Hoofstuk 30

11 0 0
                                    



Elke sons opkoms en ondergang is bewys genoeg dat daar 'n begin en einde vir alles is. Daar moet eindes wees sodat die nuwes ook tot vervulling kan kom.

Die visie het my daardie aand reguit na Esme en Floyd se lyke gelui... Ek was nie reg vir dit nie, ek was nie reg om te glo dat sy nie meer daar is nie. Ek het gewag tot die volgende oggend om die polisie in te lig ek kon net verdwyn het, maar sy was my vriend ek het haar ouers die closure geskuld.

Maar tot hierdie dag toe sit ek met baie berou. Alles was deurmekaar die polisies het gedink ek het iets met hulle moord te doen gehad , en die enigste manier hoe ek my kon self daaruit kry was toe ek die moordenaars aan hulle beskryf, alles het duidelik na my toe gekom... En natuurlik was ek aangekyk asof ek 'n soort van heks is, maar ek moes sterk wees vir Esme en Floyd ek het dit aan hulle geskuld om die mense wat hulle lewens geneem het voor en dag te bring.
Hulle lyke was in 'n vlak graf gekry nie ver van kampus af nie hulle was opmekaar gegooi en vasgemaak.  Ek het nie hierdie informasie van die polisie afgekry nie dit was alles in my visie , dit het my baie trauma veroorsaak maar ek kon nie hulp kry nie. Ek moes doen wat my Ma van die begin af vir my gesê het 'Dit Moes Eindig' die enigste manier was as ek van die samelewing verdwyn, want hoe meer ek naby iemand kom gaan ek seerkry en die persoon ook. ek kan ook nie tussen my familie wees nie want hulle gaan ook seerkry.

Die Gawe of soos ek dit noem curse kom vir jare in my Ma se familie aan veral in die vrouens maar vir een of ander rede het my Ma die gawe oorgespring en sy was al te bly toe ek geen tekens wys dat ek dit gehad het nie , maar op die einde van die dag was sy verkeerd... Christo was soos 'n skild(Shield) vir my, omdat hy die eerste persoon was waaraan ek myself gegee het kon net hy my teen my gawe beskerm... En slegte ding van alles hy het van sy sinne geraak, omdat hy stemme ook begin hoor het hy is later in 'n maalhuis opgeneem.
Ek kon hom red as ek met hom trou maar omdat ek nie lief is vir Christo nie , het ek gekies om die res van my lewe op 'n berg in 'n hut ver van die samelewing te woon ek moes aanpas aan my nuwe realiteit , dit is nie elke dag maklik vir my nie, ek mis na my mense ek mis vir Nevin daar gaan nie 'n dag verby wat ek nie stil sit en na sy photo kyk nie. Al wat ek hier in die vreemde het is my rekenaar en my gedagtes.

Julle wonder seker en die stem? Wel dit was nooit 'n gees nie dit was my onderbewusyn wat my elke keer waarsku het teen die gevaar. Ek hoor dit minder, omdat daar niks is waarteen ek moet waarsku word nie. Realiteit is soms is die einde jou nuwe begin ek verkies nie hierdie einde nie, maar dit is die kaarte wat die lewe vir my uitgedeel het, en ek het nie 'n keuse nie ek moet saam speel en die beste van dit maak.
Jou gawe is veronderstel om jou superpower te wees iets wat jou uniek maak, maar nie almal se gawes is 'n geskenk nie of bring geluk nie. En ek moes my lot aanvaar.

Ek kon nie na Esme se begrafnis gaan nie, want dit sou my net meer bloot stel aan wat presies in mense om haar se lewens verder gaan gebeur en ek het nie krag daarvoor gehad nie, vertrou my as ek sê ek lewe elke dag met daardie gevoelens van skuld, ek kon haar gered het as ek geweet het , wat ek sien het 'n dieper betekenis.
Vir dit sal ek myself tot my dood toe blameer.
Sy het sulke helder toekoms voor haar gehad en haar lewe is netso geneem die redes agter hulle moord is steeds onbekend. Dalk was dit oor Floyd se kar dalk was dit oor ander materiele dinge maar was dit die moeite werd vir sulke twee jong mense om hulle lewens so tragies te verloor.

En dan was daar Nevin, my Nevin... Hy is oraait, maar ek kan aan my elke dag voel hoe hy swaarkry hy probeer so hard om sy gevoelens te onderdruk , maar hy kan nie my vergeet nie, hy het selfs my Ma se kontak besonderhede opgaan soek om my in die hande te kry.... Wat vir my so seer maak is dat, ek ook nie van hom kan vergeet of hom uit my kop kan kry nie ek sit hier in die kamer met sy photo elke dag ek skilder elke dag prentjies van hom. Hoe vergeet ek van alles hoe gee ek my drome netso op hoe laat ek iets so onnatuurlik my lewe vernietig vra jy...

Maar ek moes die prys betaal anders sou my geliefdes met hulle lewens betaal.
Ek sien myself as 'n sterk persoon iemand wat hierdie sal oorleef miskien eendag sal ek weer in die samelewing kan gaan sonder dat ek skade doen aan die mense na aan my... Ek probeer my gawe verstaan ek kan visies sien wat iets goed is maar die donkerkant daarvan is die prys van lewe... Dit Moes Eindig met my...
Vir nou maak ek hierdie rekenaar toe vee my trane af en maak vrede met my eensame lewe vir wie weet hoe lank...

Lexi Callum


Die Einde....

Dit Moes EindigWhere stories live. Discover now