Hoofstuk 15

38 1 0
                                    

DAYNE 
Deur Jay
Hoofstuk 15

Soos elke maandag oggend het Cole vir Dayne by die mediese hek afgelaai.

Josh die pille dief het hierdie keer vir Dayne by die ingaan van die hospitaal gewag.

“Yes ou hoe voel jou roomie nou? “ Vra Josh die oomblik toe Dayne naby hom is.

Dayne begin lag “Met ou Coletjie? die bra is ‘n heel nuwe mens.”

“Jy reken so ons kan maar nog ‘n kuier reël sy kar sal nogals handy in kom.”

“Jy is ‘n regte kans vatter my bru. Hy sal rerig nie weer nie dit was sy heel eerste woorde vanoggend.”

Die twee loop gesels gesels in die hospitaal in. 

“Naai my bru. Jy kan hom mos convince vir ‘n part 2 van vrydag aand. Ek likes nogals daai dude hy het nxa timing.”

“Gaan nie gebeur nie my bru, en besides ons moet study die naweek toets week is oppad.”

“Weer waar Bra Day, weer waar.”

Dayne wil hom vra oor die pyn pille maar huiwer ‘n bietjie.

“Josh.. uhmmm”

“Yes bra?”

“Hoeveel het jy toe gekry in daai toets van Prof Lara?”
Dayne wou vra oor die pille maar het maar gelos en wil liewers uitwis oor die toets se punt aangesien hy sy punt op ‘n onwetige en onetiese manier gekry het.

“Vyftig percent op die kop my bru ek was kak lucky en ek het so swaar daai toets geskryf maar die groen blare het deur gekom, dit is hoekom ek jou sê as jy dagga rook dan is jy die slimste. Hoeveel het jy gekry?.”

“Geluk ou broer. Ek het 80% gekry.”

Josh is verbaas , maar hy weet Dayne is ‘n slimkop maar hy wonder nogsteeds.

“Jy so vinnig klaar gekry ek gedog jy gaan maybe die toets dop.”

Dayne raak dadelik opstandig “Wat probeer jy sê?”

“Is nie nodig om jou stem toon so te verhoog nie, ek vra maarnet ek het niks probeer sê nie unless jy iets wegsteek.”

“Ek is nie jy wat pille steel nie.”

“Werk dit nou so?”

“Ek is jammer my bru, verstaan tog ek het vanoggend weer met ‘n ander houding opgestaan.”

“Nee bra Day alles wat jy sê bedoel jy, ek weet ek is nie perfek nie en ek het aan jou die omstandighede verduidelik maar nou gooi jy die elke keer in my gesig en ek moet net smile en sê alles is oraait. Nee Vok man! “
Josh is so kwaad vir Dayne dat hy somer verdwyn tussen die ander wit baatjies.

“Wag dit is mos nie hoe ek bedoel…..”

Maar Josh was lankal weg en Dayne het aleen gestaan en maar probeer notas vat.

Hy het sopas sy vriend kwaad gemaak, maar hy probeer net vir Josh keer, as al hierdie moet uit kom kan Josh vergeet van sy loopbaan as Dokter. Dit sal verewig op sy record staan dat hy ‘n dief is en dan gaan werk moeilik is om te soek. As Josh maar net dinge Dayne se manier kan sien.
******
Cole sit in sy kar in die parkerings area , hy sit en wag vir sy volgende klas wat eers oor ‘n uur is. hy is besig op whatsapp. En dan val dit hom by alles wat hy vir Dayne vanoggend gesê het en skierlik voel hy weer ‘n swaar donker wolk oor sy kop want hy het vir jare en jare nie oor dit gepraat nie dit was nie eerste keer in jare wat hy rerig weer oor dit gepraat het.
Hy het vrede gemaak met dit wat gebeur het en hy is ‘n ander mens. Maar hy weet nie  wanneer hy weer die deur van liefde gaan oopsluit nie. Hy is bang hy gaan dit weer doen.
Hy was nog lekker ingedagte toe sy foon lui…..

Dit is ‘n privaat nommer hy huiwer ‘n bietjie om te antwoord maar hy antwoord toe.

“Hello Cole Newman wat praat.”

Dit is ‘n dame aan die anderkant van die foon.

“Hello Cole jy is net die persoon wat ek saam mee wil praat.”

“Ek luister.”

“Ek het gehoor van jou uitstekende toneel werk wat jy doen, by een van die professor’s op kampus.”

“Dankie, maar ek is seker U bel nie om oor my werk te praat nie.”

“Ek doen , daar is ‘n geleentheid die naweek in Johannesburg om op ‘n audisie te gaan vir een van die land se Top soapies 7 de Laan , en aangesien jy nog ‘n student is en jy het nie ‘n agent nie stel ek voor ek word jou agent.”

Cole kan nie glo nie, dit klink te goed om waar te wees.
“Dankie maar, ek weet nie so mooi nie, jy sê die naweek? Johannesburg? Ek sal moet die aanbod van die handwys, ek kan nie bekostig om Johannesburg toe te gaan nie.”

“Wel alles is uitgesort, hotel kamer, vlieg kaartjies. Al wat jy moet doen is ja sê en ek stuur jou al my informasie en maak seker jy kry die script wat jy moet studeer vir die audisie.”
Die vrou klink baie seker van haar saak.

“Stuur my jou details end an sal ek terug kom na jou toe. Moet eers seker maak alles is legit, ek vertrou maar mense min. so as jy nie omgee wil ek eers my huiswerk doen dan sale k terug kom na jou toe. Watter professor het my aanbeveel.”

Daar is eers ‘n stilte aan die anderkant van die foon dis asof die persoon eers moet dink voordat sy kan praat.

“Du Plesis. Dus regso ek het al jou informasie hier voor my so, ek sal jou my details per e-pos stuur. Lekker dag dan veder Meneer Newman. En ek hoop ek hoor van jou af binne kort.”

“oh, ek sien sy is my gunsteling lecturer. Wat is U naam? Voordat ons kan groet wil ek darem weet met wie ek praat.”

“Liane Coetze is my naam.”

“Aangename kennis. Lekker dag vir U ook.”

Toe hy die foon afsit sit en smile, hy hy kan nie glo ‘n agent het pas met hom gepraat nie. Dit is vir hom ‘n geleentheid wat hy net eenkeer kry.

“Wow 7de laan.”
Dit is al wat uit sy mond gekom het.

Word vervolg

Ek sien 'n slang in die gras😑🙈😂

DAYNEWo Geschichten leben. Entdecke jetzt