DAYNE
Deur Jay
Hoofstuk 18
Cole is hard besig op sy laptop, so vroeg in die oggend.
“Is daar dan nie vanoggend ontbyt nie” Maak Dayne sy verskyning uit die kamer.
Die droom wat hy oor Katy gehad het, het hom die heeloggend gepla dit het hy nooit rerig slaap gekry nie. Maar hy ook nie gedink hy moet solank bietjie ontbyt maak toe hy nie kon slaap nie.“Ek is gou besig met iets.” Gee Cole antwoord.
“Dan is dit seker maar weetbix ? vir ontbyt.”
“Ja nee maak sommer maar vir my ook asseblief as dit nie te veel moeite is nie”
Dayne stem ook maar in en maak die weetbix maar soos die ketel kook maak Cole ‘n helse geraas in die sitkamer. Dayne hardloop dadelik om te kyk wat aangaan.
“My bruu is alles oraait?”
“Raai wat? Een van die land se beste Agente in die entertainment industry het my gister ‘n luitjie gegee, en ek was so onnosel gedink dit is ‘n scam of ‘n ding. Raai wie gaan Johannesburg toe vrydag?”“Wag nou ek is lost. “
“Ek gaan vir ‘n audisie vir ‘n moonlike rol in 7De Laan.”
“Wag nou , is jy dood erinstig dus major dude geluk.”
“Dankie, ek beter nou dadelik die vrou terug skakel.”
Dayne is toe terug kombuis toe terwyl Cole die oproep maak.“Die weetbix is reg my bru.”
Dit kom Cole met ‘n bree glimlag die kombuis binne.
“Ek neem aan alles is reg nou?” vra Dayne terwyl hy suiker oor sy weetbix gooi.“Natuurlik. Yours Truly vertrek vrydag oggend 9 uur.”
“Wat van jou klase vir vrydag?”
“Sal een van my klas maats vra om vir my notas te vat, ek kry net sulke geleenthede een keer in ‘n skrikel jaar.”“Ek kan nou nog nie glo nie bra.”
“Hou net duimvas dat ek die rol kry dit is ‘n tydelike rol.”
“En as jy die rol kry wat van jou studies? Wat van Bloemfontein, want jy kan tog nie elke dag vlieg johannesburg toe om paar scenes te shoot en dan weer terug te kom.”
“There is many ways to kill a cat Bra Dayne. Ek wou nog altyd in Pretoria my drama loopbaan gaan voltooi het so as dit kom by daai punt sal ek trek.”
“Jy is tog nie erinstig nie. Moet ek nou dood van die hongerte?”
“Jy kan mos kook. Bid net laat ek die rol kry.”
“Ek bid jy doen nie, want waar gaan ek weer ‘n roomie kry wat so baie omgee?”
“Arg toe nou Dayne is hoogtyd dat jy moet vir jou ‘n meisie kry miskien kan sy vir jou kom kook.”
Cole is baie opgewonder en Dayne is bly vir hom.
Nadat die twee klaar geëet het is hulle weg universiteit toe. Soos elke dag gaan drop Cole vir Dayne by die hospitaal af en gaan sy koers.
Oppad na Dokter Veldman se kantoor gewaar hy weer vir josh was sy rug sak vol stop met ARV’s.
Hy besluit om hom skrik te maak.
Hy verander sy stem “Wat maak jy Meneer!”
Josh skrik so groot dat hy een pak van die pille laat val.“My bruuuuuuu, jjisliked dit was nie nodig nie.”
Dayne vrek soos hy lag “Hahah jy moet die uitdrukking op jou gesig gesien het, dit gelyk asof jy jou wil nat pis.”
“Dit is nie snaaks nie.!”
“Kom maak klaar Dokter Veldman wag ons.”
Dayne het besluit om niks weer te sê oor die pille steel situasie want hy het gister op ‘n blou maandag ‘n lekker veis hou gekry.Josh zip toe vinnig sy sak toe en loop saam met Dayne na Dokter Veldman se kantoor.
“Wat doen ons vandag?” vra Josh
“Hy het laas week belowe dat ons mense gaan besoek wat aan kanker lui.”
“My magies, ek is nie gereed vir dit nie, my ouma het kanker gehad en die siek het haar omtrent verniel, sy het so hard probeer om sterk te wees maar later aan kon sy nie meer nie, die siek is erger as HIV.”“Jammer om te hoor Josh. Maar ons moet met die goed deal dalk kan ek en jy in die toekoms op kom met ‘n cure vir dit.”
“Dit is ‘n plan, maar ek en jy wil tog nie mediese navorsers word nie, ek wil in ‘n operating room is, ek wil aan mense sny en sien hoe spat bloed.”
“Jy laat dit amper soos iets uit ‘n series klink.”
Die twee het gesels tot voor Dr Veldman se kantoor. Hierdie keer het hy hulle aanbeveel om hul sake in sy kantoor te los, en hy het elkeen ‘n masker gegee.
Hulle kon nie hierdie keer boeke saam vat om notas te maak nie hulle moet net saam loop en observeer.
Nadat hulle 3 ure saam met Dr Veldman gespandeer het loop hulle moeg moeg en sleep voet na doe cafeteria en soos gewoonlik loop hulle in Katy vas.
“Wat ‘n lekker verassing Matthews en Joshy.”
“Katy Baxter “ groet hulle altwee gelyk sonder enige lus.
“Julle is so baie saam dat julle nou al nes ‘n tweeling klink.”
“Ek het ‘n vraag vir jou. Hoekom het jy al jou boodskape wat jy my die afgelope week gestuur het delete?” vra Dayne.
“Ek los julle twee nuh ek is raasend honger” laat weet Josh voordat hy loop.“Nee dit is net ek wil dit nie constanly lees nie, dit maak my net upset die dat ons nou mekaar vergewe het wil ek hê ons moet op ‘n skoon en nuwe bladsy begin, so ek stel voor jy delete al jou messages wat jy aan my gestuur het ook.”
“Oh ja jy het ‘n punt beet ek delete dit sommer nou, nou”
Katy gee ‘n slingse glimlag af.
Dayne delete die boodskappe voor haar.“Op ‘n nuwe begin” Katy gee hom ‘n drukkie.
“Dankie dat jy my kon vergewe Katy” Maak dayne wat se kop op katy se skouer leen ‘n opmerking.
Die twee los toe mekaar. “Ek sien jou dan vrydag wanneer ek die notas vir jou kampus toe bring.”
“ Regso geniet jou dag en lekker leer Kat.”
“Daar doen jy dit weer , maar ek likes dit. Totsiens Dayne tot vrydag.”
Sy loop shake , shake weg. Daai arme maer heupe word behoorlik geshake.
Word vervolg
Cole het sowaar geval vir dit. En Dayne het die boodskappe delete aih aih aih Katy is net op ‘n next level….. Dink julle Dayne het nog gevoelens vir hierdie Maal kop?
Môre aand sal all revealed word so maak seker jys teng

ESTÁS LEYENDO
DAYNE
RomanceDayne werk al sy hele lewe lank om sy omstandighede te ontsnap hy kry uiteindelik die geleentheid wat sy hele lewe gaan Verander maar soos almal het hy 'n velede sal die velede hom in haal?? Kom vind uit.........