DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 31“Bra D jy het mos kwaai gisteraand te kere gegaan , wat daai man jou gemaak? “ Vra Tiger die oomblik toe Dayne opstaan om te pee.
“Naai my bru , daai vark het my tannie vrek gemaak .”
“Rerig? Naai dan moet sy kop waai voor die einde van die week”
Maak Tiger duidelik.“Aweh ons moet hom vrek maak my bru gaan jy my help?”
Dayne is baie determined want hy haat daai man met sy hele lewe.
“Ek en bobo sal jou one hundred en ten percent help moeti checki my laaitie.”
Bobo stem net hoog en laag saam dat hy ook deel van die plan sal wees om vir Derek dood te maak.
“Ons moet net ‘n ou kappie chise by een van die braze hier en ons is nxa ons maak hom kak waneer ons yard skoon maak dai is die perfect time”“Aweh bra Tiger , perfect plan” chorus Dayne .
Dayne gee nie ‘n hel om oor wat met hom gaan gebeur as hy sy toppie dood maak nie, die ergste het klaar gebeur hy het niks om nou te verloor nie.
“Is jy seker jy sien kans bra D” vra Bobo
“Aweh ek doen ek het niks om te verloor nie, daai vark moet vrek.”
“Welcome , welcome in die click my bra, so praat ‘n ou mos ons dala die ding!”
Tiger staan dan op om vir Dayne ‘n erinstige fist pump te gee.
Bobo in die anderkant lyk nie te seker oor die plan nie dit lyk asof hy nog ‘n bietjie huiwer.
“Ouens as julle daai man doodmaak beteken dit ons gaan nog paar jaar dalk lewens lank by kry”
“Nai Bobo jy is verniet geworry”
“Life jy is bobo ons is klaar hier ons might aswell just make the best out of it” voeg Dayne by.
“My laaitie wil jy nie hier uit kom nie? Jou toekoms is so helder jy het nog baie om daar buite te doen mense se lewens te red en jy wil liewer hier vrek?”
Wat Bobo sê laat Dayne ‘n bietjie dink.
“Maar hy het my Tannie vrek gemaak.”Tiger is doodstil.
“Hy het ja maar hy kry mos nou sy straf, jy aan die anderkant my laatie jy het soveel om voor te lewe die tronk is nie vir jou nie, en God sal afreken met jou Pa gee net tyd sy dag sal kom”
Bobo het glads die bybel uit gehaal om vir Dayne uit die ding te praat maar Dayne is totaal en al nie by dit nie. Hy staan by Bra Tiger se plan om onslae te raak van Derek.******
Erin kom die basement binne.
“Vrek jy vokken stink Katy.”
Katy het in haar broek vuil gemaak aangesien sy nogsteeds in die stoel vas gemaak is.“Mammie Asseblief maak my los, ek belowe”
“Ek glo jou nie Kat, en ek ken jou mos baie goed jy gaan polisie toe gaan die oomblik as ek jou los maak.... “
Sy is dan weer uit by die deur, katy sit en huil.
Toe sy terug kom, kom sy saam met ‘n lang groen pyp, sy hardloop dan terug om die kraan oop te maak.
Sy spyt vir katy met die pyp af, is net water op die vloer en Katy se gemors, dit vrot behoorlik.
“Wat the hell maak mammie??”
“Ek was jou stink gat, jy het hierdie gemors veroorsaak en nou sal jy maar die reuke moet trotseer.”
“Jy is vokken siek in jou kop! Siek! Joshua gaan tog een of ander tyd wonder wat met my gebeur het.”
“Arg praat jy van daai tik kop, hy worry nou nie eers oor jou nie solank hy net sy stuff het, en besides Kat dit was ‘n deal hy het sy geld gekry wie sê hy sal nog worry oor jou?”
“Hy is lief vir my, mammie sal nog sien!”
“Same Kat nie as ek jou foon het en namens jou boodskappe stuur, jy is ‘kamig weer opgeneem in die maal hospitaal en kan nie besoekers sien nie’”
“Mammie is siek!! Sodra ek hier uit kom sal jy die res van jou lewe in ‘n maal huis deur bring of better jy moet tronk toe vokkof!”
Erin stap nader en gee vir Katy ‘n moerse klap.
“Jy praat nie so saam met my nie!”“Wat gaan jy doen my nog ‘n klap gee? Bring it on vuil gat!”
Erin hak dan nog met paar klappe af.
“Jy kry nie vandag kos nie!”
Sy druk dan ‘n nat kous in Katy se mond.
Sy sluit dan weer die basement deur en gaan na haar kamer om vir Josh te bel.
“Joshua! Ek hoop dit gaan nog goed, het jy toe die deliveries gedoen? Want ek wag vir my geld.”
“Aunty Erin, ek het nog nie daar by uitgekom nie, Tannie skuld my nog ‘n tien duisend rand”
“Joshua! Luister jy my mooi ek het jou mos betaal, maak net seker dat daai drugs verkoop word, ons suplier raak ongeduldig.”
“Tannie het laat ek Dayne verlei sy toekoms is daarmee heen en Tannie betaal my vrek min vir al daai neh vok! As ek nie my tien duisend kry nie vreet ek die geld wat ek maak of ek gaan polisie toe en vertel hulle alles van Tannie en Katy se plan.”
“Dreig jy my? Ek is nie iemand wat mee gemors kan word nie, dit kan ek jou belowe klein manetjie. “
“As Tannie , nie vir die dealer sy geld gaan gee nie is tannie in die moeilikheid, so dink mooi. My tien duisend rand of die dood.”
Erin raak benoud.
“Jy sal jou tien duisend rand kry !”
“Goedso, as Tannie vir Katy gaan kuier stuur tog groete asseblief ek verlang haar.”
Erin het die foon dadelik in Josh se oor neer gesit.
“Hy mors met die verkeerde meit.”
Word vervolg.
ESTÁS LEYENDO
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........