Hoofstuk 3

93 0 0
                                    



Ek soek jou flits om die donker in my hart te breek.

Die pad na die biblioteek het skierlik lank gevoel en die criminal law handboek in my hand het skierlik swaar gevoel, en Esme se kou aan haar kougom het my effens begin iriteer.

"Het jy die scope van die eksamen?" Vra Esme soos ons die biblioteek binne gaan.

"Ek het dit neergeskryf in my nota boek en ek het slides uitgeprint" het ek haar sonder lus geantwoord ek weet nie kon sy agterkom dat ek liewer in die bed wou wees en huil oor Christo.

"Ek sien, dit is baie leerwerk, maar nie te min soek jy dalk 'n Koffie? Dit is op my om ons wakker te hou vir die paar ure" Vra sy beskaafd.

"Dit sal lekker wees dankie" Ons het voor die vending machine stil gestaan sy het coins in gegooi en nommers gedruk en nie lank toe kom ons koffie uit.

Ons het ons kaarte  gescan en die biblioteek binne gegaan. Elkeen het 'n gemaklike sit plek ingeneem en ons het begin studeer vir 'n uur reguit maar ek kon nie die werk in my kop kry nie , die feit dat christo met my opgebreek het, het in my kop afgespeel en my hart was in pyn ek kon nie fokus nie.

"Ek gaan gou af om vars lug te skep hou my goed dop" Breek ek die stilte tussen ek en Esme sy was baie gefokus.

Ek het in my beursie gekrap om sente uit te haal om 'n sigaret te koop ek rook nie maar daardie oomblik wou ek net iets gehad het om my te help met alles wat ek voel die stress oor die eksamen en my vars gebroke hart.

Ek is vinnig uit by die biblioteek.
My gedagtes is net op Christo en sy woorde dit speel af die manier waarop hy gesê het hy breek op met my spook by my.

Ek het die sigaret maar ek het nie 'n ligter of 'n vuurhoutjie om dit aan die brand te steek.

"Alles loop verkeerd!" Gil ek behoorlik.

"Jy lyk baie gespanne kan ek dalk help" Hoor ek 'n stem agter my voor die biblioteek.

Ek kyk vinnig agter toe. Dit is hy die manetjie wat vanoggend my voet geraak het om sy vraestel op te tel.

"Jammer ek is maarnet klein bietjie frustreerd" Ek het die sigaret in my mond soos ek hom antwoord.

"Soek jy dalk light?" Vra hy.

"Asseblief ek weet nie hoe ek 'n sigaret koop maar ek koop nie vuurhoutjies nie"

Ek het op daardie oomblik seker soos 'n maal haas in sy oë gelyk, maar hy het 'n ligter uit sy sak gehaal en vir my gegee.

"Hierso, ek jou been vanoggend geraak ek is jammer ek wou net my papier kry" Hy was beskaafd baie beskaafd.

"Dit was mos nie jou skuld nie" Ek het die sigaret aan die brand gesteek maar met die eerste trek hoes ek laat die trane loop.

Dit was my eerste keer wat ek my lippe aan 'n sigarette gesit het. Ek het rerig soos 'n aap begin lyk voor hom.

"Is jy oraait?" Het hy met groot oë gevra.

"Natuurlik is ek oraait ek is 'n ou roker ek weet nie hoekom ek nou so hoes nie moet die brand van die sigaret wees."

Ek moes lieg want ek het soos 'n baarbaar gelyk.

Hy het my vreemd aangekyk "O okay ek is Nevin"

"Aangename kennis , ek is Lexi" Ek het die sigaret op die grond neer gegooi dit was skaars in die helfte gerook toe trap ek dit vinnig.

Nevin het my aangekyk "Maar die ding is dan nog heel?"

"urg ek het my lus vir dit verloor"

"Jy is iets anders Lexi.. lexi is mos jou naam ?" Gaan hy met 'n glimlag voort.

Eending van Nevin hy is baie aantreklik, ek het dit nie agtergekom nie want ek was te oor Christo op daardie stadium.

"Ja Lexi dit is so eenvoudig reg?" Ek was baie ongemaklik en ek dink Nevin kon dit sien.

"Nee dit is 'n baie mooi naam, maar ek moet nou gaan nou" Hy het homself vinnig verskoon hy het in die biblioteek verdwyn.

Seker maar omdat ek so ongemaklik lyk en nonsies aanvang.
Ek is terug na Esme toe, en hierdie keer was ek vasberade om die werk in my kop te kry.

Word vervolg

Dit Moes Eindigحيث تعيش القصص. اكتشف الآن