Die see gaan aanhou spoel en die son gaan aanhou skyn, so aanvaar wie jy is en vergeet van die pyn.
"Lexi maak gou!! Ek is in pyn" Althea het lelik begin skree in die badkamer.
Ek het in die kombuis laai gekrap vir 'n mes.
'Het jy geweet brand merke maak mens ook dood' Die stem het weer sy opdaging gemaak. Maar ek kon steeds niks sien nie.
"Los my uit!!! Asseblief help my , sy kan nie dood wil gaan nie asseblief help my ek het geen idea hoe ek die deur oop gaan screw met 'n mes nie asseblief" Ek het langs die kombuis kas swak geraak my trane het los geloop.
' Jy is 'n gevaar vir almal wat jy lief het'
Ek het dadelik vinnig opgespring want ek het 'n idea waar matrone die spaar sleutels hou.
"Ek kom Althea! Ek kom!! Sterk wees" Ek het vinnig by die deur uit gehardloop en na die kas gegaan waar die spaar sleutels is ek het vinnig ons kamer nommer sleutels gesoek ek dit vinnig gekry.
'Jy gaan dit nie maak nie, gee op' Het die stem weer voort gegaan.
Ek het eenvoudig nie geluister nie ek het deur gedruk tot ek weer by die kamer deur was.
Ek het nie nog twee keer gedink nie ek het gehaas na die badkamer deur toe.
Althea het met brand merke uitgepas op die vloer gelê.
Dit kom voor die warm water van die geyser het op haar in een gestort want die badkamer was onder water.
"Althea! Kom by!!" Ek het haar probeer oplug maar ek was swak.
Ek moes weer vir Althea los om my foon te kry om die ambulans te bel.
Hoekom ek nie daaraan gedink het in die eerste plek die weet ek nie, ek was seker net baie deurmekaar en die feit date k gesien het sy gaan dood in my visie het my meer ankstig gemaak.
Ek het dadelik die koshuis moeder ook geskakel toe ek die ambulans klaar gebel het.
"Waar is sy? Wat het gebeur?" Het die koshuis moeder en 'n man die kamer binne gekom.
"In die badkamer" My hare was woes my oë was rooi en my voorkop was papnat gesweet ek het op die vloer voor die badkamer deur in die water wat uitloop gesit.
"Wat het gebeur?" Wou die man weet.
"Ek weet nie , ek weet net sy was besig om te stort en toe skree sy die volgende oomblik"
"Sy lewe nog, kom help dra! Ons moet haar by 'n hospitaal kry" Het die koshuis moeder geskree.
"Sit net 'n handdoek oor die man kan mos nie my roomie so sien" Het ek huilerig en swak aangegaan.
"Hou op huil , sy is nie dood nie!" Het die koshuis moeder met my geraas.
Hulle het vir Althea uit die kamer en ek het myself toe gesluit.
"Waar is jy? Hoekom doen jy die goed?? Wat het ek aan jou gedoen want as dit oor Nevin gaan vir die laaste keer hy dink ek is 'n freakin freak! So hy wil niks met my te doen wees!!!"
Ek het op en af in die kamer geloop.
'Jy gaan nooit verstaan nie reg?'
"Wat verstaan?? Ek weet nou duidelik dat ek nie besig is om my kop te verloor nie!"
'Bel net jou Ma sy het al die antwoorde vir jou'
Ek het dadelik my handsak gegryp en na my beursie gekyk vir sente om airtime te gaan koop.
Ek het nog nooit so vinnig uit my kamer gehardloop om net by die brug te kom waar ek Airtime kan koop.
Nevin was netjies uitgevat oppad klas toe maar die oomblik wat hy my sien het hy in sy spore vasgesteek , ek kon sien da thy net wou omdraai en weghardloop.
"Dit help nie jy ignoreer my nie"
"Wie sê vir jou, ek ignoreer jou?" Het hy dadelik gevra ek kon in sy stem hoor hy klink bang.
"Jy doen, vandat ek jou vertel het wat rerig besig is om met my te gebeur, ek is nie dom nie ek ken die tekens...."
"Wat verwag jy? Verwag jy ek moet jou glo? Spoke bestaan nie"
"So jy het vir my gelieg? Oh wow ek kan nie die glo nie jy het sowaar vir my gelieg toe jy sê jy verstaan presies" Ek het my hande deur my hare gevryf van nie rerig glo wat uit sy mond nou net uitgekom het nie.
"Ek is lief vir jou, ek weet nie hoe het dit gebeur nie maar ek kan nie ophou aan jou dink nie Lexi jy is op my brains vier en twintig uur, die hele ding wat jy my vertel het sit nie lekker by my nie Lexi ek bly al my hele lewe lank saam met onstabiele mense my Ma is op drugs en my Pa is iewers in 'n mental institution! Ek het weg daar gekom vir dit en nou het ek verlief geraak op iemand wat erger onstabiel is! Sê my wat moet ek doen? Sê my!!" Nevin se oë het vol trane geskiet.
Ek het daar gestaan met 'n mond vol tande , ek het nie geweet wat om in daardie oomblik vir hom te vertel nie, maar ek weet ek is nie onstabiel nie ek is nie maal nie.
Trane het van my oë afgeloop.
"Sê iets! Maak dit beter! Want ek kan nie jou vergeet nie ek kan nie!!" Het Nevin begin skree.
"Kalmeer, ek is nie onstabiel nie, ek dink ek ... ek .. het 'n gawe"
Dit was die eerste keer wat die woorde my mond verlaat het. 'Ek dink ek het 'n gawe'
Ek het gevoel hoe ek begin bewe.
" 'n gawe?" Het hy met sy mooi oogies na my gekyk asof ek die enigste vrou mens in die wêreld is.
"Ja , ek weet nog nie presies nie maar ek probeer sin maak van dit ek dink ek kan goed sien voor dit gebeur, maar ek moet eers bevestig dus hoekom ek oppad brug toe is" Die woorde het vinnig my mond verlaat.
"Stadig haal asem, ek is deurmekaar verduidelik hoe gaan jy antwoorde op die brug kry?" Hy het sy hand op my skouer gesit.
"Ek moet airtime gaan koop om my Ma te bel sy het glo die antwoorde"
"Kom ek loop saam met jou, ek is lief vir jou jy moet dit verstaan ek wil saam met jou deur hierdie gaan verstaan jy?"
Hy het my baie besorg aangekyk.
En skierlik het ek sekerheid oor hom gehad maar wat nog voor lê vir my was donkerte.
Word vervolg
Comment, like, share.
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.