Soms klap die lewe jou dat die snot spat. Dan's dit baie goed om bietjie terug te staan tot jy besef Ag dis okay, ek het nog baie snot oor.
Ek het op die gras op my knieë gesit.
"Waar is Esme en wat het jy met haar gedoen?" Ek was vol angs, want ek praat dan nou saam iets bo natuurlik.
Die ding het begin lag 'Dink jy rerig is Esme? Bly weg van Nevin af'
"Lex! Lex! Is jy oraait?"
Die gees het verdwyn daar langs my was Esme.
Ek was verlig maar deurmekaar.
"Esme! Waar was jy? Ek was maal van bekommernis! Jou foon het reguit voicemail toe gegaan en jy het nie eers vir my gesê jy is veilig" Ek het begin skree op Esme maar tog binne was ek bly sy is veilig.
"Ek is jammer ek het saam met Floyd verdwyn en my foon was flat , en hy nie 'n charger gehad nie maar ek is oriaat Lex jy lyk asof jy 'n spook gesien het."
Sy was die heelaand met Floyd sy golfie het weggetrek toe sy my probeer op lig.
"Ek het 'n spook gesien" die woorde het my mond stadig verlaat.
Esme het begin lag "Yeah right, kom laat jy my help om my laaste goed in te sit ek gaan jou verlang ons is nie juis close nie maar ek gaan jou verlang."
"Ek gaan liewer terug na die koshuis , ek voel nie lekker nie en ek is nog in my pajamas"
"Wat het jy en Nevin gedoen?" Het sy met glinsterende oë gevra.
"Ons het niks gedoen nie, ek het vroeg huistoe gekom en my dood bekommer oor jou" Dit was nie die volle waarheid nie maar ek kon nie vir haar vertel hoe ek haar lyf gesien hang het nie, hoe iets my probeer wurg ek kon nie sy dink al klaar ek maak grappe as ek sê , ek sien 'n spook.
"As jy so sê gaan ek nie krap nie girl ek moet nog 'n bus vang dankie vir die omkom en moet nie oor my bekommerd wees nie ek sal oraait wees" Esme het my 'n drukkie gegee en toe verdwyn sy in die koshuis.
Ek het moedeloos terug geloop vol vrae.
Miskien is dit net omdat ek nog sukkel om oor Christo te kom.
Ek is terug Althea se sakke was al by die deur.
"Bye Roomie , ek gaan jou verlang moet nie ons kamer omkeer vir die twee weke wat jy aleen is" Sy het my 'n drukkie gegee.
"Lekker kuier , en ek sal die kamer mooi oppas"
Althea was we gen daar het ek aleen gesit op my bed.
Ek het 'n nota boek uitgehaal en alles neer geskryf wat met my huidiglik gebeur.
"Wat is besig om met my te gebeur. Esme is oraait wat gehang het, ek het 'n doods reuk gekry, en die swart tipe van ding wat saam met my praat wat gaan aan" Ek het hardop met myself begin praat.
Ek die boek op die bed gegooi en in die stort gaan klim.
"Hoekom waarsku die ding my teen Nevin? Watter rol speel Nevin in hierdie creepy besigheid" Het ek myself gevra soos ek uit die stort klim.
Maar geen antwoorde.
Kampus was stil almal was huistoe ek het maar besluit om vir my lunch te gaan koop en in die biblioteek te gaan sit en kyk vir boeke oor geeste.
Die biblioteek was doodstil.
"Is hier dalk enige boeke oor geeste of spoke of onnormale besigheid?" Het ek die dame voor gevra.
"Ek is nie seker nie, maar jy kan altyd kyk daar of daar is"
Ek dit nogals baie snaaks gevind sy werk nou al jare hier maar ken niks.
Ek het van haar afbeweeg en in Nevin vasgeloop.
"Ek is so jammer" Het hy eerste gesê.
"Ek is jammer , ek nie gesien waarna toe ek loop"
"Is jy nie huistoe nie, Lexi?"
"Nee, ek bly agter wil navorsing doen oor iets" Het ek vinnig aan hom bekend gemaak.
"Ek sien , baie toegewyde student"
"En jy hoekom is jy nie huistoe nie?"
"Ek sien nie krag nie te veel bagasie by die huis, is beter as ek hier bly" Hy het behoorlik 'n knop gesluk.
Ek kon in sy oë sien dat dit erinstig is. Ek wou nog meer weet maar dit is baie onbeskof.
"Ek sien, aangesien ons altwee hier is moet ons daagliks ontmoet vir 'n koffie of so"
Ek het die voorstel gemaak, ek weet nie hoekom nie want ek is nie reg om romanties betrokke te raak nie, maar sal my seker goed doen om saam met hom uit te hang vir koffie.
"Dit sal vir my werk Lexi, gee my somer jou nommer asseblief ek wou gisteraand vra, maar is jy oraait?" Hy het nie geweet hoe om my nommer te vra nie hy was bietjie awkward.
" Wat het met my gebeur gister aand? Toe ek wakker word vanoggend was ek netjies in my bed"
Hy het sy foon oorgehandig en ek het my nommer ingedruk soos ons gesels.
" Jy het flou geraak en toe moes ek jou tot by die koshuis moeder vat ons twee het jou na jou kamer gevat, ek was rerig bekommerd het dit oor die soen gegaan?"
Net dan en daar toe onthou ek, ons het amper gesoen laas nag en ons oë wat mekaar gevang het en die gevoel wat ek binne gevoel het.
"Watter soen" Hou ek my kamstig dom.
"Nee dan het jy wragtig van die dagga koekies geeet, geen wonder jy het so maal aangegaan nie" Begin Nevin te lag.
Ek het duidelik nie gedink dit is snaaks nie want ek was nie hoog nie, ek het genuinely goed gesien.
"Verskoon my" Ek het verby Nevin geloop hy was bietjie deurmekaar hy my hand gegryp.
"Lexi ek is jammer ek het nie bedoel .. om"
"Grap te maak? Wel jy het, ek het nie tyd vir die nie!" Ek was bietjie seergemaak hoe kon hy lag. Maar terselfde tyd was ek naïve hy ken nie wat gebeur het nie.
" Ek is jammer, rerig as ek geweet het jy is so sensatief sou ek nie lag nie" Het Nevin probeer verskoning vra.
"Dit is okay! Ek sien jou dan more vir die koffie?"
Nevin se neus begin bloei , hierdie keer is dit die waarheid nes ek dit in my visie gesien het.
"Nevin is jy oraait , is jy oraait?"
"Kry net iets wat dit blok"
Ek het voorgestel hy moet sy T-shirt uittrek die dame van die biblioteek het net daar gestaan en aanmerkings maak.
"Moet net nie die maat vol bloed kry nie"
"Is fine mevrou ons sal nie, kom Nevin" Ek Nevin tot in die seuns badkamer gelui met sy kop in die lig.
"Dit is die eerste keer wat so iets gebeur en ek was nie eers in die son" Het Nevin 'n opmerking gemaak toe die bloed stop.
Ek wil met alles in my skree ek het dit gesien, maar ek kon nie wie gaan hy dink is ek.
"Baie goed maak nie sin die afgelope tyd"
"Hoe bedoel jy?" Hy was kaal bors en ek het bietjie gedrool, sy bo lyf is extra hot en daai V line het laat ek behoorlik my lip byt.
"Lexi!"
"Kom ek loop saam met jou terug na jou koshuis , ek is net bietjie deurmekaar wil net seker maak jy lyk okay" Het ek al te besorg aan hom gesê.
Ek het hom my baatjie gegee.
"Okay dan, kom ons loop"
Nevin was nie een van baie vrae nie en ek het nogals van dit gehou.
Ons twee het uit die biblioteek gestap lag ,lag maar alles wat gebeur was steeds vars in my agterkop.
Word vervolg
Comment, like, share
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.