Hoofstuk 26

10 0 0
                                    


Daar is 'n oorlog in jou wat net jy kan oorwin.

Die sweet druppels het van my voorkop afgetap. Ek het vrees bevange langs my bed opgekrul gelê.
Ek wou nie eers weer my foon vat om my Ma terug te bel nie , ek nie krag gehad na die uitputtende visie nie.

Ek het die koshuis moeder hoor die gang opkom met twee ander stemme wat ek nie erken het nie. Skierlik het die deur oopgegaan.

"Ons gaan nie een minuut langer dat ons kind 'n kamer met 'n heks deel nie, ons kind kon dood gewees het!! Dood en ek glo wat sy gesê het , ons kom haal haar goed" Ek het Althea se Ma duidelik gehoor soos sy die kombuis deurbinne kom.
Ek het vinnig opgevlieg en my trane afgevee en langs die lessenaar gaan sit en maak asof ek besig is.

"Lexi die is Althea se ouers hulle kom kry net haar goed sal jy ons verskoon?" Het die koshuis moeder aangenaamd haarself uit gedruk.

"Geen probleem nie, aangename kennis" Ek het 'n glimlag op my gesig gehad soos ek hulle gegroet het maar die auntie het my baie vuil aangekyk sonder 'n woord.

Ek het soos 'n hond gevoel, ek het dadelik net begin hardloop ek nie omgegee of ek nou val soos ek van die trappe afhardloop nie maar ek wou net wegkom van die koshuis van die kamer, van die stem , van my Ma se woorde van die visies ek wou net wegkom....

Ek het willekeurig oor die pad gehardloop. 'n motor het skreeund voor my gebriek.

"Jy moet kyk waar jy loop flippen!!!!" Het 'n jongdame in die motor na my geskree.

Ek het nie eers jammer gesê nie my bene was aan die bewe. En ek het net verder gehardloop, sonder 'n foon sonder 'n handsak ek het net maal gehardloop op kampus.

Ek het 'n rustige plek gevind waar daar niemand was nie, dit was agter op die sports velde.

Alles het in my kop begin wemel soos bye.
'Wat het dit met vroue in ons familie te doen?? Wat steek sy vir my weg? Wat is so swaar dat sy skoon nie asem kon kry aan die anderkant van die foon... En waar kom Christo in die prentjie? Alles maak net nie sin nie, ek kan dit eenvoudig nie meer vat nie, miskien is dit beter as ek niks weet nie'

Ek was moeg, ek kon nie langer die geheime vat nie, kon nie langer die visies vat nie.
Ek wou net in Nevin se arms wees , ek wou die woorde uit sy mond hoor dat 'Alles oraait gaan wees, dat ek nie myself hoef te bekommer' maar hy was in die klas.

Op my rug het ek op die grass gelê, en na die wolke bo my gestaar.
Ek kon skierlik elke geluid op kampus hoor...
En nes ek my oë toe wil maak hoor ek 'n geskree.

"Esme??" Ek het met duidelikheid haar stem gehoor, en dadelik op gevlieg.

Maar rond om my was niemand nie "Vervlaks!!!! Dit gebeur alweer kan ek nie een minuut normaal wees nie?"

"Iemand help!!"

"Hou jou bek of ek maak jou vrek!!"

Ek het weer die geskree gehoor, asook 'n man stem.

Ek het rond om my gekyk maar steeds het ek niks gesien nie.

"Jy verbeel jou weer Lexi Callum jy verbeel jou weer jy hoor niks nie , dit is alles in jou kop"

Stadig maar seker , het ek gemaak laat ek van die sports veld afkom.

Ek het die koshuis deur stadig maar seker binne gegaan.

"Hoekom is jy nie na jou klasse toe vandag?" Die koshuis moeder het laat ek groot skrik, sy het skierlik uit een van die kamers gekom.

"Ek... Ek voel nie lekker vandag nie" Om eerlik te wees dit was nie totaal en al 'n leeun nie.

"Ek is jammer oor wat gebeur het met Althea se ouers, althea het vir hulle gesê dat jy haar waarsku het iets slegs gaan gebeur in die badkamer en toe gebeur dit, dus waar hulle aantuigings vandaan kom is dit dalk waar?" Die koshuis moeder het my met bekwamde oë aangekyk.

Baie emosies het deur my liggaam gegaan, ek het nie geweet hoe ek hierdie vraag moet antwoord nie, gaan sy openlik na my luister as ek haar vertel dat dit waar is of gaan sy my ook uitskop dan moet ek vir my ander verblyf gaan soek...

Ek was stil vir 'n oomblik
"Ek luister Lexi"

"Uhmm... Nee ek het nog nooit vir Althea so iets gesê nie sy verbeel haar seker"
Ek kon nie die huismoeder in die oë kyk nie, ek het vinnig die gesprek verlaat en ek is seker dit het 'n tipe van vermoede geskep.

Daar was 4 miss calls van Esme en 'n boodskap wat nin hoofletters staan 'HELP!'

My oë het stil gestaan in my kop .....

Word vervolg

Comment, like, share.

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now