DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 7
Dayne voel aaklig oor die situasie met Katy, maar daar is nou mooi niks wat hy kan doen nie. Wat gebeur het , het gebeur.
Hy is onbewus van die feit dat sy trauma ervaar het na die aborsie, hy weet nie eers dat sy vir 7 maande in 'n sigiatriese hospitaal was nie.
Dayne het weer een van daai swaar oggende, hy staan op en gaan kombuis toe om vir hom 'n koppie koffee te maak vir een of ander rede is Cole nog nie wakker nie. En hy is gewoonlik die een wat heel eerste in die kombuis is besig om ontbyt te maak, maar nie hierdie donderdag oggend nie.
Toe die ketel klaar gekook het en hy die water in die beker gooi gaan sit hy op een van die stoele om die kombuis tafel, en kelk albei van sy hande om die beker. Die warmte van die beker voel goed. Miskien sal dit die koue angstigheid afweer wat in hom kom vasklou het sedert Katy se onverwagste opdaging.Cole maak dan sy verskyning heel moeg en deur die slaap. "Kon jy my nie wakker maak nie?"
"Goeie môre aan jou ook!" antwoord Dayne .
"Ek gaan maak klaar , maak solank vir ons iets vir ontbyt my bru. Ons gaan laat wees."
Voordat dayne nog kon weier is Cole terug kamer toe om klaar te gaan maak vir die dag.
Dus besluit hy maar om vinnig eiers te bak aangesien daar nog brood is kan hulle dit vir ontbyt eet.Toe Cole uiteindelik klaar gemaak het gaan sit hy aan tafel sodat dayne hom kan bedien dit is die eerste keer wat Dayne ontbyt maak. Hy bring dan die kos tafel toe en skink vir Cole koffee en maak dan weer sy eie beker vol. Toe hulle regoor mekaar sit. Vra Dayne nederig om verskoning omdat hy gisteraand so oor reageer het.
"Dus oraait my bru , ek moes ook nie so karing nie." antwoord Cole."Dit is net dinge wat ek gedink het sal nooit weer op kom , kom skierlik weer op. En nou het ek 'n bietjie inerlike konflik met myself"
"Op die einde van die dag moet mens jou demons face.Het dit te doen met die meisie wie jy jou nommer gegee het ?"
Daar was begrip en teerheid in Dayne se oë"Ja"
"Soos ek jou nou die dag gesê het moet nie laat sulke klein dinge jou onder kry nie."
As Cole maar net wil weet hierdie is gans 'n klein ding nie.
"Oraait genoeg met die boring talk oor die lewe.Kom ons maak liewers dat ons weg kom."
En dit staan hy op en gaan na sy kamer om sy sak te kry en dan kry hy die gedagtes van die notas wat hy moet vir Katy saam vat. En sit dit dan gou in sy sak.
"My bru kan ek die notas in jou kar los , moet dit vir iemand gee vandag maar die persoon is eers vanmiddag beskikbaar."
"Geen probleem nie , ek gee jou somer die spaar sleutel want ek het daai tyd klas"
"Regso."
Cole het vir Dayne afgelaai by die mediese hek, en is toe weg.
************
Josh het vir Dayne sit en wag in die cafeteria van die hospitaal aangesien dit weer 'n praktiese les vandag is hulle almal is in groepe van twee verdeel en elkeen gaan vandag saam met 'n dokter rondtes doen by hulle pasiënte.
Die twee groet mekaar en gaan soek na Dokter Veldman se kantoor want hulle twee gaan rondtes saam met hom doen.
Oppad soontoe sien Josh een van die medikasie kasse oop staan.
"Bra Dayne. Die is mos ARV's right?"
"Ja dit is ek dink nie ons moet hier wees nie."
Josh sit 'n dosier van die pille in sy rugsak.

YOU ARE READING
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........