Jy kan nie altyd kies waar jy begin nie... maar jy kan kies waar jy eindig...
Woensdag het aangebreek, en daardie oggend was ek vol hartseer ek was op my foon en ek het op facebook agtergekom dat Christo 'n photo gelaai het met 'n ander meisie. Dit het my baie onstel. Ek het gedink hy breek rerig op met my oor die afstand maar dit was nie die geval nie. Daar was sowaar iemand anders in die prentjie. Ek moes die middag criminal law skryf maar ek kon nie eers hersiening daardie oggend doen nie, ek was kwaad ek was hartseer.
Al wat deur my kop gegaan het op daardie oomblik was Christo en hierdie nuwe meisie in sy lewe het al ons jare niks vir hom beteken nie? Dit het dan so baie vir my beteken hoe kan hy net maak asof dit niks is nie.
Ek het begin insecure voel, ek het my sowaar met daardie meisie begin vergelyk , ek het haar neus begin uitmaak die manier hoe haar hare lyk. Wat verkeerd van my was want sy ken niks nie, Christo is die een.
Skierlik speel die moord af in my kop ek is besig om haar te steek met 'n mes en Christo staan daar en geniet elke oomblik. En daar staan ek Lexi Callum voor die magistraat ek het die wet oortree ek het moord gepleeg, my drome van aan die regte kant is van die reg is daarmee heen.
Die magistraat slaan sy hout hammer "Lexi Callum jy word skuldig bevind aan moord jy kry 15 jaar tronk straf"
En netso gaan my lewe voor my weg en soos die polisie my uit die hof lei staan en staar Christo met 'n glimlag op sy gesig.
"Lexi!" Skree Althea.
Ek kom dadelik terug na die realiteit.
"Waar is jou kop ek vra jou nou al drie keer soek jy onbyt?" Althea staan reg voor my ek nie eers agtergekom sy staan voor my.
"Ek is so, so jammer ek het nie eers eet lus nie is oraait"
"Skryf jy dan nie vandag as jy so gerus lyk nie?"
Ek wou nie op daardie stadium herinder word dat ek nog 'n vraestel het hom te gaan skryf nie.
"Ek skryf ja, maar my oggend is alweer omgekrap kan jy glo die bleddie Christo het sowaar 'n ander meisie" ek was baie onsteld op daardie stadium.
"My skat tel op jou kroon en beweeg aan ek weet dit is makliker gesê as gedoen, maar jy kan as Christo kan aanbeweeg met sy lewe kan jy ook"
En dit is daar wat dit in my kop geklick het 'As Christo kan aanbeweeg en niks voel nie kan , ek ook mos aanbeweeg'
"Jy is reg! as Christo kan aanbeweeg kan ek ook dankie Althea jy is die beste kamer maat ooit"
Sy was tegnies die beste kamer maat maar haar voete het soms die kamer 'n hewige reuk gegee.
"Netso Lexi! Jy is mooi jy verdien iemand wat jou voete gaan soen gee my jou foon laat ek dadelik vir Christo block"
Ek wou nie hê , sy moes hom block nie want ek wou hê hy moet sien dat ek ook aan kan beweeg met my lewe, maar sy het my foon gevat en vir Christo geblock.
"Laat ek maar my werk hersien vir vanmiddag se vraestel" Ek het moedeloos opgestaan en my foon by Althea gevat en gaan stort en toe keer ek terug na my lessenaar en gaan my werk deur, maar soos ek daar sit het, ek begin kook met woede en ek dit behoorlik op my pen uitgehaal.
Ek was veronderstel om deur te lees maar hoe meer ek deur lees hoe meer speel die mes moord af in my kop ek moes myself keer.
Ek moes my fokus terug kry anders jaag ek aan in die eksamen.
Ek het vir Esme dadelik 'n boodskap gestuur omte hoor of sy nie wil die werk saam met my vir ou laas deur gaan nie maar sy kon dit nie maak nie, en net daar en dan toe bars ek uit in trane.
Alles het te veel gevoel law skool het ook te veel op daardie stadium gevoel. Die horde hofsake en die horde teorie wat ek in my klein brein moes kry was te erg vir my.
En skierlik voel ek 'n hand op my skouer, dit voel defnitief nie soos Althea se hand nie ek kyk dadelik om en dus kyk ek reg in Nevin se gesig. Maar hoe is dit moontlik hoe het hy in my kamer gekom gewoonlik is die koshuis moeder streng oor seuns wat in meisies se kamers is.
Word vervolg
Hoe het Nevin in die kamer gekom of dink julle Lexi verbeel haarself.
Comment, like, share .
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.