Soos op 'n kunstenaar se palet, is daar in die lewe een kleur wat aan alles betekenis en diepte verleen. Dit is die kleur van die liefde.
Die volgende paar dae wat oor was van my vakansie het ek binne my koshuis kamer gebly ek het nie 'n gordyn oop gemaak nie, ek het nie beweeg nie. Ek het die stilte nodig gehad om oor alles te dink. Op my foon was soos 15 missed calls en 30 boodskappe.
Ek het Nevin verlang maar ek moes wegbly. My foon was op die bedkassie langs my.
Ek het absoluut vrede in my lewe gehad vir die afgelope week wat ek nie tyd saam met Nevin spandeer het nie, maar ek het snaakse drome begin kry oor Esme. Drome wat ek nie verstaan het nie. Een oomblik het sy weggehardloop van my af en in die ander drome het sy gestaan en huil asof sy in pyn was. En elke keer as ek wakker word was ek papnat van die sweet.
Ek het my kop gelig om my foon te kry , want ek wou kyk watter dag dit is en dus sien ek boodskappe van Nevin.
'Lexi waar is jy?'
'Lexi ek was by die koshuis maar die koshuis moeder wou my nie oplaat nie, laat weet my assebluef of jy 'okay' is'
'Lexi ek is bekommerd oor jou is jy oraait? Het jy trauma opgedoen want as jy het is fine ek kan ook nie oor die feit kom dat ek geskiet is nie dit speel in my kop af'
'Lexi!!!'
'Lex antwoord my boodskappe'
'Lexi ek het verlief op jou geraak , ek kan nie ophou aan jou dink nie dit maak my maal elke minuut wat ons saam spandeer het, het ek begin verlore raak in jou oë, die manier waarop jy dink jou perfume reuk, lexi my lewe voel skierlik leeg asseblief'
'Okay lexi ek sal jou uitlos'
Ek het die boodskappe met trane in my oë gelees. My kop toe gedruk met 'n kussing en begin skree.
"En nou wat gaan hier aan hoekom skree jy so en hoekom is die kamer so bedompig" Althea het daar in die middle van die kamer gestaan met haar tasse.
"Welkom terug" Het ek met trane in my oë na haar gestaar en die kussing eenkant toe gegooi.
Althea het reguit na die venster gegaan om die gordyn oop te maak asook die venster.
Ek het daar gesit en haar met 'n aandag aan gekyk sy is die een om te kla oor bedompige reuke wat van ek wat haar voete reuke moet verdra.
"Treur jy nou nog oor die Christo vent ?? nee man kom oor dit klim uit die bed was jou klasse begin môre werk jou rooster uit kyk jou results doen iets" Het sy kwaai aangegaan.
As sy maarnet wou weet dit gaan lankal nie meer oor Christo.
"Results ek het skoon vergeet dit is uit" Ek het dadelik opgespring om my skootrekenaar te kry.
Althea het net haar kop geskud en haar tas op die bed gesit.
Ek het vinnig my goed op die skootrekenaar ingedruk.
"Hoe was jou vakansie?" Het ek gevra want ek was op my senuwees.
"Dit was lekker , is altyd lekker om by die huis te wees tussen familie en vriende maar soms raak dit te veel so daar was dae wat ek al gebid het om terug te kom daar is niks soos mens se eie space nie" Het Althea al te verlig aan gegaan.
"Wel ek is bly jy het nie vroeer terug gekom nie want ek sowaar my aleen tyd gekoester"
"Noem jy slaap en nie was heeldag aleen tyd wat jy gekoester het? Kom staan en huil en treur oor 'n klong wat nie omgee nie"
"Wat weet jy Althea? Dink jy rerig ek oor Christo gemob? Ek is nie daai tipe nie.. Die eerste week van die vakansie het ek nogals saam met hierdie hunk in my klas spandeer" 'n glimlag het dadelik gevorm op my gesig soos ek die laaste woorde uitkry.
"En hoe verduidelik jy hierdie toestand waarin ek jou nou gekry het? Jy lyk nie soos iemand wat die hele vakansie saam met 'n hunk spandeer het nie" Het Althea voort gegaan.
Ek het geduldig gesit en wag vir die results om te load op die skootrekenaar se skerm.
"Dit is die waarheid ons lekker tyd saam gespandeer ek weet nie het jy van die aanval by die skou gelees nie maar dit het gebeur en toe word hy in die arm geskiet en van daardie aand af wil hy nie meer tyd saam met my spandeer nie dit is hoekom jy my in hierdie toestand kry ek het vir hom geval, en nou wil hy niks van my weet nie en dit maak my seer is jy nou bly?" Ek kon nie die volle waarheid praat nie verbeel jou , jou roommate vertel jou dat 'n gees hulle waarsku om weg te bly van iemand af of die iemand gaan seer kry. Is om te lag right ek sal my sak pak en dadelik 'n ander kamermaat gaan soek.
"Wag , wag my arme romantiese lewe is so boring jy en jou jare lange burk breek op en dan kry jy somer 'n nuwe een in 'n week se tyd ..." Althea het al te verbaas gelyk asof sy nie die ander gedeelte gehoor het nie.
"Maak dit van my 'n slegte mens?" Het ek met 'n frons op my gesig gevra.
"Totaal en al nie wys net jy het lankal nie meer gevoelens vir Christo gehad nie jy het maarnet gebly omdat julle lank saam was jy weet mos mens raak gemaklik met situasies, maar kyk hier girl daai hunk sal moet bykom hy kan nie jou wil net ignoreer nie wie dink hy is hy dan het hy dan nie vir Lexi Callum gesien nie?" Althea is al te hiperaktief sy skoon gestop om haar sak verder te pak.
Ek net geglimlag "Ek is seker , ek sal van hom hoor moet hom natuurlik môre sien by die klas"
En toe is dit wat dit my by val ek sien hom môre ek het skierlik skuldig gevoel want dit is lelike maniere om net weg te bly sonder enige woorde ek het nie eers seker gemaak hy is oraait by die hospitaal.
Die results het skierlik op gekom op die skerm ek het so groot geskrik...
Word vervolg
Comment, like, share .
KAMU SEDANG MEMBACA
Dit Moes Eindig
RomansaSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.