DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 9
Cole is oppad na sy kar toe, hy het sopas klaar gekry met oefeninge.
Hy klim toe in en stuur vir Dayne ‘n boodskap om uit te vind of hy al by die flat is of nog op kampus. En dis vind hy uit dat Dayne alreeds by die flat is.
“Die lui gat het sowaar vandag woonstel toe geloop!” glimlag hy terwyl hy die kar start.Die start van Cole se kar het ‘n slapende Katy wakker gemaak, sy het so lank gesit en wag dat sy aan die slaap geraak het.
Sy ruk haar vinnig reg en start ook haar motor en agtervolg vir Cole maar sy ry nie direk agter hom nie anders gaan hy agterkom sy agtervolg hom.En toe hy optrek by die woonstel kom sy agter dat, hulle net ‘n paar blokke naby haar woonstel waar sy huur bly.
“Amazing nou weet ek waar jy bly Dayne Matthews! Ek moet nou net die woonstel nommer uit vind en meer oor jou kamer maat en dan het ek jou waar ek jou wil hê!”
Sy parkeer haar kar buite die woonstel , en neem dan die gebou af. En stuur haar Ma die foto van die gebou.
‘ek sal op google search wie die eienaar is van die gebou en dan sal ek bel om meer inligting te kry oor waar presies hy in die gebou bly. Find jy solank op facebook uit wie die roommate is en wat hy doen, want as die plan moet uit gevoer word moet hy glad nie teenwoordig wees nie’
‘Dink Mammie rerig die eienaar sal sulke informasie vir Mammie gee? Is dit nie confidential nie ?’
‘My kind , ek is ‘n ou tief ek ken wat ek doen! As sy “ma” kamstig bel gaan die eienaar geen keuse het as om my inligting te gee nie!’
‘Mammie is smart! Wat het ek gedoen om so ‘n awesome Ma te kry. Ons praat dan later ek moet nou ry!’
‘Regso my Kat!’
Sy gooi haar foon op die passenger seat en kyk vir ou laas die gebou voordat sy weg ry.
****
Cole maak die flat deur oop en gaan binne. Hy is eers na sy kamer toe en dan besluit hy om te check of Dayne okay is want dit is te stil.
Hy klop aan Dayne se kamer deur maar geen antwoord nie nadat hy seker vyf of ses keer geklop het besluit hy om die deur oop te maak. Die kamer is donker dus sit hy die lig aan maar daar is niemand nie, die bed is netjies opgemaak daar is geen bewyse dat Dayne hier vir die dag was nie. sy sak is nie eers te siene nie.
Hy begin bekommerd raak en bel , maar daar is geen antwoord nie die foon lui en lui net.
“Dus vreemd want hy het dan gesê hy is hier, en die is mos nie hy nie. en dit op ‘n donderdag iets is nie reg”
Praat Cole met homself terwyl hy die hele woonstel vol loop besig op sy foon
Hy sien dat Dayne nog paar minute terug online was toe hy nog gevra het of hy by die woonstel is.
Hy stuur dan ‘n boodskap maar dit wys net een streep. “Miskien is sy foon af! Hoekom sal ek my bekommerd oor Dayne! Hy is groot genoeg om na homself te kyk!”Cole probeer homself ooreed dat Dayne nie sy verantwoordelikheid is nie, maar tog nog probeer hy hard om net uit te vind of hy oraait is.
Hy gee net om vir sy roommate dit is tog nie ‘n slegte ding nie.Die tyd het al vir 8 uur gegaan en geen Dayne nie, Cole het al op die bank aan die slaap geraak so sit en wag hy.
‘N dronk Dayne kom die deur binne, Cole het dadelik wakker geskrik toe die deur van die woonstel oop gaan.
“Waar was jy? En hoekom lyk jy so?”
Vra ‘n deur die slape Cole.“My…. My Bruuu!” praat dayne sleep tong.
“Vrek op ‘n Donderdag aand is jy erinstig?”
“Cole, ek nie nou , nou , nou ‘n preek nodig nie jy vokken erger as my tannie!”
Hakkel Dayne terwyl hy hom op die bank neer gooi.Hy het nie eers die deur agter hom toe gemaak nie.
“Ek preek nie weet jy hoe bekommerd ek was?”
“ja, ja , ja sssht nou ek is moeg!”
Cole wou nog iets terug sê maar dayne is weg aan die slaap. Hy gaan sluit dan die deur en gaan haal ‘n kombers uit Dayne se kamer om hom toe te gooi. En dus besluit hy ook om maar te gaan slaap.
Hy sal moreoggend met die dronkie praat want dit is so uit karakter uit.
Wie en wat is Dayne besig om te word dus nie die klong wat ek ken of geleer ken het. Dink hy terwyl hy in sy bed lê.
Word vervolg.

ESTÁS LEYENDO
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........