Hoofstuk 35

16 0 0
                                    

DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 35

Dit is doodstil in sel 33 , Dayne het toe terug gekom maar hy het reguit vir hom op ‘n bed gegooi die pyn medikasie maak hom behoorlik moeg. Bobo het op sy bed gelê en bybel lees terwyl Derek hard besig was om ‘n brief te skryf.

Toe Dayne sy oë oop maak is hy aleen in die sel die ander twee was weg eet saal toe. 
‘n wit papier was voor hom, hy vat dit toe in sy hand hy sit regop om dit te lees. 
Soos hy lees loop die trane 
‘Dayne , ek wens ek was ‘n vreugde volle mens ek wens ek was die persoon wat jou die eerste keer vas gehou het jou geleer sokker speel. Ek kan onthou die eerste dag toe ek jou sien was my hart wit want jy het my aan my Papa herinder. Jy en Kari was gelukige kinders , maar ek het julle childhood kom spoil. Dit het alles met drugs begin , drugs het my van julle beroof. Ek wil nie alles op drugs blameer nie maar dit het my verander dit het my ‘n koue persoon gemaak, ek het jou Ma as ‘n slaan sak begin sien om haar te slaan en te skop het my beter laat voel oor myself. Ek het aan jou geslaan ek het aan Kari geslaan ek verdien julle nie, ek is ‘n gemors maar ek belowe om te verander. Die aand van die moord spook by my want ek weet nie wat presies gebeur het nie toe ek bykom is ek in die hande van polisies, en Kari se huil sal ek nooit vergeet nie, nooit nie! Dit speel in my kop af en ek wens daar was ‘n rede hoekom ek Katrien vermoor het maar daar is nie. Ek is vandag speit oor ales Dayne ek weet nie hoe om verskoning te vra nie want dit sal nie die roos wat ek gepluk het terug bring nie, arme Katrien sy het nie dit verdien nie, sy was so lief vir jou Dayne sy het die hele gemeenskap vol gebrag oor jy wat ‘n dokter gaan word. Ek was nog altyd die een wat nie wou hê jy moet suceed nie. Maar my laaitie ek is jammer ek is rerig jammer! Jy hoef my nie te vergewe nie, God is klaar besig om met my af te reken, ek betaal al klaar vir my sondes. Ek weet nie hoe lank ons nog ‘n sel gaan deel nie maar ek wil jou weer leer ken en ek wil hê jy moet tyd maak om die nuwe ek te leer ken. 
X
Derek’

Elke woord in die brief raak vir Dayne hy kan nie verhelp as hom diep in en uit asem te haal en sy trane af te vee nie. 
“Aiihhh Here u is my toevlug wys my wat ek in hierdie situasie moet doen. Want hoe kan ek net wil vergewe en vergeet, maar Here dan is daar weer die situasie toe ek hom beskerm het, hoekom het ek, as ek hom so haat?”

Dayne sit en kyk na die ceiling dit is asof hy wag vir die Here om hom ‘n antwoord te gee maar die antwoord lê in sy hart.

*********

“Aih jirre julle is darem gevrek!! My mammie is daar buite iewers ‘n groot gevaar en julle glo my nie omdat sy die donderse raadslid is!!!”

Katy skreeu op die polisie man wat dink haar verklaring is belaglik en dat Erin nie die soort goed kan doen net omdat sy die raadslid is van die dorpie.

“Kom ek neem julle na ons huistoe sodat julle kan self bewyse kan sien dat sy my ontvoer het die bewyse is alles in die basement vervlaks, terwyl julle nog hier staan en draai maak sy moeilikheid daar buite!!! Ek sweer ek kan dit aan my voel!! Hou op gevrek wees”

“Beledig my nog een keer juffrou’tjie en ek sluit jou op!” maak die beampte sy stem dik.

“Arg vader!” Katy is uit by die polisie stasie.

“Kom verduidelik tog vir die mense waar julle my gekry het” beduie sy vir Redwaan en haar stiefbroer.

Die twee is toe in saam met Katy om haar storie te bevestig.

“Wel dan moet ons maar vir Mev Baxter wag om terug te keer na haar huis en dan sal ons haar kant van die storie hoor.”

“Ek is nou mooi moeg, ek gaan nie nog langer hier wag nie, ek gaan haarself gaan soek!”

Katy is uit by die polisie stasie. Redwaan bied vir haar lift aan tot by die huis waar sy haar Kar gaan kry.

Sy wil eers wash maar dan dink sy elke oomblik wat sy nog mors is iemand daar buite sê lewe in gevaar. 
Sy gaan gou in haar Ma se kantoor, maak elke laai oop sy is opsoek na die pistool sodat sy haarself kan beskerm teen Erin.

Maar sy kry niks nie “Damn sy moes dit gevat het. Josh! O MY GOD!!”
Alles begin in haar kop kliek. “Bloemfontein, die heks is bloemfontein toe” sy gryp haar sleutels en maak haar way na die garage toe sy is te hastig om nog oop te maak sy stamp die garage met haar kar ‘n lekker duik in dit klim sy vinnig uit en maak dit oop.

“Jammer karetjie dat ek jou nou so seer gemaak het maar ek moet nou daar uit kom”
sy jaag behoorlik deur die strate om by die hoofpad uit te kom.

“Asseblief Here Josh is al wat ek van my Pa oor het my liefie my enigste broer, beskerm hom.”

******

Cole is rooi in sy gesig van die pyn, sy toon bloei nog aan een.

“Vok aunty, gee my net iets sterks ‘n dop of enige iets die pyn is kwaa!”

“Heey manetjie hou jou bek ek het jou mos gesê ek haal jou liggies ook uit.”

Erin lyk baie woes.

“Maar aunty..”

“Maar niks nie jy wanna be famous !”

Cole is dadelik stil en wonder hoe weet die aunty van hy wat wil famous wees.

Josh lê in sy eie bloed liggie is off en Erin sit daar langs hom haar klere is vol bloed, die pistool lê paar metre van haar af weg.

“Ek haat jou van die eerste dag af toe ek swanger was met Katy en Fred huistoe gekom het en my vertel dat jou vokke hoer van ‘n Ma ook swanger is met jou!!! Ek haat jou. van daai dag af planne met jou lewe gehad. En toe maak ek jou slegte dronk gat Ma dood en whoops toe moes jy wees huistoe. En ek het maar my mense daar gehad en alles het volgens plan verloor. Jy het ‘n druggie geraak nes ek beplan het en kyk waar lê jy vandag. Gemors kind. “

Sy kyk Josh met soveel haat aan .

“Dit is tyd dat ek once and for all die ding eindig.”

Sy tel die Gun weer op en rug dit na Cole toe.

Word vervolg. 

DAYNEOnde histórias criam vida. Descubra agora