DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 14
“Nooit gaan ek weer saam met jou uit nie.” Kerm Cole terwyl hy breakfast opskep , dit is maandag oggend en die twee het amper heel naweek geslaap.
“Jy kan nie stry nie bra dit was lekker.”
“Dit was ja, vir die eerste keer in ‘n lang tyd het ek myself geniet maar nooit weer nie.”
“Hoe voel jou lyf? Want jy kak hard geval ek het later aan gedink jy het erinstig seer gekry veral toe ek die bloed sien.”
Dayne sit aan tafel lekker deur die slaap, maar moet net kampus toe gaan want dit is weer ‘n helse praktiese les.
“Ek het gehoor hoe vra jy verskoning, as ek dood gegaan het sou dit alles jou skuld was dik kop.”
“Ek weet . Maar ek het jou nie gedwing nie, onthou jy was Coletjie.”
Hulle albei lag kliphard
“Nee man bra Day het ek rerig laat Coletjie ‘n verskyning maak?”
“Aweh jy het, maar al wat saak maak is ons het ons lekker geniet.”
“Maar nooit weer nie my lewer is seker al in skrewe”
“Nou oordryf jy alweer, jou lewer is nog in perfect condition.”
“Maar op ‘n serouis note, wat pla jou? Jy is die afgelope tyd nie jouself nie.”
Dayne haal diep asem want hy wil nie so vroeg oor erinstige dinge praat nie maar dan begin hy.
“Wel as jy moet weet my verlede is besig om my in te haal.” Hy sit die lepel neer en vir ‘n oomblik is daar stilte in die kombuisie.
En dan gaan hy voort “Wel die meisie wie ek jou nou die dag van vertel het , sy was my eerste groot liefde alles oraait gewees totdat sy swanger geraak het dit was myne.” Hy sak sy kop , want hy probeer die trane keer dit is nie vir hom maklik om oor dit te praat nie.“Is jy oraait.” Vra Cole.
“Ek het haar gedwing om ‘n aborsie te maak my bru , ek het ons kind vermoor. Sy wou eers nie maar later van tyd het sy ingestem. Ek was nie reg om ‘n Pa te wees nie en ek weet sy was ook nie reg nie ons was maar nog net in matriek. Alles het vinnig gebeur na die aborsie het sy net vreemd geraak en toe besluit ons dat dit beter is om ons verhouding te eindig. Watter Tipe persoon is ek Cole??”
Elke woord het swaar uit sy mond gekom en die trane was onkeerbaar.“Wow. En jy dra die, die hele tyd saam met jou? Ek is jammer bra wens ek kon iets sê wat jou beter sal laat voel maar alles sal oraait wees. Maar moet nie laat hierdie jou onderkry nie want ek ken jou nie so nie. Dwelms is nie die uitweg jy dra nou al die baie lank maar nooit het jy na Dwelms gegaan vir vertroosing.”
Cole weet nie moet hy opstaan en Dayne ‘n drukkie gee of wat nie.“Dit is die ding bra. Ek was oraait totdat ek weer vir haar gesien het, ek het haar baie lief gehad en is nogsteeds lief vir haar ons het goeie herinderinge gemaak. Ek het haar gedwing om ons kind dood te maak. Ek is ‘n monster!”
Dayne raak te emotioneel en ruk homself op staan vir ‘n oomblik en vee sy trane af, Cole sit nogsteeds regoor hom , hy weet nie wat hy moet doen nie.“Bra jy is nie ‘n monster nie kalmeer. Dink aan die groot prentjie as julle besluit het om die kind te hou sou julle vir die kind kon provide het? Jy sou tien teen een moes skool verlaat het en gaan werk het en sy sou ook nie terug skool toe kon gaan. Jy sal in die toekoms kinders hê. Jy hoef nie skuldig te voel nie.” Cole probeer die situasie verstaan en interpret net sodat Dayne beter kan voel.
Dayne luister ook aandagtig na elke woord wat Cole sê.
“Jy praat die waarheid Cole, en ek kan ook nie die verlede verander nie wat gebeur het gebeur. Ek wens net Katy kan dit so sien en vrede maak. Jy is ‘n bra op reg Cole ek veruil jou vir geen persoon in die wêreld nie. Braze soos jy is so skaars soos hoendertande. En hier dink ek jy gaan my judge.”
“Ek jou judge wie is ek om te judge? Ek is nie perfek nie my bra , ek het ook maar paar geraamtes in my kas.”
“Jy geraamtes? Dit sal die dag wees jy is dan so ‘n voorbeeldige soet seuntjie.”
Dayne het weer gesit om sy ontbyt klaar te maak. In ‘n manier het die praat met Cole ‘n berg van sy skouers af gelig.
“Ek sê jou nie kak nie, ek het life geraamtes in my kas. Ek het aan my Ex meisie geslaan dit het klein begin eers met ‘n klap en so het dit verder gegaan ons was ook maar net tieners.ek was jaloers sy kon net met ‘n vriend of iemand wat sy ken gesels dan het ek aller hande opmerkings gemaak, ek het haar woorde gegee my bru, woorde . En dit alles omdat ek dit in my ouer huis gesien het my Ma het aan my Pa geslaan sy het hom letterlik mishandel hy was so lief vir haar dat hy nie eenkeer sy vinnger vir haar gelig het nie, nie een keer nie. Sy was die baas in die huis. ek kan onthou die een middag toe ek uit die skool kom toe loop die bloed van my Pa se gesig sy het hom met haar hakskoen gegooi. Ek het hom gesmeek hom ‘n saak te gaan maak maar hy was bang wat sou die gemeenskap van hom dink die polisies sou hom uit lag want watter vrou slaan aan haar man dit is mos belaglik. En so het dit aangegaan vir Jare en Jare totdat sy besluit het sy het hulp nodig. En ek het ook besluit ek wil nie die cycle herhaal nie en ek ook gegaan vir berading. Maar vir my Ex was dit te veel sy het selfmoord gepleeg Dayne. En dit was alles my skuld, maar deur alles het ek geleer om myself te vergewe want as ek nie myself vergewe het nie sal ek nie vandag hier saam met jou om die tafel gesit het nie. So leer om te vergewe dit sal jou vry maak van al jou demons ."
Cole het sy kop vas gehou en sy wange gevryf hy was nie emotioneel nie, maar dit het net te veel gevat om vir Dayne van die ware Cole te vertel.
“Dus hectic bra dan dink ek , ek het aleen Demons. Dankie dat jy dit met my deel ek weet presies hoe dit is om uit ‘n huis te kom waar jou ouers constantly baklei. ek het myself belowe om nooit my hande vir ‘n vrou te lig nie. En Cole jy is ongelooflik sterk ek haal my hoed vir jou af.”
Dayne was effens verbaas hy sou nooit kon raai dat Cole instaat is tot so iets. Maar hy verstaan nou vir Cole beter, en kan agterkom hy het verander.
“Ja neh Bra Dayne so is die lewe maar as jy gaan vas kyk aan al die slegte goed in jou lewe dan gaan jy jouself net terug hou. “
Die gesprek het aangegaan om die tafel totdat die twee besef het die tyd het vinnig geloop en hulle moet ry.
Word vervolg.
Ons almal het 'n verlede maar as jy aanhou daarin vas gaan kyk gaan jy net 'n bitter persoon raak soos Katy en Erin. Forgiveness is Key my liewe lesers.

YOU ARE READING
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........