Jy sê daar is 'n tyd en plek vir alles maar in hierdie era waarin ons leef staan tyd nie stil nie en plekke verander...
Nevin het nader gestaan, hy het selfs sy foon se flashlight aangeskakel om seker te maak.
Ek het nie 'n flashlight nodig gehad , die bloed op my voete was so duidelik.
"Ek sien nie bloed nie, Lexi is jy seker jy het nie van die dagga koekies geeet nie?" Nevin het hierdie uitdrukking op sy gesig gehad wat ek nie kan beskryf is amper soos hy , is besig om bang te raak.
"Nevin ek weet nie wat met my aangaan nie, ek sien en voel weird goed die afgelope tyd en dit het begin toe Christo my gelos het ek kan nie verduidelik nie maar toe ons in 'n verhouding was het ek nie sulke goed ervaar nie" Het ek in skok probeer verduidelik ... ja Lexi wat het van jy kan nie mense hiervan vertel gebeur?? En hoe seker is ek, ek kan Nevin vertrou met hierdie tipe goed.
Nevin het my aangekyk asof ek besig is om my kop te verloor.
"Dit verduidelik alles hoe lank het jy en hierdie Christo manetjie uitgegaan?" Het hy gevra.
Ek kon dadelik sien waarna toe sy vraag gaan.
"Nevin! Dink jy rerig is my gebroke hart wat laat ek goed begin sien?" Ek het op daardie oomblik dieselfde begin glo , want hoekom sien ek skierlik weer goed vandat Christo uit my lewe is.
"Kan wees Lexi, miskien sien jy goed omdat jy seer is" Het Nevin bygevoeg.
"Dit kan wees, dit kan wees maar hoekom ek het nooit van te vore sulke goed ervaar nie en die laaste keer met my..." Ek het myself in die oomblik gekeer.. ek wou die geval met my oom noem maar ek moes myself keer.
"Toe wat gebeur Lexi?" Vra Nevin.
"Kom ons loop aan asseblief is laat en ek is bang" Ek het vinnig aangeloop skoon vergeet van die bloed wat ek op my voete sien.
As Nevin dit nie, sien nie beteken dit tog dit is nie real nie.
Nevin het aangehardloop van agter afgekom.
"Jy kon tenminste wag vir my"
"Wel jy het my mos nou ingehardloop..." ek het baie vinnig begin loop amper asof iets my jaag.
"So was jy lief vir hom?" Het Nevin uit die bloute gevra.
Ek wou nie my liefdes tragedie met hom bespreek het nie , dit was 'n fout om Christo te noem maar noudat ek daaraan dink hoekom gebeur alles , hoekom sien ek goed nou dat ek en Christo uitmekaar is.
"Lexi! Gaan jy my vraag antwoord?" Het Nevin gekerm.
"Ek weet eerlikwaar nie hoekom jy so nice is met my nie, jy los jou pens down party om agter my aan te hardloop, ry jy nie môre? Wil jy nie tyd saam met jou vriende spandeer nie?" Het ek half iriteerend vir Nevin gevra want rerig wat soek hy van my af.
"Ek geniet jou geselskap, en ek laat nie 'n dame aleen terug koshuis toe loop nie, as jy iets oorkom sal ek myself blameer"
Nevin was sowaar 'n ware gentleman nie eers Christo het gedink om my huistoe somige aande in Ashton te loop nie hy sou net sê 'Babes ek sien jou môre'.
"En dit is veronderstel om oulik te wees?" Het ek aspris met 'n houding vir Nevin geantwoord.
"Het jy die syfer van vroue moorde in ons land gesien?" Het hy verbasend gevra.
"Ek het gesien , maar ek weet hoe om myself te beskerm Nevin"
"Totdat jy in die situasie is dan kan jy niks doen nie, wel ek voel goed dat ek jou tot voor die koshuis gebring het" Hy het gestaan.
Ons was natuurlik al voor die koshuis, ek het nie eers besef nie totdat hy stil gestaan het.
"Dankie, dat jy my tot by die koshuis gebring het ek waardeer dit, en dankie dat jy nie dink ek is 'n weirdo nie" Ek het nader gegaan om Nevin 'n vinnige drukkie te gee. Soos ek hom los het ons inmekaar se oë gekyk en die maan lig het skierlik 'n verskyning gemaak ek kon duidelik sy ligte bruin oë sien.
En nes ons lippe wil raak sien ek by die boom agter hom iets en ek het dadelik begin skree.
"Esme!! Nevin!! Nevin daar hang esme!! Daar hang sy" Trane het van my wange gestorm dit het skierlik swart geraak.
Word vervolg
Comment, like, share.
Dink julle Lexi het 'n punt beet ever since she and Christo broke up she started seeing stuff... En hang Esme rerig??
YOU ARE READING
Dit Moes Eindig
RomanceSoms moet dit eindig vir jou om oor te begin. Lexi is 'n tweede jaars regs student by die universiteit van die vrystaat. Sy is 'n baie agter mekaar mens maar wanneer tragedie kom kuier gaan sy dit kan oorleef? Vind uit.