DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 4
Die gesprek wat Dayne met Katy gehad het , het hom begin pla. Hy het skierlik begin voel hoe swaar hy asem haal en dus pas hy die tegniek van diep in en uit asem haling toe. Hoe meer hy probeer konsentreer op die boek en notas wat voor hom lê hoe meer en meer speel die whatsapp boodskape in sy kop af.
Hy onthou dan dat daar ‘n twinty cigarette in sy sak lê dit is nie syne nie, dis Josh sin wat hy in Dayne se sak vergeet het een van die vorige weke.
Hy staan dan op en gaan na sy rugsak en haal die twinty uit en haal dan vir hom een uit, en loop vinnig kombuis toe om dit by die stoof te light, en so vinnig as wat hy dit light is hy reguit kamer toe sodat Cole nie kan agter kom nie. Maar met die eerste trek hoes hy so hard dat hy seker is Cole het gehoor, maar hy het toe nie gehoor nie. Dit is die eerste keer wat Dayne rook. Nadat hy die eerste cigarette klaar gerook het besluit hy om nog een te gaan light.“Dit help darem met die druk wat ek nou voel, longetjies julle moet maar nou sterk wees.” Praat hy met homself terwyl hy die rook uit blaas.
Hy besluit om die kamer venster oop te maak net om die rook reuk uit te kry.
Alles begin weer in sy kop afspeel die ding wat tussen hy en Katy gebeur het. En hy dink by homself as hy maar net tyd kon terug draai en dinge probeer anders doen.
Dit begin hom so erg pla dat hy sy boeke van die bed af gooi en besluit om te slaap.*******
“Is alles okay D?” Het Cole tussen happe ontbytkos gevra
Dayne wat regoor Cole sit se gedagtes het gedwaal hy het skaars ‘n woord gehoor wat uit sy kamer maat se mond kom.“Lyk my die liggies is aan maar niemand is tuis.Kom ons loop.”
“Jy kan maar gaan ek het eers 11 uur klas” lieg Dayne vir hom.
Cole ken by die tyd Dayne se schedule en weet dat hy nou besig is om vir hom te lieg maar hy steer hom maar nie en is aleen weg.
Dayne is besig om onrustig te raak , hy besluit toe om sy notas uit te sorteer en die boeke op te tel wat hy op die vloer gesmyt het las nag.
Dus vang dit hom by Josh het mos gister ‘n aanbod gemaak miskien is dit nie ‘n slegte idea nie.
Hy wil nog ‘n whatsapp boodskap vir Josh stuur maar dan dink hy om te bel gaan die proses so veel viniger en gemaklik maak.
Hy het nie nog vir Josh gegroet nie hy het net straight tot die punt gekom.“My bru ek nodig nou daai weed maak ‘n draai vir ‘n vinnige rook dan kan ons somer saam klas toe stap.”
Josh was so bly aan die ander kant van die foon om uiteindelik te hoor sy mede mediese student wil saam met hom ‘n zol rook.
“Aweh stuur my net jou address brah weet mos nie waar jy bly.”
Dus drop dayne die foon en whatsapp dadelik vir josh sy location.
Dit was skaars paar minute en Josh dag op.
“Aweh maak jou comfortable daar op die couch. Ek is nou met jou.”
Josh het homself op die couch gemaklik gemaak terwyl hy die weed zol aan mekaar slaan.
Toe hy die zol klaar geswaai het steek hy dit aan die brand en begin rook terwyl hy vir Dayne wag wat besig was in sy kamer.“Heee bra kom voordat ek die hele ding aleen rook”
Dayne kom ook hastig uit die kamer uit met sy rugsak en sit langs Josh.“hierso! En vat dit stadig jy moet trek en dan hou jy die rook vir paar sekondes in voordat jy dit uit blaas” gee Josh vir hom instruksies.
Dayne doen nes Josh sê maar soos hy uit blaas hoes hy verskriklik.
“Ek het jou gesê stadig!” vererg Josh hom vir dayne wat nie doen soos hy sê nie.
“My bru die voel dan kak goed! Kom ek trek nog!” Die eerste trek het hom na meer laat smag en in paar minute se tyd het hy die hele zol so te se aleen klaar gerook.
“Jy vat jou mos great , ek wonder wat het verander tussen gister en vandag?”
Mens kan in Dayne se oë sien dat hy lekker high is.
“My bra ek het besef dat ek nog kak jonk is so ek moet die wêreld se goed geniet.”
Josh het begin lekker kry “Dus hoe ‘n 22 jaarige moet praat , aweh masekind laat ons waai. Ons is by daai sexy jong prof met die lekker boude”
Hulle besluit dan om te loop maar die opstaan van Dayne was bietjie heavy gewees hy het amper geval en Josh het net gelag want hy weet hoe dit is wanneer jy vir die eerste keer weed rook.
“Is jy seker jy sien kans om kampus toe te gaan?” vra Josh.
“My bru ek is oraait, kom ons waai!”
Hulle besluit toe om te loop, die son is vrek warm buite en dit help nie juis dat die twee gerook is nie. Die dagga is nou al so deur Josh se sisteem dat dit hom nie eers so kwaai afekteer soos dit vir Dayne afekteer.Dayne is in sy eie wêreld en lag vir elke ding wat verby kom.
“My bruu check die kat met horings!” Dayne vrek soos hy lag hy verwys na ‘n stil stande kar as ‘n kat met horings.
“Vrek BRA Day! Is ‘n kar my bru!” Josh lag laat die trane van sy oë afrol.
“weed doen lelike dinge aan jou kom ons loop ons gaan laat wees” Josh vat vir Dayne aan die skouer.
*******
Dayne het doodstil in die klas gesit en probeer fokus maar sy oë wil net toeval.“Josh ek is honger bra” fluister hy.
“Klas is nou uit wees geduldig. Check solank Prof Lara se sexy boude uit”
Prof Lara is nog bloed jonk vroeg in haar dertigs getroude vrou maar trek gereeld kort rokke aan, en daarom is haar klas permanent vol.
En voordat Dayne nog wil terug fluister kondig die jong professor aan dat hulle ‘n klas toets gaan skryf wat 50 persent van hul semester punt gaan tel.
Almal het dadelik begin gons want dit is onverwags niemand het geweet dat hulle vandag ‘n toets in die klas gaan skryf wat 50% tel nie.“Kalmeer, ALMAL! My woord is wet soos ek alreeds aan die begin van die jaar aangekondig het moet julle elke dag van julle lewe hierdie module studeer want ek het gesê ek is ‘n persoon wat onverwags vir julle gaan toets!” Maak Prof Lara haar self duidelik
En almal is dadelik doodstil. En toe vra sy dat paar studente haar moet help om die toets uit te deel.“Vrek my bru ons dop die toets.” Fluister Dayne.
En toe verseker Josh hom “My bru as mens gerook is dink jy die beste trust me ons ACE die toetsie”
Dayne aan die ander kant is nie so seker van sy sak nie, hy is honger en vrek moeg nou moet hy nog ‘n toets skryf.
Toe die papier voor Dayne gelos word dink hy nie nog twee keer nie hy kry skierlik inspirasie en begin skryf.En hy is somer heel eerste klaar.
“Is jy seker jy is klaar Meneer Matthews?”
Vra prof Lara
“Ja Mevrou, kan ek maar loop?”Almal is verbaas dat hy eerste klaar is terwyl hulle nog sukkel.
“As jy seker is dat jy klaar is kan jy maar gaan Matthews!”Dayne is soos wind by die klas kamer deur uit en reguit na die naaste kos winkel op kampus.
Word vervolg.
Sou vandag twee hoofstukke post maar ek wil nie aandag aftrek van die hoofstuk nie so hoofstuk 5 sal môre deur die dag gepost word 1 uur of 12 uur.
Dankie die terugvoering op die storie is awesome so ver. Waardeur elkeen van julle
KAMU SEDANG MEMBACA
DAYNE
RomansaDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........