DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 13
Katy lê op haar bed in haar kamer sy het seker gemaak die deur is gesluit sodat Rovida nie weer kan in storm soos laas keer nie.
Sy is besig om haar Ma te bel. Die foon lui vir ‘n rukkie voordat dit voicemail toe gaan.
En sy bel toe weer vir ‘n tweede keer en die foon lui en lui tot dat dit weer oor gaan voicemail toe.
Sy sug “Waar is die aunty nou weer!” sy bel toe weer en bid laat haar Ma net moet optel.“Hello my Kind!”
“Uiteindelik ! Waar loop ma hierdie tyd van die nag rond?”
“Arg nee Katy dis mos nie hoe jy jou Ma groet nie. Ek was in die basement het paar van my ou klere daar weg gaan sit, en die foon het ek hier diep in my kamer gelos.”
“O want ek wonder nou waar is Ma weer besig. Het jy toe reg gekom ?”
“Natuurlik, het ek die landlords van vandag is so dom hulle gee vir enige Jan rap en sy maat confidential information. Ek nog gedink ek gaan sukkel”
“Goedso Ma. Ek ook gehuiwer maar het darem ‘n plan B gehad sou ons nou sukkel om die kamer nommer te kry. Wat het Ma van sy kamer maat uitgevind?”
Katy staan op en gaan sit voor die spieel en vir haarself dop hou terwyl sy wag vir haar Ma om haar in te lig.“Nie veel nie , hy is ‘n baie goeie seun kom van ‘n wel af gesin, maar sy swak punt is drama. En jy moes hom mos op Facebook uitcheck but die ou tief moet altyd die werk doen aih Katy.”
“Hoe meen Ma nou? Besides die ou tief ken haar storie beter as die jong tief so good job ou girl.”
“Hy studeer drama en wil graag een van die land se beste akteurs word, so ek het ‘n plan hoe ons hom uit die pad gaan kry.”
“Uhmm ek luister”
Katy se Ma lê toe vir haar die plan voor in detail en sy hou nogals van die plan en glimlag soos ‘n kat wat sopas vars melk gekry het.
“Ma is ‘n boss. Rerig ek moet se alles is brilliant.”
“Jy moet net instruksies volg my liewe kind en alles sal goed verloop moet nie kop verloor nie.”
“Ek belowe ek sal nie , Dayne Matthews gaan nie die sien kom nie.”
Sy baars weer uit met ‘n lag terwyl haar Ma nog aan die ander kant van die foon is.
“Katy het jy jou medikasie gedrink?” Vra Erin katy se Ma toe sy haar verspodige lag hoor.
“Natuurlik het ek Ma.”
“Ek maak net seker want jy weet is belangrik om jou medikasie te drink, as jy dit nie drink gaan jy weer terug na daai maal huis toe. En ons soek nie dit nie right?”
“Sal Ma nou ophou karing asseblief , ek het my pille gedrink!”
Dus druk sy die foon in Erin se oor toe.“Verflaks dom Ma! Hoekom sal ek nou nie my pille drink nie???” sy gooi haar foon op die bed en haal dan rooi lipstiek uit haar handsak en skryf op die spieel.
Groot ‘DAYNE SE DAE IS GETEL.’
“Perfect!” sy baars dan weer uit met ‘n lelike lag.
Voordat sy haarself neergooi op haar bed.**********************
Die volgende oggend is Josh en Dayne heel eerste wakker om te check of Cole nog asem haal.
Dayne het ‘n verskriklike kop pyn, en Josh wys nie eers ‘n teken da thy gisteraand dronk was of babelaas het nou nie. Die twee is na die bank toe waar Cole op lê sonder ‘n woord.
“Hy lewe nog” fluister Josh
“Dankie Here!” antwoord Dayne kliphard. Cole se oë raak dadelik oop“Sien jy nou die onskulidge Cole wakker gemaak” bars Josh met ‘n lag uit.
“Ouens man! kan julle nie laat ‘n man nog ‘n bietjie slaap nie is nog vroeg om so aan te gaan”
Cole is nog lekker deur die slaap maar sy stem toon was bo die dak.“Die son is al uit my bru. Jy vergeet ons moet nog na ons flat toe gaan”
Josh gaan in die kombuis om Coffee te maak vir almal terwyl Dayne vir Cole op help.“Ja Dayne so lyk braai nuh”
Josh lag lekker in die kombuis “Is dit wat Dayne vir jou gesê het?”
“Ek moes net ouens anders sou Cole nooit eers vir my gebring het of eens gebly het”
“Cole is jy dan so erg?” vra Josh uit die kombuis terwyl hy wag die ketel om af te slaan.
“Ek is nie , alles wat ek gelees het oor rook en alcohol, maak my net bang”Dan antwoord Dayne “Ja hy ken meer oor wat alcohol aan die lewer kan doen as wat ek en jy ken bra”
“Vrek, wat studeer die bra dan?”
“Heey julle gaan nie so van my praat in my teenwoordigheid nie” spring Cole in.
“Is ‘n James Bond in the making hierdie” antwoord Dayne Josh se vraag.
Josh bring toe die coffee aan wat hy gemaak het. “Nee bra jy kan maar kom medies saam met ons studeer want jy kan meer as wat ons ken”
Cole het maar niks gesê nie , hy net die coffee gevat en voor hom neergesit terwyl hy sy kop vas hou.
“Kop pyn?” vra Josh
“Ja” antwoord Cole.“Okay ek kry nou vir jou iets.”
Josh gaan dan in sy kamer en bring pyn pille vir Cole, Dayne kyk vir Josh met ‘n aandag.
Dit kom vir hom voor dat Josh meer as net ARV’s steel.
Maar hy sê maar niks nie.
“Dus nou tyd om huistoe te gaan.” Maak Dayne dit duidelik nadat hulle klaar die Coffee gedrink het.
“As jy kon bestuur kon jy nou bestuur het, want die kop pyn gee hel nou en ek kan nie op ‘n leë mag die pil drink.”
“Wel jy sal maar nou net moet bestuur jong”
Die twee is pratend uit by Josh se flat deur.
Word vervolg.
Ones beweeg stadig maar seker na die GROOT plan van Katy en Erin🙈 sal Dayne hierdie in tyd sien ?

YOU ARE READING
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........