DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 38Cole het gesien dat Erin mors dood is maar asgevolg van sy vrees het hy nog die riem getrek en vas gehou.
Daar was ‘n stilte. Na paar minute besef Cole dat hy sowaar iemand dood gemaak het en hy los dadelik die riem. En begin bewe van skok. Dit val hom by hy moet die polisie bel. Hy haal sy foon uit sy sak uit en druk die nommer stadig in sy foon wat amper uit sy hand val omdat hy so bewe
Al woorde wat uit sy mond gekom het was “Kom dadelik tot by die flats in roadway, en bring ‘n ambulans!!”
Toe die polisie die deur binne kom het hulle vir Cole in trane daar gesien en Erin se lyk wat bo-oor Katy lê.
“Wat het hier gebeur?”
“Moenie nou vrae vra nie kry net die mense by die hospitaal ek sal verduidelik asseblief.”
Die paramedics was dadelik in geroep Erin is op die toneel dood verklaar en Josh ook. Katy was al een wat nog leef maar die hou op haar kop het haar heel flou.
Cole het toe sy verklaring gegee.
Die polisie is saam met Katy hospitaal toe en Cole is ook opgeneem vir sy toon.
Toe Katy by kom het sy dadelik die verklaring afgelê dat sy ‘n false aanklag teen Dayne gelê het en sy het Cole se storie bevestig dat haar Ma ‘n gevaar vir hulle was.“Is sy rerig dood?” vra Katy die polisie beampte wat besig is om katy vas te maak met hand boeie teen die hospitaal bed.
“Ja, jy sal dalk toegelaat word om jou Ma en Broer se lyke uit te ken”
“Neeeeee! Nou het ek niemand nie !” sy begin skop en skreeu soos ‘n maal haas.
“Het julle dalk enige ander familie lede wat ek kan kontak”
“Vind self uit jong ek is nie nou by dit nie laat ek vokken kla huil en dit uit my sisteem uit kry.” Katy raak histeries.
Die polisie beampte is stadig maar seker uit die kamer van die hospitaal. Hy het toe die verklaring wat sy gegee het oor Dayne saam met haar foon wat bewyse vat in gestuur na ‘n staats beampte toe om die saak te review.
Cole lê en huil hy sien Erin se gesig voor hom hy kan nog hoor hoe sy spartel en smeek vir haar lewe.
“Moet ek vir jou ‘n sielkunidge in roep?” vra die dokter toe hy klaar aan Cole se halwe toon gewerk het.
“Nie vandag nie ek sien nie kans nie ek doen rerig nie.”
Sy meisie se self moord speel ook weer in sy gedagtes af “Ek is rerig ‘n moordenaar ek het bloed oorals op my hande orals” praat hy terwyl hy na die muur kyk.Die dokter kyk na Cole en dan na die nurse “kry vir hom slaap pile en maak seker hy kry kalmeer pille.”
“Ek soek niks nie ek is fine , ek is ‘n moordenaar en klaar.”
Tenspyte van Cole wat weier het hulle iets in sy drip gespyt wat hom kalmeer.
Katy in die ander kamer skreeu soos ‘n honger varkie “Neeeeeeeeeeeeeee! Al was sy wat sy bly steeds my Ma !! COLE EK KOM MAAK JOU VREK!”
“Sy nodig defnitief psychiatric help” maak die dokter ‘n opmerking.“Indeed” stem die nurse saam.
**************
Dayne het wakker geword in ‘n hospitaal dit was net wit curtains om hom met sy hande aan die bed geboei en’n polisie beampte wat wag hou oor hom, asof hy gaan escape.
Die pyn is steeds kwaai, maar hy moet maar nou net sterk wees.
Die polisie beampte wat waak hou oor hom kry toe ‘n oproep van die tronk af.“Jy is oor paar dae ‘n vrye man.”
Dayne is bietjie deur mekaar hy verstaan nie so mooi nie en vra dan met onsekerheid op sy gesig.
“Onslaan?”Die dokter maak die gordyn oop “Nee boatman jy gaan nie so vinnig hier uit kom.”
Dayne kyk dan die polisie beampte aan.
“Alle klagtes teen jou gaan gedrop word, jy gaan moet eers in die hof verskyn voordat jy amptelik vry is”Dayne se oë skiet dadelik vol trane “Dankie , dankie” hy wil opspring van blydskap maar die pyn slaan hom weer terug in die hospitaal bed.
“Ons sal sien hoe ons kan maak , want ek glo nie jy sal oor 2 of 3 dae hier uit kan loop om hof by te woon, maar niks is onmoontlik nie.”
“Jy kan my maar jou future colleague noem” brag Dayne by die dokter.
“Jy is somer in ‘n heel ander by, wat vir my sê jy gaan vinnig gesond raak. Hard leer boetman mens kry net eenkeer jou lewe terug sien dit as jou tweede kans”
“Dankie dokter.”
Dayne het daar met ‘n smile gelê. “Nou wat van die handcuffs? Word dit nie remove of hoe werk julle dan ek is mos nou free at last.”
Vra hy die polisie beampte wat steeds vir hom oppas.
“Jy is nog steeds ‘n tronkvoël totdat die papier afgehandle is.”“Julle is damn snaaks ‘n man se hande is kak seer”
Dayne het die heeltyd gemoan maar die polisie beampte het net dowe ore gegooi.
Word vervolg

VOUS LISEZ
DAYNE
Roman d'amourDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........