Hoofstuk 5

40 2 0
                                    


DAYNE

Deur Jay

Hoofstuk 5

Dayne sit en eet die burger wat hy vir hom gekoop het en vir die eerste keer kom hy agter hoe lekker ‘n cheese burger is, dit is asof hy dit vir die eerste keer eet.
En dus toe Josh hom sien en reguit na hom toe gaan.

“My bru jy het dam vroeg klaar gekry.” sê hy terwyl hy die stoel regoor Dayne uit trek om te sit.

“My bra daai toets was dan kak maklik” brag Dayne.
“Daai toets was gaan maklik my bru ek kon die geluid van my sweat druppels wat af getap het letterlik hoor. Maar jy is mos ‘n yster.”

Diep binne weet Dayne hy het aangejag maar gee maar voor dat dit goed afgeloop het.

“Dit was onverwags maar ek is altyd gereed jy weet dan my bra!. Het jy nog van daai groen stuff?”

Josh kyk vir Dayne verbasend aan “My broe wat pla? Dagga is nie die oplossing nie!”

Dayne is doodstil hy reageer nie op Josh se vraag nie.

Josh breek dan die stilte “Ja ek het ‘n supplier daar die ou bly langs my.”

“Nou kry dan nog een vir ons vir môre”

“My bru ons kan nie elke dag gerook varsity toe kom nie, is jy  van jou kop af? Kom blom liewers saam met my die naweek dan kan ons weer so een of twee rook.”

Hy het nie nog twee keer gedink nie toe hy hoor van Josh se aanbod het hy dadelik ingestem.
Josh het ook toe besluit om vir hom iets te koop om te eet , en die twee het daar gesit en eet met hulle vlou oogies.

********
Dayne kyk die tyd op sy foon “vrek my bru ons moet klas toe gaan.”
Josh en Dayne het vir ure en ure in die cafeteria gesit en wag vir hulle volgende klas.

En teen die tyd was die dagga besig om uit te trek en Dayne kon voel hoe hy nou net die bed nodig het.
En nes hulle opstaan roep ‘n stem vir Dayne op sy volle naam.

“Dayne Matthews!”

Sy oë het dadelik gerek want dit  was Katy. Die gesprek wat hulle op Whatsapp die vorige aand gehad het speel weer in sy kop af.

“Katy wat maak jy hier?”

“Hey joshie! Haai nee Dayne ‘n girl moet ook mos eet of hoe?”

Josh het net sy oog geknip om Katy  te groet.
“Ek mean ja waar is my kop!”  antwoord Dayne.

“Altyd by die verkeerde dinge Matthews wanneer kan ek die notas kom kry?”

“Jy kan  môre middag ek sal dit vir jou kampus toe bring.”

Katy sit haar hand op Dayne se skouer met geweld sy half knyp hom.
“Wel lover boy ek wil nie vir jou moeite  maak nie. So stuur my jou location en ek sal dit self kom haal”
Sy haal toe sleutels uit haar handsak. “Ek het mos nou vier wiele so dit sal nie moeite wees nie. so ek stel voor jy ontmoet vir my môre middag na klas dan ry ons saam na jou plek toe!”

Hy weet natuurlik dat dit nie ‘n goeie idea is nie want as sy moet weet waar hy bly gaan sy net moeilikheid begin veroorsaak.
En dan antwoord hy met ‘n forced glimlag “Geluk met jou motor!”

Haar hand was steeds op sy skouer en Josh het maar net daar gestaan en die vibe  tussen die twee observeer .

“Arg Dankie Matthews!!! So? “
Dayne het vergeet wat sy gesê het en vra dan “so wat?”

“ ‘n mens sou sweer jy is op ‘n ander planeet het jy nie gehoor wat ek gesê het nie? . Die notas jou plek môre”

Hy probeer vinnig aan ‘n verskoning dink.

“Uhmm…. Hoe dringend het jy dit nodig? ? want ek en Josh moet môre middag aan ‘n taak werk. Right josh?”
Josh is ‘n bietjie ontkant gevang maar vang vinnig wat Dayne probeer doen.  En stem dadelik saam met hom.

“Wel, ek het dit soos in nodig nodig, nodig!! Ek moet begin study vir die eerste toets reeks!”

“Okay dan moenie worry ek sal dit môre saam bring dus geen probleem. Sal dit darem nie heeldag rond dra my roomie het darem ‘n kar.”

Sy  het uiteindelik haar hand van sy skouer afgehaal. En hom ‘n soen op die wang gegee voordat sy hulle groet “Sien dan môre! Lekker dag veder boys!” en daar stap sy weg asof niks gebeur het nie.

Josh en Dayne het nie juis met lus vir Katy terug gegroet nie. En die eerste woord uit Josh se mond was “My bru  nou sien ek hoekom jy weed nodig het! Daai girl lyk na ‘n handvol.”

“Jy het geen idea nie. sy is obsessief.!”

Josh gee ‘n skelme laggie af “Sulke soort kort net een ding en  dus die vitamin D “
Dayne skud net sy kop “Dus ook al wat op jou gedagtes is nuh! Daai goose is crazy vat my woord.”

“Is reeds hulle wat so crazy is wat die bed lekker warm maak”

“My bra ! ek sê liewer niks nie. kom ons march liewer klas toe”

Die tweetjies is  weg klas toe………

Word vervolg

Comment, like, share!
5 hoofstukke in wat dink julle van die storie???

Sien Sondag… geniet die naweek.






DAYNEWhere stories live. Discover now