Hoofstuk 22

14 0 0
                                    



My lewenservaringe het my geleer om banger te wees vir wat 'n mens in staat is om helder oor dag aan jou te doen as wat 'n spook in die nag kan doen.

Op die einde van die dag het ek besef ek het net myself. Nevin het my nie daardie aand 'n boodskap gestuur nie, ek het heeltyd my foon gekyk.

En toe begin wat vanmiddag gebeur het in my kop afspeel.  Die ding kan net aan hom geheg wees, hoekom sal hy ewe skierlik net weg van my wil afkom.

Ek kon nie 'n oog toe maak daardie aand ek nie eers bekommerd geraak dat ek nog die volgende dag klasse het.

Die volgende oggend het ek opgestaan en in die stort gespring.

"Hoe maak ek hom vry van hierdie gees?" Het ek myself begin afvra.

'Aih liewe Lexi'. Het die stem weer gedreun.

"Het ek jou nie weg gejaag gister nie? Ek hoop jy is bly, jy het mos nou vir Nevin wat soek jy nog ?"  Ek was  haas wakker soos ek onder die stort staan en terug antwoord.

'Begin maak jou oë oop jy gaan nooit gelukkig wees nie'

Ek kon voel hoe my hart skierlik vinnig begin klop toe ek die woord 'nooit' hoor.

"Hoe bedoel jy? Ek is moeg na jou geluister wys jouself 'n slag toe! Of is jy bang ek erken jou??"

'Jou Ma ken die antwoorde'

"Watter antwoorde????" Ek begin hitseries raak soos ek vinnig uit die stort spring om te sien saam wie ek praat maar skierlik was dit 'n stilte.

En daar was niks toe ek uit klim

"Hoe meen die ding my Ma sal die antwoorde ken?"  Dit het my nuuskierig begin maak, maar terselfde tyd was 'n afspraak met 'n sielkundige in my agterkop, ek moet eenvoudig een gaan sien miskien lui ek aan 'n soort trauma.

My foon se geluid op die toilet pot het my terug na realiteit gebring.

'Hey ek sien jou by die klas ek gaan saam met Loyd ry'

Dit was 'n boodskap van Esme.  Dit is mos altyd die geval wanneer mens verlief is vergeet jy , jou vriende maar ek  neem haar nie kwalik nie, maar iets omtrent Floyd sit my gemoed nie reg nie.

'Hey dit is regso geniet ons sien dan nou nou' ons koshuise was loop afstand van al ons klasse maar ja vier wiele.

My oë was bloedrooi toe ek myself in die spieel kyk.

"Mammie, ek moet my mammie bel"  ek vinnig my Ma se nommers ingedruk en op die toilet gaan sit.

"Jinne Lex wat maak jy vanoggend so lank ek moet ook stort" het Althea by die badkamer deur gekerm.

'Please recharge your account' het die vroutjie oor die foon bekend gemaak.

"Aih... ek kom nou uit" Ek het met 'n swaar gemoed opgestaan en na die badkamer deur geloop en soos ek die deur oop maak staan Althea daar in 'n wit towel toegedraai.

Iets omtrent wat Althea aangehad het, het snaaks gevoel dus asof ek al gesien het iets gaan gebeur in die stort.

"En nou as jy my so kyk asof ek die laaste virgin op aarde is???" Het Althea met 'n houding gevra.

"Iets gaan gebeur , moet nie hier inkom nie" Ek het nie twee keer gedink of sy gaan dink of ek maal is of enige iets ek het net met gevoel gegaan.

"Lexi is jy seker jy is oraait jy is baie vreemd vandat ek terug is"

"Ek is fine, luister net na my Althea iets gaan gebeur moet nie hier in kom nie" Ek het haar gesmeek maar sy het my uit die pad gestoot en die badkamer binne gegaan en die deur gesluit.

"Kom laf wees nie ek gaan laat wees vir klas ek is mos nie skaam of bang om jou poo reuke te kry nie"

Ek het my kopgehou "Dit is seker maar niks nie, dit was seker een van daardie nagmeries wat ek so kry Althea gaan niks in die stort oorkom nie."

Ek het myself verseker dat niks gaan gebeur nie. Dat ek net besig is om te oordryf.

Ek het na my hangkas gegaan om klere uit te kies vir die dag dit was steeds diep koud gewees en die winde het kwaai begin waai asof ons al in Augustus is.

En nes ek my gemaklik maak om aan te trek hoor ek hoe hard skree Althea in die badkamer
Ek het dadelik opgespring nes ek in my visie gesien het en aan die badkamer deur begin kap want dit was gesluit.

"Althea kan jy my hoor werk saam met my , kyk kan jy tot by die deur kom"

"Ek kan nie!!! Ek kan nie!!!" Het sy begin skree huil.

"As jy langer daar gaan sit , gaan jy dit nie maak nie!" Het ek benoud aan die anderkant van die deur aangegaan.

"Hoe bedoel jy?? Help my Lex!! Help my net"

Ek het alles in detail gesien in my visie en hier speel dit presies so af.

"Ek belowe jou jy gaan nie dood gaan soos in my visie! Ek kom!" Ek het van die deur af weghardloop. Daar was nie tyd om vir hulp te gaan soek ek moes my instink gebruik het.

Word vervolg.

Dit Moes EindigTempat cerita menjadi hidup. Temukan sekarang