Stap en word stil... Dan sal die antwoorde kom.
Dit was my oomblik om uit te vind, dit was my oomblik om stil te sit , dit was my oomblik om sin te probeer maak van wat huidiglik in my lewe gebeur.
"Wie is jy? En hoekom waarsku jy my teen Nevin?" Ek was bang en ek het gebewe maar ek moes dit in 'n kalm manier vra om nie die swart gees stem dingetjie bang te maak nie. Dit is wat ek dit genoem het.
'Luister net, bly weg van hom af daar gaan lelike gevolge wees'
"Wys jouself! Wys jouself! Watter soort gevolge?" Ek het begin skree.
'Jy sal agterkom, ek probeer jou beskerm' Het die stem weer 'n klank gemaak ek het behoorlik in die rondte gedraai.
"Wys jouself!!" Ek het weer begin swak raak en die stem het verdwyn.
Ek het op my bed gaan sit moedeloos en swak.
Ek het vir die eerste keer geglo dat iets omtrent my spesiaal is. Maar op daardie oomblik was dit amper soos die tekens is voor my maar daar was nie genoeg bewyse nie. Ek kon nie verseker sê dat ek goed sien voor dit gebeur. En die manier waarop ek goed gesien het was baie indirek. Soos ek het gesien Esme hang , maar sy was in 'n klein bus ongeluk ek nie die ongeluk sien gebeur nie. Nevin se neus wat bloei het ek direk in my visie gesien en dit het netso gebeur. Alles was deurmekaar.
Miskien is dit waar ek sien goed omdat ek nie met my hart breek kan deal nie en nou hoor ek 'n stem wat dalk kan die manlike weergawe wat verlore is in my lewe verteenwoordig.
Ek het vir myself 'n belofte gemaak daardie middag in my kamer dat ek nie meer die dinge gaan kop toe vat wat gebeur nie ek gaan dit ignoreer want dit is net in my verbeelding dit is nie waar nie. Esme sou seerkry of ek dit nou sien of nie. En Nevin se neus sou bloei of ek dit nou gesien het of nie.
Alles is net 'n leen. Het ek myself oortuig.
Trane het van my oë afgeloop.
My foon het dadelik gelui. Dit was Christo, ek het nie nog twee keer gedink nie want ek het sy stem in 'n manier verlang.
"Lexi hoekom het jy nie huistoe gekom nie? Nou lyk alles erger as wat dit moes lyk!" Hy het dadelik op my begin skree.
Wat hy nooit doen nie, maar ek is nie eers verbaas nie ek weet nie in wie het Christo verander nie.
"Halo aan jou ook, hoe meen jy ek maak dinge erger? Jy is die een wat saam met my opgebreek het, nie die ander pad om nie" My stem het effens gebreek toe die woorde 'jy het met my opgebreek' my mond verlaat.
"Jy moet eers die ding deur gedink het, ek is nog nie gereed om jou ouers of myne of ons vriende hierdie kant te sê ons het opgebreek nie"
"Ek verstaan nie hoekom , jy jou probleem myne maak nie" Het ek in die mees aangename manier duidelik gemaak.
"Lexi ons was lank saam, miskien het ons net 'n break nodig gehad miskien as jy gekom het sou ons weer ons liefde nuwe lewe kon gee" Dit het amper geklink hy is spyt oor sy besluit.
Dit het my nie eers geraak nie, die lewe gaan aan en hy het mos gevoel hy wil aanbeweeg, hy kan skierlik nie sy ouers en my ouers en ons vriende face maar op facebook is hy al te verlief op sy nuwe stukkie.
"You're dismissed thank you Sir and please don't call this number anymore because the subscriber doesn't exist no more" Ek het in die mees vriendelikse proffesionele maniere vir hom op sy plek gesit en nog die foon in sy oor neer gesit.
En om eerlik te wees dit het goed gevoel.
Ek het skoons opgestaan en 'n dansie gedoen maar Althea se voete reuk het my excitement vinnig weg gevat en dus het ek besef ek moet die vensters oop maak.
Ek het weer op my bed gelê.
'Hoe voel jy nou, ek hoop jy is beter ek is jammer as ek jou sleg laat voel hoop ons sien mekaar môre vir koffie'
Die boodskap het van 'n vreemde nommer afgekom maar toe ek die koffie gedeelte sien het ek dadelik geweet wie dit was.
"Gaan ek ? of bly ek weg van Nevin af? Uhmm moeilike besluit maar ek is nuuskierig" Ek het my foon eenkant gegooi en my kop toe gemaak met die kombers want die koue windtjie het die kamer binne gekom.
Word vervolg
Comment, like, share
Foon steeds dood ek moes net plan maak om die hoofstuk te post want die volgende 5 hoofstukke wat nog gaan kom as my foon nxa is is soos die deal breakers .
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.