Hoofstuk 23

21 1 0
                                    

DAYNE

Deur Jay

Hoofstuk 23

Oppad na die woonstel het Dayne nie ‘n woord gepraat nie, dit was doodstil in die kar Cole wil ook nie veel sê nie.
Dayne se kop werk oor tyd. Die ding met Katy hy is kwaad vir homself hy moes van beter geweet het.  En nou die ding met sy Ma hy moes haar beskerm het.

Toe hulle ariveer by die woonstel gaan Dayne reguit na sy kamer toe om te gaan stort want hy het nog vrydag laas gestort en dit is al Dinsdag.

Nadat hy gestort het gaan lê hy op sy bed en slaap vir paar ure, hy het sy bed verlang.

Cole is besig om rëelings te tref vir Dayne om op ‘n bus te klim voor vanaand sodat hy kan huistoe gaan om sy sister wat in matriek is te gaan help met begrafnis rëelings.
Dus hoor  hy ‘n klop aan die deur.

“Wie is daar?”

“Dus ek Josh .” antwoord die persoon aan die anderkant van die deur

Cole gaan maak dan die deur oop vir Josh om binne te kom.

“Waar is daai man?”

“Hy slaap nog, ons het net paar minute terug van die polisiestasie afgekom.”

Josh gaan sit op een van die stoele in die kombuis aangesien Cole besig is in die kombuis.

“Is alles nou alright? Sal hy môre kan kampus toe gaan?”
Josh weet nog nie van Dayne se Ma nie.

“Ek glo nie, sy Ma is vermoor saterdag en sy sister is basies aleen so hy moet afgaan om te gaan help met bergafnis rëelings my bru en dan moet hy maandag terug wees om vir die hof sak voor te berei.”

“Wat? Jeeeez Bra Dayne moet mos met baie deal op een tyd. Daai Katy chick gaan nog haar dag kry.”

Maak Josh ‘n opmerking.  Is duidelik dat beide Cole en Josh glo dat Dayne haar nie verkrag en assault het nie.

“Ken jy haar?” vra Cole

“Ek en Dayne het ‘n paar keer in haar vas geloop, sy kom voor as ‘n normale mens maar ek sê jou haar koppie raas.”

“Bra ek weet ook nie hoe kon Dayne saam met haar slaap nie. Ek mean hulle het ‘n geskiedenis. Maar somige dinge sal ons net nooit verstaan nie my bru.”

“Dit waar bra Cole. Ons bid net laat God die hof wys wie en wat Katy rerig is.”

“Aweh ek bid ook net vir daai want Bra D is onskuldig hy kan nie tronk toe gaan vir iets wat hy rerig nie gedoen het nie.”

“Ma jy weet Cole, die hof glo altyd vrou mense, ons mans sal altyd gemorste bly en dit net deur ane braze wat opgevok het nou moet die hele geslaag blameer word.”

“Nes jy daar sê.”

Die twee het vir ‘n uur gesels in die kombuis voordat Dayne sy verskyning gemaak het lekker deur die slaap oë is bloed rooi.

“Aweh altwee my braze onder een dak, Bra D lewe nog so watse vergadering hou julle twee hier” maak Dayne ‘n graap toe hy die kombuisie binne gaan.

“Bly om te sien die Bra is nog op sy been.” Staan Josh op en vat Dayne se hand.

“Ja neh, Bra D is ‘n Die hard” maak Cole ook ‘n graap.

“Hoe is kampus en hoe was maandag se toets?” Vra Dayne vir Josh.

Hy besef nou eers dat hy die toets gemis het maar soos dit vir hom lyk sal hy moet sy loopbaan op pause sit .

“Dit was darem nie so erg nie, die ander wat nog kom gaan heavy wees. Maar jy moet nou oor kampus worry nie. Kry eers hierdie hof saak agter die rug dan kan jy dit maar van daar af vat. “

“Ek het maar vrede gemaak my bru miskien was die alles deel van God se plan.”

Dayne was nie juis gelukkig met die situasie nie maar hy moet dit net aanvaar.

“Ek gaan kry die bus ticket nuh. “ laat weet Cole vir Dayne terwyl hy uit stap by die deur.

“Dus reg weerheens dankie Bra !”

Vriende soos Josh en Cole is skaars soos hoendertande dink Dayne by homself. Cole het glads sy bail betaal. Hoe gaan hy ooits vir Cole terug betaal.

Toe Cole net weg is haal Josh ‘n lekker dik geswaaide weed zol uit sy sak.

“Kom ons rook, voordat Cole terug kom.Ek weet jy dit nodig my bru.”

“Awe nou praat jy maar kom ons gaan rook in my kamer sodat die reuk kan vinnig uit gaan by die venster.”

Die twee is toe na Dayne se kamer en light die zol en rook heerlik. Die kamer is dik van die rook.
En die twee lag en gesels so kliphard dit is asof hulle ver van mekaar af sit.

Cole het terug gekom en die reuk die oomblik gekry toe hy die woonstel deur oop maak.

“My hel!” is al wat hy gesê het toe hy die kamer deur van Dayne oop maak.

“Bra coletjie soek jy nie ook nie?” Vra ‘n lekker high Josh.

“Nee vrek, julle twee is nie erinstig nie, Dayne jy moet nog jou sakke pak. Die bus ry 23:00 uur vanaand”

“Arg Chill Cole. Daar is ‘n muis op jou kop.”

Dayne is lekker high en sien al die wonderlike goed wat nie eers bestaan nie.

“Ek gaan nou waai moet nog gaan study vir môre se toets.” Josh staan op en groet dan vir Dayne en wens hom alle sterkte voor vir die begrafnis en dan groet hy vir Cole en is uit by die deur.

“Bra jy kan nie vir jou dood rook aan dagga nie, dink jy dit gaan jou problems solve? Ruk jou reg Bra D.”

Dayne was doodstil nie ‘n woord het sy mond verlaat nie. Cole was kwaad.

Word vervolg

Kom loer gerus môre in om Dayne se ghetto familie te ontmoet.

DAYNEWhere stories live. Discover now