Hoofstuk 9

69 0 0
                                    



As jy bang is vir die donker steek nog 'n kers vir jou aan.

Ek het swak in my bene geraak, dit was die  eerste keer wat ek ontmoeting gemaak het met 'n bose gees. Ek dit nie verstaan nie. Hoe nader Nevin gekom het hoe swaker het ek begin raak ek kon nie 'n woord uit my mond kry nie.

"Lexi, wat is besig om te gebeur?" Het Esme ankstig langs my met groot oë gevra.

'Los Nevin uit!!! Of jy gaan seerkry!!' Die klank van die stem het behoorlik in my öre gedreun.

"Is jy oraait Lexi?" Het Nevin aangehardloop gekom. Hy was nog nooit oppad na my toe nie hy het stil op die stoep gestaan. Maar ek kon sweer hy was oppad na my toe.

"Juffrou Callum is okay, man sweeties haar bene het net bietjie lam geraak , my bene sou ook as Nevin aangehardloop gekom het na my toe" Gaan Keathon voort lekker sassy.

Ek kon nie 'n woord uit kry ek het letterlik op my kniee gesit.

"Water" Was al wat ek kon uitkry ek was swak.

Nevin het vinnig opgestaan en ingehardloop.

"Vriend wat gaan aan? Het jy geeet voor ons geloop het? Kan dalk dit wees hou op verspot wees Keathon." Esme was baie geskrik.

"URG whatever ek sien julle Queens binne ek gaan doen nou my ding moet mos wys ek is daai ware vrou" Keathon het  geloop om die ander te join asof niks gebeur het nie.

Esme het my op my bene gebring en Nevin het aangehardloop gekom met die water.

Nadat ek die water klaar gedrink het, het ek bietjie beter gevoel maar die woorde het in my kop afgespeel dit wat ek gesien het was eg.

"Hoe voel jy, wil jy nie maar liewer terug na jou kamer gaan?" Het Nevin baie besorg gevra.

"Ja Lex ek gee nie om nie ons kan terug gaan"

Esme wou rerig met haar hele hart daar wees want sy ry môre. En ek kon die teleurstelling in Nevin se oë sien.

"Ek...ek .. is nie nodig nie ek is fine rerig julle ek wil hier wees" Ek het baie oortuigend geklink, my hele hart en siel wou net terug na my kamer hardloop en onder die bed myself wegsteek.

Ek wou eerlik met beide Esme en Nevin gewees het oor wat ek daardie aand gesien het, maar ek kon nie, ek kon eenvoudig nie hulle sal dink ek is 'n 'weirdo'.

"Nou laat die party begin! Dankie dat jy ons genooi het Nevin" Het Esme al te vriendelik voort gegaan.

Nevin het nog nie Esme ontmoet nie hy haar seker al voorheen gesien maar nooit ontmoet nie.

"Jammer waar is my maniere... Nevin dit is Esme , Esme dit is Nevin" Ek het myself vinnig reg geruk.

Die twee het mekaar 'n drukkie gegee.

Ons is in by die party.

Nevin het my aan klomp van sy vriende voorgestel dit vir my gevoel asof ek sy date is vir die nag want hy het nie eenkeer my sy verlaat nie en Esme was amper soos 'n derde wiel.

"Floyd!! Kom hier my bru" Het Nevin een van sy oulike vriende nader geroep.

Floyd het aangeloop gekom.

"Kry vir die dames elkeen 'n drankie man"

Esme het skierlik snaaks begin optree, is asof sy haar wegsteek vir Floyd.

"En nou? Ken jy hom?" Het ek vinnig gefluister toe Floyd wegloop na 'n koolerboks.

"Ek saam hom een aand geslaap, en toe soek hy meer toe block ek hom dadelik ek mos nie tyd vir hierdie hook up besigheid nie" Het Esme vinnig geantwoord.

Ek was inskok gewees, om eerlik te wees het ek nie so iets van Esme verwag nie, ek haar altyd gesien as die persoon wat nooit loss al is nie of wat nie los is nie altyd agtermekaar maar heey mens maak foute.

"Esmerelda !" Floyd het met hierdie dik stem vir Esme op haar volle geboorte naam genoem soos hy die sider oor aan haar handig.

Esme het geskrik laat sy wip en in haar fyn sagte stemmetjie het sy 'Floyd' se naam baie sag en delekaat tog spannend geuiter.

"So julle ken mekaar?" Het Nevin dit net nog meer ongemaklik gemaak.

"Ons ken mekaar al te goed, sien Esme hier was my eerste jaars piece so 'n din meisie ken hoe om .."
"Moet nie vir jou laf hou nie gedra jouself!"
Ek moes Floyd in die rede val , want ek kon sien Esme voel klaar nie gemaklik met die feit dat sy hom weer sien nie nog wil hy haar besigheid uiter.

"Is oraait Lexi ek nodig 'n oomblik aleen met hom" Het Esme duidelik gemaak.

"Okay, roep my as hy moeilikheid soek"

Ek was nie juis die baklei tipe nie , maar ek sal jou 'n stukkie van wat ek van jou dink vir jou vertel.


Nevin het my na sy kamer geneem, met my sider in my hand.

"Enjoy girl , enjoy worry eers more van die morning after pil okay" Het Keathon kliphard geskree toe hy sien ons beweeg diep af in die gang na Nevin se kamer.

"Hoekom neem jy my na jou kamer?" Het ek hom baie mooi gevra soos ons loop.

"Moet nie bekommerd wees nie, ek is nie van daai tipe ouens wat hulle luck try nie, ek neem jou na my kamer toe , voel ons moet 'n behoorlike gesprek het die geraas laat ons nie toe nie en die einlike rede hoekom ek jou oorgenooi het was om jou beter te leer ken" Nevin was vrek mooi veral as hy glimlag en ek het altyd sy lippe dopgehou soos hy praat.

"Wat is daar wat jy van Lexi Callum wil weet?" Het ek nog 'n grap gemaak soos hy sy kamer deur oopgemaak het.

"Dames , eerste sit somer maar op die bed ek sal op die stoel sit... Rook jy pyp?" Nevin was baie beskaafd.

"Ek rook nie" Ek het op die bed gesit skoon vergeet ek het nou die aand by die biblioteek gesê ek rook.

Nevin kyk my verward aan "Maar... nou die aand?"

Ek het begin hoes van skaam kry "Ek het deur iets gegaan eksamen stress en ek moes net 'n sigaret koop om die stress weg te vat"

Nevin begin lag "Geen wonder jy het amper jou longe uit gehoes nie"

Ek het nog saam gelag toe word ek aan die keel gegryp Nevin se hand was om my keel gewees
"Urg help!! Help!! Help!! Help!!"

Word vervolg

Comment, like, share

Uhmm wat gaan hier aan julle enige theories?

Dit Moes EindigTahanan ng mga kuwento. Tumuklas ngayon