DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 8
Josh het paar minute later in die klas opgedag. Sy oë het gesoek vir Dayne en dus gevaar hy waar dayne sit en stap direk na hom toe en sit langs hom.
“Ek is jammer oor vroeër, ek moes liewer die pille gelos het!” fluister hy.
“My bru dus nou gedane sake kom ons vergeet liewer daai het gebeur!”
Dayne se gedagtes is nie nou by Josh en die pille nie, sy gedagtes is gefokus op wat prof Lara hom paar minute terug gevra het. Hy is desperaat en kan nie bekostig om ‘n module te dop nie. Sy is sexy en aantreklik maar die ouderdom verskil tussen hulle twee laat hy nogals bietjie ongemaklik voel.
Josh kom agter dat dayne op ‘n heel ander planeet is “Waar is jou gedagtes weer? Tog nie weer by Katy Baxter?”
“Wat! Nee my broe dis glad nie. Wat sal jy doen as iemand wat amper jou Ma se ouderdom is jou vra om saam met haar te slaap?”
Dit moes nie uit sy mond gekom het nie maar hy wil graag Josh se opinie hoor is nie te se hy gaan hom alles vertel nie.“Wel toe nou is jy besig met ‘n sugga mammie?”
“Moenie laf wees nie man. Antwoord tog my vraag”
Prof lara is besig om les te gee en te vertel hoe dit gegaan het met die merk van die toets. Maar Dayne en Josh hou hulle eie geselskap onder langs.
“As sy so sexy en hot is soos die ou tannie wat hier voorstaan my bru dan sal ek nie nog twee keer dink nie, seks is net seks!”
“Dankie wou net dit hoor kom ons fokus nou!”
“Nie voordat jy my vertel watter ou tannie se pakkie jy wil slaan!”“Ons almal het geheime so hoe minder jy weet hoe beter my bru.”
“Lekker secretive bra Day. Laat weet maar net hoe dit was!”
Dayne gee josh net ‘n kyk en dan fokus hy, maar hy fokus op al die verkeerde goed. Skierlik kom hy Prof Lara se sexy boude agter en hy hou haar lip bewegings stiptelik dop.
Hy het skaars gefokus op wat sy besig was om te onderig. En toe die klas uit is en hy verby haar stap om uit te gaan knip sy vir hom oog.Hy gee dan ‘n awkward smile terug, en stap dan agter Josh die klas deur uit.
“Nou is ek defintief honger!”
“Jy is gelukkig want ek het vir jou ‘n toebie gekoop.”
“Jy is ‘n life saver my broe. So vertel my wat gaan jy met die pille maak?”
Vra hy terwyl hulle sommer maar op een of ander bankie gaan sit onder ‘n boom.
“Ek jou mos gesê ek bly langs ‘n supplier so basies steel ek vir hom die pille my bru hy betaal my goed en jy weet ek sukkel maar met rent my beurs cover mos nie dit nie, so die geld kom in handy! Ek weet dis verkeerd om te steel maar soms het mens nie ‘n keuse nie.”
Dayne voel dadelik sleg hy het Josh gejudge sonder om die omstandighede te ken, hy het nou meer begrip hoekom Josh dit gedoen het al stem hy nogsteeds nie saam nie.
“Ek verstaan nes jy daar sê bra soms het mens nie ‘n keuse nie, maar soms kan mens tog iets anders doen daar is baie opsies, jy kan altyd part time waiter of iets soos daai want vertou my jy gaan een of ander tyd uit gevang word.”
“Jirri Dayne !! as ek ‘n ander keuse gehad het sou ek vertrou my , my bra! Waiters verdien peanuts! Peanuts my outie! Sal nie eers die helfte van my rent geld dek nie.”
“En jou ouers ? kan hulle nie help?”
“My bru sal ek nou die doen en my ouers kan help? Bra jy van aller mense moet begrip het oor hoe swaar dit gaan met ons kleurling mense in ons gemeenskappe.”
“Ek verstaan meer as wat jy dink. Maar wees versigtig.”
Josh het net vir Dayne gekyk sonder ‘n woord. Hy weet dat hy moet stop met wat hy besig is maar hy doen dit nou al vir 2 jaar en niemand het hom uitgevang nie. So hoekom sal hulle nou vir hom uit vang.
Josh is op sy foon besig en Dayne op syne.
Daar kom ‘n boodskap deur vanaf Katy.
K- Goeiedag, hoop nie jy het die notas vergeet nie!
D- Maar natuurlik nie !
K – ‘n goeiedag terug kan darem mos nie skade doen nie of hoe?
D- Jammer ek sit in die klas.
Lieg hy vir haar.
K – okay dan stuur my net die location waar jou roomie se kar gepakeer is, en ek kry jou so 3 uur se kante daar.D – OKAY!!!!
En dus stuur hy die location waar Cole sy kar pakeer het.
**********
Katy sit en wag in haar rooi mini coper by die pakerings area wat Dayne haar gestuur het.
Sy stuur dan haar Ma ‘n boodskap.
‘Mammie vandag is die dag, ek gaan uitvind waar hy bly ! wish me luck!”
‘Ek weet jy kan dit doen. Ons praat later!’
Sy lees haar Ma se boodskap en gooi dan haar foon op die passenger seat.
“Waar draai Matthews! Dis al past 3! Vrek hy het nog lankal nie sy manier gelos van laat opdag nie!”
Praat sy met haarself terwyl haar kop op die stuurwiel leeun.
En dus lug sy haar kop om haar foon te kry om vir dayne ‘n boodskap te stuur.
‘waar draai jy ek moet huistoe!!”
‘ek is nou daar wees geduldig’
Net paar sekondes na die laaste boodskap sien sy Dayne aan kom sy klim dadelik uit haar kar sodat hy haar kan sien.
“Hier is ek!!!”
“Ek het jou gesien! Kom hier is my bra se kar parkeer jy hoef nie saam te loop jy kan net hier staan”
“Nee toe ek gee nie om, om saam te loop nie! besides ek en jy het nog lankals gesels!”
Die uitdrukking op sy gesig dui al klaar aan dat hy maar min lus het vir haar, hy praat skaars sy voseer ‘n geselskap.
Toe hy klaar vir haar die notas gegee het is hy weg terug na Josh toe, want hulle het nog klas.
Katy is terug na haar kar toe maar sy besluit toe om die nommer plate van Cole se kar af te neem.
“As hy sy kamer maat is , dan beteken dit ek sal presies weet waar hy bly voor die son sak vandag!”
Sy is so determined dat sy nie na haar laaste klas toe gegaan het vir die dag nie sy het vir ure en ure daar gesit en wag vir Cole om op te dag…….
Word vervolg.

YOU ARE READING
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........