Hoofstuk 25

20 1 0
                                    

DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 25

Die week het vinnig geloop en voor Dayne sy oë kon uitvee was dit die dag om afskeid van sy Ma te neem. Hy wil nie hê dat hulle laaste ontmoeting so drasties moet wees nie. 
Die saterdag oggend is vir hom baie bitter, hy sien nie kans om uit die bed te klim nie. Die paar dae by die huis was goed hy het weer met sy ou vriende lyne gekoppel en hy het skoon die rede vergeet hoekom hy hier is. Prof Lara het toe vir hom ‘n prokureur gevind en dus moet hy sondag middag maar weer in die pad val terug Bloemfontein toe om voor te berei vir sy hof sak.

“Dayne Mammie is hier.” Het Kari die kamer binne gekom.

“Oh ek gaan nou kom.” Het dayne met ‘n swaar gemoed sy sister geantwoord. 
Dit is nog baie vroeg Dayne het nog nie eers gewas nie. Maar die lyk word oopgemaak vir die familie om dit te sien dan word dit weer toegemaak tot later as die ander mense opdag.

Hy het stadig maar seker na die klein sit kamer geloop waar ‘n eenvoudige hout kus gestaan het. En al sy Ma se familie het rond om die kus gestaan die predikant het eers gebid en toe maak hulle die kus oop. En soos hulle oop maak loop die trane. En Kari spring op en af en skreeu “Nie my mamma nie! Asseblief nie sy nie!”
Dayne staan nog bietjie ver hy wil sy sister vas hou maar een van sy aunties troos en probeer haar kalmeer. 
“Kom seun wat staan jy so ver, kom groet vir Katrien.” Maak sy ma se broer ‘n opmerking. 
Dayne huiwer ‘n bietjie maar dan gaan hy nader en toe hy sy Ma se gesig sien hoe dit vol merke is die make-up wat hulle haar aangesit het cover nie eers die helfte van die merke nie.

“Mammie dit is nie hoe ek ons ontmoeting na twee jaar in my geestes oog gesien het nie, ek is jammer. Ek is jammer. Ek moes kom kyk het hoe dit met mammie gaan ek moes mamma beskerm.” 
Die trane rol soos hy praat, in sy stem kan jy die seer hoor. Hy is letterlik gebroke. En die woord “Jammer” het meer as eenkeer uitgekom. Dit is asof hy net wil hoor dat sy hom vergewe. 
Maar daar is geen antwoord nie sy lê daar doodstil.

“Wat het julle met my mamma gemaak? Dit is nie sy daai nie.” Maak Kari ook aan die eenkant lawaai.

Aunt Merrel kom staan dan langs Dayne wat se oë gefocus is op sy Ma hy staan doodstil en staar dit is asof soveel dinge in sy gedagtes afspeel.

“My kind wees sterk. Jou Ma sou wou hê jy moet vrede maak.” Troos Merrel vir Dayne. 
En soos blits raak Dayne aggresief. “ As ek daai vark in die hande kry!!!! EK maak hom vrek, ek belowe, ek maak hom vrek!!!!!” 
Dit is asof hy nou eers besef dat dit deur sy Pa is wat sy Ma in die kus lê.

Hy is reguit kamer toe Merrel wil hom nog agtervolg maar haar broer het haar gekeer. 
“Hy het nou net tyd aleen nodig , hy sal bedaar . Maak maar die kus toe tot later.”
“Stomme Kind, sien julle spyt kom altyd te laat hy het soveel geleenthede gehad om vir Katrien te kom sien.......Aih die lewe.”
Het Merrel ‘n opmerking gemaak voordat sy op ‘n stoel gaan sit het.

Dayne het in die kamer vir hom gewas in ‘n skottel vir die funeral wat half nege eers begin. Maar soos hy besig is om klaar te maak loop die trane. 
Sy Ma se laaste woorde speel in sy kop af die dag toe hy op die bus klim “Gaan en gaan maak my trots my eie Daynetjie, en moenie oor ek en Kari worry nie ons sal fine wees. Ons sien mekaar met die June vakansie pas jou op my kind.” 
Dit was die laaste keer wat hy sy Ma se stem gehoor het as hy maar net van beter geweet het, en sy trots gesluk het en kom kuier het. Dinge sou miskien anders wees.

Die begrafnis het begin en die hele gemeenskap is daar behalwe Katy en Erin, hulle sal natuurlik nie opdag nie want hulle is huidiglik enemy number 1 en snaaks genoeg ken niemand in die gemeenskap van die verkagting besigheid nie.

Dayne het nie die kus verlaat nie hy het daar gestaan totdat die lyk toe gemaak is.

By die begrafplaas het Kari weer baie hartseer gesit en huil. En soos by elke kleurling begrafnis was daar weer ‘n aunty in die gemeenskap wat vlou raak en al die aandag was op haar gewees, en mense moet rond val om suiker water aan die hande te kry.

Na die begrafnis was almal heel vroëlik behalwe Dayne hy het in die hek aleen gestaan en dink.

Die ooms en aunties was besig om lekkerte om hom te hou dit is net blacklabel bottels wat kop uitsteek en die gepratery raak al hoe harder en harder. Dit lyk nie asof daar nou net ‘n begrafnis was nie.

Vandat Kari klaar geëet het is sy net weg. 
En dit begin laat raak. 
“Dayne gaan soek tog vir Kari ek dink sy is begrafplaas toe.” Vra Maggie die buurvrou vir Dayne wat nou al ure en ure in die hek staan sonder om ‘n woord te praat.

Hy besluit toe om maar vir Kari te gaan soek en sowaar sy lê langs hulle Ma se graf...

Word vevolg.

DAYNEWhere stories live. Discover now