DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 29
"Nuwe vleis, nuwe vleis awe masekind!"
Soos die tronk bewaardes vir Dayne in 'n lang gang aflei na sy nuwe tuiste maak elke tronk voël 'n opmerking.
Dayne is in 'n toestand die afgelope dae was vir hom net hel. Hy toon geen emosie nie maar in sy oë kan mens die pyn sien.
Toe hulle hom in sy sel gooi met twee ander mans het hy net daar teen die tralies gestaan en kyk hoe die bewaardes weg loop.
"Check hier my bru ons het 'n nuwe choma gekry, lekker is die lewe!" maak 'n ouerige man sy verskyning met tatoo's orals op sy arm die ander een lê op die bed met sy gesig teen die muur.
"Los my uit!" draai Dayne om reg om te baklei vir sy lewe.
"Voetsek jy Babyface hier is nie by jou Ma se huis hier gaan jy kak."
Die ouerige man is in Dayne se gesig. Dayne oorreed homself dat hy nou moet sterk gevriet wees.
En hy staan kwaai katjie teenoor die tronk voël. Hulle het daar vir 'n oomblik gestaan en mekaar in die oë kyk en dit is toe die man afhak met 'n vuis dat Dayne se kop teen die tralies kap. Maar ou Dayne is soos blits op en wil terug attack maar die ander man maak sy verskyning.
En hy erken toe vir Dayne. "Bra D? Is dit jy my bru?"
Dayne hou sy linker oog want dit is waar hy gepot was.
Hy sien dan dat dit Bobo is. Hy voel klein bietjie verlig want hy ken hom.
"Bobo."
"Aweh my laaitie is ek, Tiger los die laaitie hy is 'n goeie laaitie!"
Tiger kyk dan net vir Bobo en dan kyk hy vir Dayne "Jy moet sê dankie die bra het jou lewe gered" en met dit stap Tiger terug bed toe met oë steeds op Dayne gerig.
"so ek vermoed dinge het nie goed afgeloop nie bra D?"
"Glad nie oom"
Vir Dayne is dit vreemd want Bobo het dan net 'kos gesteel soos hy gesê het'
En nou is hy saam in grootvlei, dit moet 'n leeun wees, maar Dayne wil nie nog vrae vra nie hy is net happy Bobo het hom gered van 'n fight.
"Hoeveel jaar?"
"7 jaar."
"Arg moenie worry nie my laaitie, ek sal jou hier binne beskerm ek en Tiger right ou Tiger?"
Tiger was nog lekker upset maar antwoord dan "Respect my bru , die laaitie moet eers respect geleer word."
"My brruuu toe jy hier land wie het jou respek geleer los die laaitie hy is darem nie 'n pap broek nie ons het 'n jong man soos hy nodig aan ons kant"
Tiger staan dan en loop dit voor Dayne "Welcome to sel 33 my bru"
Hy vat Dayne se hand en skud dit
Dayne het niks veder gesê nog bietjie geskrik vir Tiger.
Hy word dan 'n bed in die sel gegee maar daar kort nog een inmate, om die sel vol te maak.
En dit gaan gooi Dayne hom op die bed. Hy lyk nie juis oulik in sy nuwe orange pakkie nie.
Sy eerste dag in die tronk en hy wil al klaar huil, as hy dink aan alles waardeur hy is die afgelope maand. Een ramp na die ander. En hy blameer homself hy was dom genoeg om vir Katy se plan te val.
"As ek hier uit kom gaan ek haar 'n ding wys!"
Dayne is besig om met homself te praat.
"My bruu shut up!!" Bril ou Tiger van die ander kant van die sel af.
Dayne het sy vuiste teen die muur geslaan om van die kwaadheid onslae te raak.
Met elke hou kreen hy behoorlik van die pyn, maar die pyn is nie so erg soos die pyn wat hy binne ervaar nie.
"Jy moet jou reg ruk Bra D ons gaan eet oor paar minute in die saal "
Bobo is baie besorg oor Dayne.
Word vervolg.

ČTEŠ
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........