DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 27
“Anty Merrel kyk asseblief mooi na my sister ek weet nie waneer ek weer hier gaan uit kom nie, met alles wat huidiglik gebeur.”
Hy het vir aunt Merrel vertel van die klag teen hom as ook vir Kari sodat sy nie dink hy gaan aspris weg nie.
“Moenie worry nie Dayne sy is in veilige hande. Mooi ry en alles van die beste.”
Sy gee hom ‘n drukkie en dan stap Kari nader “Bye Boeta sterkte”
“Maak jy net seker jy slaag matriek sodat jy kan hier uit kom, belowe”
Hulle omhels mekaar. Dayne se hart is baie seer maar daar is mooi niks wat hy aan die situasie kan doen.
“Ek Belowe Boeta en Katy sal haar dag kry sterkte lief vir jou.”
Hulle Ma se murder trail begin ook een van die dae, en Dayne wil graag daar wees maar kan nie hy wil sy Pa net een vraag vra “Hoekom?” maar hy weet geregtigheid sal see vier.
Hy klim dan in die bus sonder om terug te kyk want hy moet nou sterk wees vir alles wat nog vir hom voorlê.
Hy het alreeds paar toetse gemiss maar met die dat hy ‘n klag teen hom het is alles van hom huidiglik op hold. Hy sal eers na die hof sak kan voort gaan met sy studies.
En vir Katy is al hierdie dinge wat met Dayne gebeur te lekker.
Cole het vir Dayne kom oplaai toe hy arriveer. Hy het nie nog baie met Cole gepraat nie hy wou net by die woonstel kom en gaan slaap want hy sien die prokureur die volgende oggend.
********
Dayne het hom vroeg klaar gemaak sodat hy die prokureur wat Lara vir hom gekry het kan ontmoet.
Hulle het sommer maar in sy kantoor ontmoet.
“Goeiedag ek neem aan u is Meneer Matthews. Ek is advokaat Van Vuuren ”
Die prokureur het homself aan Dayne voorgestel voordat hulle in sy kantoor in verdwyn het.
“Ja ek is Matthews. Aangename kennis.”
“Laat ons nie nog tyd mors nie want ek sien jou trail begin in 7 dae. Ek het na die polisiestasie gegaan om meer uit te vind ek het toe ‘n dosier gekry wat al die inligting bevat van jou sak en ek het bietjie navorsing gedoen.”
“So wat stel U voor gaan gebeur?”
“Wel , jy sê jy het haar nie verkrag nie maar soos ek nou na die sak kyk staan jy nie ‘n kans nie die mediese verslag dui daarop aan dat sy wel verkrag is en jou semen is in haar gevind. So kan jy vir my dalk meer vertel oor jy en Mev Baxter se verhouding?”
Dayne wil nie die verlede her leef nie maar hy het nou nie juis ‘n keuse nie.
Hy haal diep in en uit asem voordat hy begin.
“Ek en sy het op hoër skool gedate, sy het toe swanger geraak en ons albei het besluit ons is nie reg vir ‘n baba nie en ons het wel verskillende opsies oorweeg soos adoption maar ons het toe saam besluit ‘n abosie is die enigste opsie aangesien ek wou my matriek goed slaag en my drome vervul en sy wou ook haar drome vervul op daardie staduim het ek gedink ons is op dieselfde bladsy maar duidelik nie, sy het paar dae terug na my toe gekom en geweier op ‘n aborsie, wel ek het haar besluit respekteer maar ek het woorde in haar oor gefluister woorde wat laat sy skuldig gevoel het en dus het sy op die ou einde van die dag voort gegaan met die abosie. Ek was nog net ‘n kind daai tyd ek het van niks geweet nie, en na die aborsie het ons verhouding swaar gekry ons het net verder en verder uit mekaar gedryf, die liefde was nog altyd daar maar iets was net nie reg nie tot vandag toe kan ek nie my vinger op wat verkeerd gegaan het lê nie. Maar ek dink sy het terug gekom vir wraak en dit is hoekom ek vandag in die gemors sit, sy het die notas vir my terug gebring daardie aand wat dit gebeur het en sy het my begin soen en dit is hoe alles gebeur het”
“En hoe verduidelik jy die merke op haar lyf?”
Vra die prokureur terwyl hy elke detail record wat Dayne hom vertel.
“As ek mooi daaraan dink, dink ek sy het alles beplan haar fyn beplan, sy het my gevra om haar rof te behandel en ek het haar blindelings gevolg en gedoen wat sy gesê het. En toe ons klaar is het sy selfs op my bors gelê en so is ek aan die slaap net om wakker geklop te word deur die polisie paar minute later.En toe ek haar soek is sy weg al wat in my kamer was was haar geskeurde panty.”
“Meneer Matthews wat jy sê maak perfek vir my sin, maar die vraag is hoe bewys ons al hierdie want dit is haar woord teen joune.”
“So wat stel jy voor?”
Die sweet druppels tap al van Dayne se voorkop so gespanne is hy .
“Jy moet skuldig pleit dan kan ons dalk ‘n deal score met die prosecutor want as jy onskuldig pleit en hulle vind jou skuldig gaan jy meer tronk jare kry. So kom ons speel veilig.”
“Maar ek is nie skuldig nie!” vererg Dayne hom.
“Dink daaroor en dan kan ons weer gesels. Maar ek respekteer jou besluit en sal jou verdedig tot die beste van my vermoë.”
Dayne het daar gesit met soveel hartseer in sy oë, hy sien klaar hoe alles waarvoor hy hard gewerk het letterlik af in die drain gaan.
Hy het net laat weet dat dit reg is hy sal dink oor dit en terug kom voor die trail begin hy het letterlik net paar dae oor.
Dayne is daar uit by die kantoor van die prokureur en stuur dadelik vir Josh ‘n boodskap om ‘n draai te kom maak na klas vir ‘n skyf.
Word vervolg.

YOU ARE READING
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........