DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 20Die klop aan die deur raak al hoe agresief nadat Dayne gesê het hy kom.
Hy hardloop toe deur toe om oop te maak sonder om te vra wie dit is.
Tot sy verbasing is dit twee polisie beamptes.
“Is U Dayne Matthews?” vra die manlike beampte
“Ja ek is” Antwoord Dayne.
“U word gearesteer vir die aanranding en verkagting van Katy Baxter.” Maak die polisie man duidelik terwyl die vrou beampte in stap om boeie om sy hande te sit.
“Wat , wag! Wag! “ kerm Dayne met ‘n confused uitdrukking op sy gesig.
“Meneer jy het die reg om stil te bly enige iets wat jy sê sal teen jou in die hof gebruik word.” Maak die polisie man duidelik terwyl die ander een Dayne se hande vas maak.
“Kan ek ten minste my foon kry? Vir as ek ‘n prokereur wil bel?”
Die polisie man vra hom toe waar sy foon is en gaan haal dit.
Dayne kan nie glo wat nou gebeur nie, hulle lui hom af na die vangwa toe terwyl elke student op die woonstel blok buite staan om te kyk wat nou gebeur.
Hy bewe van skok niks maak vir hom sin nie.
Die manlike beampte het hom voorentoe gedruk terwyl die vroue beampte die agter kant van die vangwa oop maak. “Klim in!.” Het sy geroep terwyl die mede beampte Dayne instoot met geweld. Sy kop het effens by die bokant van die deur raam gestamp.
Toe hulle die deur agter hom sluit vryf hy sy kop.
“Ek het haar nie verkrag nie!!” skreeu hy terwyl die Vangwa weg trek.“Ek het nie!” begin hy te huil.
Alles was ‘n misverstand , hulle het die verkeerde persoon hy moet aan hulle verduidelik dat hulle die verkeerde persoon het.
In paniek het hy begin aan die kante van die vangwa begin slaan, maar die beamptes het dit nie eers agter gekom nie terwyl hulle deur die strate jaag, om by die polisiestasie uit te kom.Toe hulle uiteindelik by die stasie kom , maak die manlike beampte die deur oop.
Dayne klim stadig maar seker uit. “Viniger masekind! Ons het nie heelnag tyd nie.” Jag die beampte vir Dayne aan.
Die stasie se helder ligte het soos nalde in sy oë gevoel. Klomp dinge gaan deur sy gedagtes soos hy ingelei word soos ‘n misdadiger.
In die stasie vra ‘n ander beampte sy naam en besonderhede en vat dan van sy besittings wat hy op hom het soos sy selfoon.
“Ek het dit nie gedoen nie, Meneer.” Pleit Dayne vir die laaste keer voordat die beamptes wat hom in gebring het hom in ‘n lang grys gang aflei om hom na ‘n sel toe te neem. Elke tree was moeilik.
Die geraas van selhekke wat toeslaan kon deur al die gange gehoor word. In die afdeling waarin hulle was was daar twee aangrensende selle – een vir mans en een vir vrouens. Beide was groot genoeg om ten minste 7 mense aan te hou.
Die mans sel was darem nie vol nie daar was net een ander man daar binne maar die vrouens sel was baie vol.
Die polisieman het die selhek oop gesluit en Dayne in gegooi.“Jy sal môre eers toegelaat word om in kontak met ‘n prokereur te kom.” Laat weet die polisieman vir Dayne wat nie kan glo wat nou met hom gebeur het nie hy dink dit is net ‘n droom maar dit is realiteit.
“Haibo Boetie die tronk is nie vir jonk keenders soos jy nie.” Het een van die vrou gevangenes ‘n opmerking vanaf die sel oorkant gemaak.
“Wat het jy gedoen hom hier te be..”
Toe maak een van die ander vrouens haar stil “Is reeds die cute faces wat die akligste crimes doen, punt is hy is nou ‘n krimineel soos ons.”“Heey voetsek man! Los die laaitie uit!” Maak die Man in Dayne se sel die twee vrou mense stil.
Dayne se sel maat staan dan op en skud die tralies van die sel en skreeu “Almal hier binne is onskuldig totdat die hof jou skuldig bevind!”
“Hay’suka wena Bobo jy maak asof jy alles weet” het die een vrou geantwoord, “Jy was al soveel keer in die hof dat jy dink jy’s nou die regter”.
Dayne het nie ‘n woord gepraat nie hy het een kant in ‘n donker hoekie gaan sit en dink terwyl sy sel maat saam met die vrouens oorkant heen en weer woorde wissel.
Bobo het omgedraai en Dayne deeglik bestudeer asof hy probeer uit maak watter tipe persoon Dayne is.
Hy het langs Dayne gaan sit “My laaitie my naam is Bobo, wat noem jou mense jou?”
Dayne het sy kop gedraai na Bobo, hy het sy spoeg ingesluk om sy keel nat te maak“Hulle noem my Bra Day.”
“Dus so my laaitie, nou nie sleg maar daai meide is reg jy lyk nie asof jy hier hoort nie, wat het gebeur?”“Ek weet selfs nie wat gebeur het nie, alles is deurmekaar maar ek is hier omdat iemand beweer ek het haar verkrag en aangerand, nadat sy my verlei het. Maar hoe bewys ek dit ?”
“Laat dit aan jou Prokereur oor en die hof. Ek glo nie daar is evidence teen jou”
Dayne het niks veder gesê hy probeer agter die motief kom hoekom Katy so iets kon doen dan val dit hom by. ‘Die aborsie’ , dit is omdat sy wraak soek vir die aborsie.
Alles begin nou sin maak.
Word vervolgDie week het darem vinnig geloop ons sien mekaar sondag, maak maar reg vir ‘n emosionele week.

أنت تقرأ
DAYNE
عاطفيةDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........