Hoofstuk 18

30 0 0
                                    

Ek voel Gevaarlik, onseker, onvoltooid sielsverniel.

My hande was volbloed. Ek het gebewe soos 'n riet.
Almal het hul eie koers gehardloop my foon het op die grond gelê.

"Lexi ek is pyn , bel iemand om te help" Die pyn kon mens op sy gesig sien ek was deurmekaar ek nie geweet wat ek moet doen nie.

"Waar is my foon, iemand help!! Hy is geskiet! Iemand help!!" Ek het op my kniee gekruip om my foon te soek, nadat dit vlak voor my is.

Dit het voorgekom dat daar 'n rooftog plaas vind op die skou gronde. Paar mense het hulle lewens verloor. Nevin was gelukkig hy was net in linker arm geskiet.

"Voor jou , Lex"  Het hy met soveel pyn in sy stem gesê.

"Die ambulans is oppad is hy oraait?" 'n sekuriteits beampte het nader gehardloop met 'n first aid kit.

"Help hom , net asseblief" My kop het gespin en soos een toe waai die opgooisels.

Die sekuriteits beampte het vir Nevin opgetel en saam hom na die hek gehardloop ek moes maar net my krag opbou en saam agter hom hardloop.

Die sirene van die ambulans en die blou ligte van die polisie en die aunties wat skree oor hul kinders gewond  is het my heel deurmekaar gehad.

Die paramedics het vir Nevin in die ambulans gesit en begin aan hom werk.

"Is jy saam met hom mevrou?" Het die jong man beskaafd gevra.

"Ja ek is" Ek het vestommend gestaan en staar na hoe hulle  die bloed probeer keer.

"Nou klim in , hy moet hospitaal toe gevat word"

"Huh?" Het ek verskrik gevra asof ek nie weet wat voor my aangaan nie.

"Klim in" Het die jong paramedic weer herhaal.

Dit het die tweede keer eers by my geregister dat ek moet inklim.

Ons het weg gejaag en Nevin het met pyn in sy oë na my gestaar ek het willekeurig sy regter hand gevang sonder dat ek besef ,maar hy het net 'n glimlag deur sy pyn gegee. En ek het aan sy hand begin vryf om hom te verseker dat hy 'okay' gaan wees.

Voor by die hospitaal het hulle ingejaag met Nevin seker om die koel te verwyder en ek was in die wag kamer. En skierlik het die stilte my oorheers.

"Ek was mos gewaarsku om weg van hom af te bly, en ek het nie geluister en nou het hy seergekry, maar hoekom as die ding aan Nevin geheg is hoekom maak dit Nevin seer? Is dit nie veronderstel om my seer te maak nie?" Ek het saggies met myself begin redineer.

My hele punt is verkeerd as dit rerig 'n meisie of iemand in sy verlede was , is dit veronderstel om hom te beskerm en my seer te maak.

En hoekom het Esme seer gekry? Nadat ek haar gesien hang het.

Ek het my hand letterlik deur my hare gevryf , ek wou hê my brains moet my 'n antwoord gee.

"Hy het iets genoem van dit is in jou bloed, die antwoord is in jou bloed"

"Is jy oraait juffroutjie?" Het 'n nurse nader gekom omte vra.
Sy het my seker hoor praat.

"Ek is okay dankie" Het ek vinnig geantwoord.
My bene het begin bewe so kwaai dat mens dit kon raak sien.

"Was jy ook by die skou? Waar die aanval gebeur het?" Het die nurse besorg gevra soos sy haar hand op my skouer plaas.

"Ek was Tannie" my stem het behoorlik gebewe.

"My kind jy is deur trauma , ek stel voor jy kom saam met my anks is 'n lelike ding , net laat die dokter jou ondersoek en pilletjies gee"

Ek wou nie saam haar gaan nie , ek het nie anks nie ek het 'n mystery om te solve wat by die skou gebeer het was tragies maar dit is nie wat my nou pla nie.

"Ek is oraait Tannie"

"Nee jy is nie, kom jong dame" Sy het my gefoseer om opte staan en haar te agtervolg.

Ek het op die bed gesit en wag vir 'n dokter om my te ondersoek.

Die nurse het verdwyn.

'Verstaan jy nou? Hoekom jy moet weg van hom afbly?" Het ek weer die stem gehoor.

"Waar is jy jou Satan, jou etter!! Jou vuil ding!! Waar is jy!! Wys jouself laat ek jou kan vermorsel" Ek het soos 'n maal ding geskree.

"Defnitief Trauma opgedoen" Die dokter ek by die gordyn gestaan.

Ek het dadelik agtergekom hy kyk my. Ek het so sleg gevoel dat ek somer begin glimlag het.

"Hello dokter, nee man ek is fine" Het ek heel vriendelik aangegaan.

"Okay , kom ek ondersoek jou dan sal ek besluit of jy fine is, maar daar is niks fout om te erken dat jy trauma opgedoen het" Die dokter het nader gestaan en my begin ondersoek.

"Ek ken wanneer ek trauma opgedoen het, ek is nie 'n 12 jarige nie" Het ek bietjie lelik saam die dokter gepraat, maar ek blameer hom nie as ek ingeloop het op iemand wat vir 'n stem skree wat niemand kan hoor behalwe sy sal ek ook ding die is 'n trauma geval of wag erger die is 'n maalhuis geval sluit haar toe en gooi die sleutel weg.

"Uhmm.. Jy is oraait jy het nie 'n koors of enige iets nie maar net vir veiligheid gaan ek vir jou slaap pilletjies en anks pilletjies voorskryf" Die dokter het daar geskryf.

Ek het hom gesit en kyk in my  breins wou ek virhom sê ek het jou gesê ek het niks opgedoen nie.

"Wat is jou naam?" Het hy gevra soos hy neerskryf.

"Lexi Callum" Het ek vinnig geantwoord.

"Okay dan sterkte en as jy slaplose nagte het oor wat gebeur het gaan sien asseblief 'n berader"

En dis klick dit onmiddelik by my dat ek 'n berader moet gaan sien, miskien is ek besig om te hallusineer.
Miskien gaan ek deur 'n trauma , 'n gebroke hart, maar niks omtrent my hart voel gebroke nie ja die eerste paar dae. Ek nie eers gehuil toe ek die foon neersit toe Christo my bel.

Dalk dink die terapeut ook ek is maal dan stuur hy of sy my  maalhuis toe nee ek kan nie dit wag nie.

Ek kan nie.
Ek moet doen wat van my gevra word 'Bly weg van Nevin' dit is so eenvoudig maar is dit so eenvoudig ek het verlief op die man geraak. Vervlaks ek is deurmekaar die hospitaal uit ek het nie eers seker gemaak Nevin is oraait nie. Ek het gestaan en wag vir 'n cab.

"Dit is in jou bloed" Ek skierlik die sin herhaal.

Word vervolg

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now