gee my jou nommer Meneer Matthews sodat ek ‘n draai kan maak om die notas te kry wat jy belowe het.”

Dayne het nie nog twee keer gedink nie hy het sy nommer vir Katy gegee, hy wil nie maar hy het voorgestel dat sy notas by hom kry.

“Verwag ‘n oproep of text van my af binne kort!!”

“Solank jy dit profesioneel hou is daar geen probleem!”

En dus gee sy hom weer ‘n drukkie met ‘n soentjie op sy wang “Natuurlik sal ek dit profesioneel hou! Geniet die dag veder boys”

En voordat die twee kon groet is Katy weg tussen die ander studente.

Oppad na hulle volgende klas toe.

“Daai was nou intense. Hoe ken julle mekaar” vra ‘n nuuskurige Josh
En al wat uit Dayne se mond uit gekom het was “Dit was my eerste groot liefde!”
Josh het glads stil gestaan om te vra ; “En? Wat het skeef geloop?”

“Lang storie my bru en hoe minder ek van dit praat hoe beter. Ek wi liewer my CV in gooi by een van die white chicks hier!”
Josh het geen keuse as om vinnig te loop want Dayne was besig om baie vinnig te loop.

“Slow down my bru! En Trust me my bru hulle is nie into kleurlinge nie jy gaan net jou tyd mors! En besides lyk jou ex het nog feelings vir jou die manier waarop sy jou naam pronounce ‘Daaaaaayneee’”

Josh vrek van die lag soos hy die naam uitspreek presies soos Katy gedoen het, hy is nou ‘n regte grap jas.  Terwyl Dayne glad nie dink dat hy snaaks is nie.

“Wel laat sy maar feelings het my bru , ek soek haar glad nie terug nie sy is ‘n pyn in die gat, sy het twee jaar by die huis gesit maar nogsteeds het sy die selfde mentality!!”

Die twee is die klas binne  waar almal besig was om te praat terwyl hulle vir die lecturer wag om op te dag.

“Maar is alles reg jou kant ou maat?” vra josh vir Dayne.
“Ja wat. Net moeg slaap nie baie goed nie, dink is die toetse wat nog kom wat laat ek so min slaap!”

“Relax  my bru toetse is eers oor drie weke jy oor ys jou al ewig! Besides nou dat weed legal is slaap ek kak lekker. Jy moet saam my kom uithang ons ken mekaar al twee jaar maar nog nie eens eenkeer saam geblom nie!”

Dayne trek ‘n gesig “Naai my bru jy weet mos ek is nie ’n man wat met dwelms mors nie.”

“Dayne! Dagga is nie dwelms nie! dit is ‘n medikasie wat jou slaap patrone nxa maak!”

Josh probeer baie oortuigend klink, maar lyk nie asof hy deur kom by Dayne.

Dwelms en geweld is reeds van die omstandighede wat hy onstap het…. Dus weier om dagga te probeer.

Word vervolg.

Wat dink julle ? is julle nog met my?

Comment , like and Share!.

DAYNEWhere stories live. Discover now