Hoofstuk 24

20 1 0
                                    

DAYNE

Deur Jay

Hoofstuk 24

Dayne het skuldig gevoel omdat Cole so vir hom alles doen nadat Cole hom bus toe gevat het. Het hy hom ‘n stywe drukkie gegee dit was amper of hy vir ewig groet maar hy moet net terug keer sodat hy kan ontmoet met die prokureur wat Prof Lara vir hom gekry het.

Hy belowe homself dat as hy uit hierdie gemors kom , hy plan sal maak om elke sent van Cole terug te betaal .

Die reis huistoe was swaar vir hom, hy het nie eers eenkeer sy oë toe gemaak nie. Hy probeer agter Katy se plan kom en dan is daar die skuld gevoelens van hy wat basies sy Ma se dood veroorsaak het deur haar net daar te los.
Hy leeun sy kop teen die bus venster met soveel hartseer en woede in sy oë.

Toe hy weer sy oë uitvee sien hy die dropie. Hy glimlag dan breed want hy tog die plek verlang. Toe hy sy voete uit by die bus sit haal hy diep in en uit asem net om die vars lug van die dorpie in te asem.

“Home sweet home. Al is die nie ‘n pleasant kuier nie is dit steeds huis.”
Fluister hy toe hy sy sak kry.
Hy loop dan na die taxi rank om ‘n taxi huistoe te kry.

Soos die taxi deur die strate ry begin hy elke klein dingetjie onthou hoe hulle altyd gespeel het in die strate en hoe hulle nonsies aangevang het. Dit was die gelukkige ou dae.

Hy klim dan by ‘n hoek af wat nie ver van hulle RDP huisie is nie.

Soos hy loop na die huis groet tannies hom in die straat.

“Welkom tuis Dayne” Gee aunt Maggie die buurvrou vir Dayne ‘n drukkie toe hy net by die hek in kom waar sy Ma gewoon het.

“Dankie Aunt Maggie.”

“Jou Ma jou so verlang, dis nou ‘n jamerte dat jy moet kom in sulke omstandighede.”

Dayne het behoorlik die knop in sy keel gesluk voordat hy kon vra waar Kari is. Sy sister.
“Sy is daar binne in die kombuis besig om tea vir die groot mense te maak.”

Hy loop dan stadig maar seker na die klein kombuis deur hy weet nie wat om te verwag nie.

“Uiteindelik dag Dayne Matthews die moerse man op.” Maak Kari ‘n opmerking toe Dayne die kombuis deur binne gaan.

“Dis mos nie hoe jy jou ou boetie groet nie my kind” Maak een van Dayne en Kari se oom’s ‘n opmerking.

“Kari asseblief .” smeek Dayne.

Sy het die kombuis dadelik verlaat en uit gestorm.

“Kom gaan berê jou sake Dayne, jou Ouma en Oupa en somige van jou anties sit daar in die sitkamer hou reeds vergadering oor die begrafnis so gaan sit jou sake daar binne dan kom sluit jy aan jy is immers die oudste.”
Beduie Oom Carl vir Dayne.

Hy doen ook wat Oom Carl sê.

Toe hy die sitkamer binne gaan is sy aunties sy Ma se sisters in trane toe hulle hom sien. Trane van blydskap.
Merrel wat sy Ma se oudste sister was het glads opgestaan en hom ‘n drukkie gegee.
“My kind ons is almal jammer ons het geweet Derek slaan aan  Katrien maar ons het al die jare niks gedoen nie, niks gedoen nie ek is jammer ons is jammer Dayne.”
Huil Aunt Merrel terwyl sy Dayne in ‘n drukkie versmoor.

Dayne het niks gepraat nie net een traan het sy oog verlaat. Hy self voel verantwoordelik vir wat gebeur het. Daar was soveel geleenthede om sy Pa oor te handig aan die owerhede, soveel maar hy het sy Ma en sy sister altwee misluk.

Sy aunty het hom gelos en hy het op een van die banke in die sitkamer gaan sit.

“Ek is ook jammer Familie dat ek nooit moeite gemaak het om hier uit te kom nie. Ek was besig. Maar ek is nou hier.”
Vra hy verskoning maar hy het nie einlik hulle vergifnis nodig nie hy het sy Ma se vergifnis nodig.

Oom Andrew sy Ma se enigste broer het begin om begrafnis reëlings te bespreek.

“Katrien het geen polise gehad nie en dus gaan die staat ons help om haar te bergrawe, ons moet maar net donasies gee vir Kos al koop ons net 3 sakke hoender en dan kan ons maar meel koop vir brood maak”

Dayne het sy kop gehou, dis nie hoe hy sy Ma wil begrawe soos ‘n hond. Maar hy kan niks omtrent die saak doen nie.

Nadat die vergadering klaar is, besluit hy om bietjie buite rond te loop.
Die plekkie lyk  en voel anders sonder Katrien.

Sy sister het dan weer terug gekom.
“Kan ons praat Kari?” vra hy met ‘n nederige stem.

“Waaroor moet ons praat Mister Hot Shot Dokter?” antwoord Kari hom met ‘n houding wat stink.

“Asseblief Kari Ma is nie meer met ons nie ons het nou net mekaar. “

“Okay ek luister.”

“Jy verwag tog nie ons moet erinstige sake by die hek bespreek nie.”

“Okay Dayne kom ons gaan dan kamer toe.”

Dayne agter volg dan sy sister na hulle Ma en Pa se kamer, hy maak die deur agter hom toe.

“Dit was nooit my intensie om julle net hier te los om nooit weer te kom kuier.”
Begin Dayne te praat.

“Nooit jou intensie?? Toe jy vlug kans kry so called Boetie!! Toe dink jy nie aan ek en Ma nie! Jy het geen idea waarmee ek elke dag vir die twee jaar moes deal nie DAYNE!! Jy het geen idea nie. Ma het elke dag gehuil oor jou , sy het elke dag gebid dat jy huistoe moes kom. Ek moes elke dag hoor oor as Dayne sy dokters graad het kom haal hy ons......... weet jy hoe ek en Ma altwee die jare probeer om bid het?”

Sy is so kwaad dat die trane begin rol en sy nie eers mooi kan praat nie sy half skreeu op Dayne. En hy staan net daar teen die hang kas met trane wat sy oë ook verlaat.

“Ek is jammer......” dit is al woorde wat sy mond verlaat.

“Jy moes aan jammer lankal gedink het Dayne! Ek verstaan die feit dat jy gaan studeer het vir ‘n beter lewe vir ons, maar ek verstaan nie die feit dat jy nooit huistoe gekom het vir vakansies nie, was ek en Ma dan so afskewelik vir jou?”

“ Kari dit is nie hoe dit lyk nie, ek wou nie weer onder die monster se dak woon nie. Jy het geen idea nie, hy het nog nooit vir jou geslaan laat jou neus bloei nie hy het nog nooit sy vinger vir jou gelig nie! So jy sal nie verstaan hoekom ek moes wegbly nie. Die dag toe ek loop het hy my die dood belowe as ek weer my gesig hier moet wys.”

Kari trek dan haar T-shirt wat sy aan het uit sodat Dayne haar bo lyf kan sien wat vol blou kolle is.

“En jy reken hy het nooit aan my geslaan nie huh??? Kyk net hier Dayne kyk net hier. En despite alles of jy vir hom bang was of nie mens kom kuier jou Ma.”

Dayne het net daar gestaan trane het gerol , maar dit was trane van woede.

“Een donderse mens , het al hierdie skade gerig een donderse mens Kari “

Hy sak in een voor die hangkas

Kari het langs hom gaan sit en die twee het mekaar omhels en hartseer sit en huil .

Word vervolg.

DAYNEWhere stories live. Discover now